Ek is nog hier

Posted July 23, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Ai, die tyd gaan ook so vinnig verby!!!

Vandat ek laas gekryf het:  Dogtertjie se verjaasdag het gekom en gegaan, o ja en myne ook.  Ons was toe Spur toe die Sondag in Warmbad.  Wat ‘n teleurstelling!! Eers het hulle die booking verkeerd gehad en toe is die rekening ook sommer verkeerd, ag maar dit is verby.  2de keer by Spur ‘n flop gestrike, so ons sal maar nie weer volgende jaar gaan nie.

Stocktake by die werk gehad:  Moes Donderdagaand, Vrydag - hele dag en Saterdag tel.  Almal bae onwillig en negatief, maar dit was nie so erg.  Ons het gelukkig Vrydag vroeg klaargemaak en het darem ‘n rustige naweek gehad.

Ouditeure by die werk:  Hierdie week is die ouditeure hier.  Dit is die eerste keer in my lewe wat ek verantwoording moet doen aan ouditeure.  Gelukkig is dit nog alles laasjaar se werk, nog nie myne nie, so die meeste van die antwoorde moet die ander dame gee - gelukkig is sy nog hier!!  Volgende jaar sal ek maar bontstaan, kry darem so voorsprong om te sien wat aangaan.

Korttyd by die werk:  Dit is tydelik opgeskort vir almal.  Gelukkig het daar so paar bestellings deurgekom, so almal is weer lekker besig.  Ongelukkig is dit net tydelik, so ons weet nog steeds nie wat die toekoms inhou nie.  Enige werk het maar sy foute en ongelukkig kom ek baie hier agter.  Bo blink onder stink, ja dit is nogal bietjie van toepassing!

Diete en maer word:  Nog nie weer kans gehad om squash te speel nie, eers ek siek, toe manlief.  Het sommer heeltemal opgehou oefen.  Het so bietjie reg begin eet en so 3kg verloor, maar na hierdie week dink ek alles is weer op.  Het darem Maandag weer so bietjie begin oefen.

Dogtertjie se gimnastiek:  Die afrigter tannie wil graag hê sy moet nou ernstig begin deelneem, kompetisies ens.  Dit beteken meer dollars uit mamma se sak.  Vir eers verdubbel haar klasgelde, want sy moet nou 2 keer per week klasse bywoon en nie meer 1 keer nie.  Sy moet nou ‘n leotard kry, want sy gaan Artisties doen en haar hemp rol aan die pale vas, so iets wat glad is moet sy dra.  Die 2de klas ‘n week is in Potgietersrus, so 50km van ons, so ekstra petrol vir mamma.  Gelukkig het ouma begin met die gimnastiek betaal, maar ek sal seker iewers moet oorneem en veral omdat dit verdubbel sal ek seker iewers moet help??  Volgende jaar is die monkeynastix uit, so ek spaar darem daar so bietjie, en ek kyk nog na die ballet.  Dit is glo goed vir gimnaste maar nie vir mamma se beursie.

Besluite, besluite, besluite:  Volgende jaar moet dogtertjie Gr 1 toe.  Waarheen?  Na die gewone skool of die privaatskool?  Gewone skool nou R380 per maand en R180 vir nasorg, of privaatskool, R600 per maand en R180 nasorg.  PLUS skoolklere, PLUS boeke ens. PLUS gimnastiek verdubbel, PLUS audioblocks word R25 meer per maand, PLUS enige sport wat by skool ekstra is, is ekstra klere, PLUS, PLUS, PLUS.

Verhogings:  Ons kry blykbaar in Spetember verhogings.  Hierdie jaar is dit veronderstel om 8% te wees.  Ek werk nog nie ‘n volle jaar nie, so ek begin so die gevoel kry dat ek nie die volle 8% gaan kry nie.

Bietjie opwinding:  Hier was so pas ‘n klein ongelukkie hier reg voor die kantore.  ‘n Rep wou die aankoper kom sien en sy draai reg voor ‘n polisiekar in wat sirenes en ligte aanhet en wat besig is om ‘n verdagte voertuig te jaag wat deur die dorp jaag met getinte vensters sonder nommerplate.  Gelukkig het die polisiekar teen ‘n boom hier langsaan tot stilstand gekom en niemand is beseer nie, die 2 polisiemanne is net bietjie vol skok.   Die rep wil nou te kenne gee dat sy nie voor hulle ingery het nie, maar dat hulle onverskillig was.  Gelukkig is hier bietjie meer getuies VIR die polisie.

Lekker week verder.  Ek moet gou die salarisse finaliseer anders het ons nie Vrydag pay nie.

Verjaarsdag 2

Posted June 23, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Ons was nou maar gister in Pietersburg vir ‘n persent.

Ja, en ons het maar die baba met die doek en potjie en eetgerei gekoop en sommer ‘n Swingball ook.  As kind het baie van my maatjies ‘n Swingball gehad en ons nie.  Dogtertjie het nogal lekker gelag gister vir haar ma wat nie so goed is nie, maar ek slaan darem so nou en dan die bal raak.  Sy kom ook mooi reg vir iemand wat nog nooit so iets gedoen het nie.

Sien ons probleem is dat dogtertjie altyd by is met die persente koop.  So wat is die use om dit toe te draai.  Sy soek wel iets om oop te skeur al weet sy wat daarin is.  Sy slaap vanaand by ‘n maatjie oor - hulle kleuterskool is die week gesluit.  Ek sal nou maar vanmiddag nog so ietsie hier gaan soek en dit toedraai en more saamstuur na die maatjie, want sy wil dan nou kwansuis iets hê om oop te skeur.

Sondag gaan ons nou maar by Spur eet saam met so paar maatjies.

Net ‘n vinnige vragie:  Hoeveel snot het mens in jou liggaam??? Ek is seker my kwota en nog so 3000 ander mense sin is al deur my neus!

Verjaarsdag

Posted June 18, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Dogtertjie word volgende week 6.

Sy wil nou 2 partytjies hê, een by Spur en dan een by die skool.  Mamma en Pappa is nou nog nie miljoeners nie, en probeer dit nou bietjie afskaal.  Persente moet daar natuurlik wees, so dan net 1 partytjie.

Ek het besluit op Spur met so paar maatjies en hul ouers, ek betaal net vir die kinders.  Hulle kleuterskool is toe volgende week, so die week daarna se partytjie by die skool gaan nou net uit koek bestaan.  Nie pakkies, sakkies of boksies met sweaties en koeldrank nie.

Maar die groot probleem:  WATSE PERSENT GEE EK?????

Sy wil ‘n pop met ‘n potjie, doeke eetgerei en bottel hê.  Elke liewe jaar wil sy dit hê en dan kry sy een of ander pop, want ons kan nooit die regte een kry nie.  Pappa het besluit dat sy nou genoeg poppe het, so wat gee ons?????

Onthou hierdie is Naboomspruit, ek het minder as ‘n week vir ‘n persent!!!!!!!!!!!!!!!!!  HELP!!!!!!!!!!!!!!

Werk update

Posted June 18, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Wel gelukkig het ek nog nie ‘n briefie gekry nie.  Dinge lyk ok op hierdie stadium.  Een van die ander dames het bedank, hulle trek die einde van die maand, so van 9 in admin is ons nou 7.

My suster het ook so ‘n ongeluk/geluk gekry.  Begin van die maand hoor sy dat sy ook die einde van die maand by haar werk moet klaarmaak.  Sy vat toe sommer haar verlof, want sy weier om enige iemand te leer.  Haar salaris vir die maand is sommer klaar inbetaal, maar hulle het nie geld om haar ‘n ‘retrenchment’ pakket te betaal nie.  Sy moet dit verder vat.  Gelukkig het die paneelklopper in die dorp haar geskakel om te kom uithelp, die vroutjie wat by hulle gewerk het, het sommer net haar handsak gevat ek waai.  Hoe stupid kan sy nou wees, hier is nie werk nie!!!!!!!!!  Hopelik kry my suster dan die werk permanent.

Die ander werk:  Ek hoor so tussen die lyne hulle het besluit om dit ‘n baie junior pos te maak, net iemand om Ontvangs te doen, so R2000.00 per maand.  Ek dink dit is nogsteeds BAIE sleg van hulle om mens nie te laat weet nie.

Soveel dae, soveel dinge

Posted May 28, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Ek het nog niks van die ander werk gehoor nie.  Meer as ‘n week later, en niks.  So, ek het seker verkeerd verstaan en ja as iemand dan ook nie na jou terugkom nie, dan moes ek dalk nie daar gewees het nie.

Dit lyk en klink of almal in die huis darem beter is.  Nog so bietjie hoes en proes hier en daar, maar ons leef!

Maandagaand het ons weer die squash-ding probeer.  Dit is nogal lekker en ek sweet, dit is al wat belangrik is.  As manlief die bal so vinnig slaan, verloor ek die bal - seker iets met die oge wat gewoond moet raak.  So as jy nou met gemak wil wen, is ek net die opponent.

Ek weet ek moet nie negatief wees nie en dit was my voorneme toe ek die blog begin het.  Ek het ook so baie die afgelope tyd gehoor dat mens ten volle op God moet vertrou vir die toekoms, werp jou bekommernisse na hom en vergeet daarvan, onthou ‘the power of positive thinking’, ens.

MAAR, laasmaand het die plek waar ek werk mos begin met die korttyd en 17 tydelike werkers laat gaan.  Hierdie maand is daar 15 (die laaste) tydelike werkers wat gaan.  Hulle het klaar ‘n lys opgestel van 44 mense wat hulle in Januarie permanent gemaak het en is besig om daarna te kyk.  Die eienaar/baas is ook skielik vandag hier van die Kaap af.  Daar word vermoed dat hulle NOG personeel gaan verminder.  Ekke is nou maar eers my 2de maand hier, dus nog tydelik.  Daar word gesê ek moet nie bekommerd wees nie, maar……….dalk word daar net volgende week ook ‘n briefie in my hand gestop wat sê dat ek die einde Junie klaarmaak??????

Vir wie kan ek kwaad wees, want kwaad is ek? Vir myself wie se gat gejeuk het by die vorige plek en wou skuif, vir die regering wat veroorsaak dat alles duurder word en niemand dit meer kan bekostig nie, vir die plek wat mense aanstel as hulle nie weet of hulle dit gaan maak nie?????? WIE, WIE, WIE??????

So, dalk moet ek een van die dae met ‘n bedelbriefie by al die bloggers omgaan, hahaha!

Ek het oor leef, maar…….

Posted May 22, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Ja, die eerste aandjie se speel was toe nie so erg nie.  Ek kon ten minste die bal raakslaan.

Maandagmiddag begin ek so krapperigheidjie in die keel voel en dink, ag dit is maar weer die jaarlikse sinus.  Na die speel toe brand die bors so bietjie - seker meer onfiks as wat ek toe gedink het.

Dinsdagoggend het ek nog heerlik Turbo Jam gedoen, maar voel so bietjie flou.  Woensdag besluit ek om maar Suster toe te gaan - Weermag kliniek.  En ja, toe, ‘n heerlike keel infeksie en sinus.  Sommer op sterk antibiotika en nog ‘n klomp pille.

Manlief bel toe ook die middag, sy voete is vrek seer, het golf liga gaan speel en voel self so bietjie dronk.  Dogtertjie hoes en neus loop en kla sy voel ook nie lekker nie.  Nou-ja, so toe los ons maar die volgende speel.  Ek en dogtertjie was sommer 19:00 al in die bed en het nie veel langer TV gekyk nie.

Ek het ook nie vanoggend soos gewoonlik geoefen nie en sal maar more ook afvat.  Hopelik is die gesin Maandag weer reg vir die geveg.

Enige iemand vir ‘n seer keel, toe neus, seer neus, seer kop en ‘n klomp gaggas in die neus?

Gaan ek dit maak?????

Posted May 19, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Kyk ek is vet, maak nie saak hoe ek daarna kyk of dit probeer wegsteek nie, dit is die waarheid.

Ek kry eintlik skaam veral voor my dogtertjie, sy is baie aktief en bedrywig.  Die laaste tyd het ek ook bietjie meer aktief geword, maar ai niks wil gebeur nie.

Laasjaar het dit goedgegaan.  Ek het vanaf Maart tot September 6kg verloor en lekker gevoel, alles het sommer lekker gepas en ek was reg vir Desember.  Nou ja, liewe Desember het ek niks geoefen nie en lekker gevreet en so het 3kg weer opgeklim.  Darem nie teveel nie het ek gedink.  Stadig, baie stadig het die ander 3kg ook opgeklim.  Ek het aan die begin van die jaar so ewe nuwe hemde en broeke gekoop wat maklik sal pas as die orige 3kg af is, en helaas ek het dit nog nooit aangehad nie, hulle lê net en loer in my kas.

So het ek die afgelope 2 weke meer intensief probeer oefenen begin kyk na wat by hierdie mond ingaan, maar die liewe skaal wil NIKS absoluut niks verander nie.  (Ek het al begin wonder of die batterye nie dalk pap is nie).  Manlief het nou besluit dat ek dalk moet probeer squash speel.  Nou hier is die probleem, ek is nie iemand wat hou van hardloop nie.  O, vrek, gaan ek dit maak??!!

Maar nietemin, gister het ek die nodige tekkies en rakket aangeskaf en vanmiddag sal die ereste probeer slag wees.  Verder het ek sommer gewiggies ook gekry vir die sculpting oefeninge, want blykbaar maak meer spiere jou metabolisme vinniger, dit is wat die tannie op die Turbo Scuplt (Turbo Jam) vidoe sê.

So ek sal maar sien of ek die eerste lopie vanaand gaan oorleef.  As julle nie weer van my hoor nie, dankie vir die vriendskap en gee maar rate vir seer spiere…………………….

Wag

Posted May 16, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Ek dink ek wag partykeer my lewe om.

Jy wag vir iets om te gebeur of om iewers heen te gaan en intussen kan jy nie werklik iets doen nie, want die tyd is eintlik te min, of soms is ek net nie lus om iets te doen nie!!!!

Soos laas Saterdag het ek gewag vir die onderhoud, opgestaan, aangetrek, dogtertjie by maatjies gaan haal en gewag tot dit tyd is.

Hierdie hele week wag ek vir ‘n antwoord, ja ek werk en eet en slaap en doen dinge, maar ek doen nie die rêrige dinge wat ek vir my toekoms wil beplan nie, soos my annuteite meer te maak nie, want nie hier of daar gaan ek pensioen voordeel kry nie, want ek wag om te hoor.

As ons partykeer by mense kuier, dan is die geselskap bietjie stram en dan wag ek net om te eet en te kan ry - sooooooo vermorsing van tyd

Ek wil:  My borduurlappie klaarmaak (so amper ‘n jaar besig), my trui klaar brei (2 jaar besig), my dogtertjie se kombers klaarmaak (amper 3 jaar besig), my ‘runner’ vir die eetkamer tafel klaarmaak (kan nie eers onthou wanneer ek begin het nie), my dogtertjie se album op datum kry (jaar terug laas daaraan gewerk, net tot op 1 en sy word al 6), ‘n nuwe handleiding maak vir ‘n kursus in Julie, nuwe resepte uitprobeer, koekies bak saam met my dogtertjie (haar uitdrukker staan al van Desember op die kas), wil begin met ‘n piekniek kombers wat ek wil laslap (al die lappies is klaar gesny, moet begin vaswerk), en, en, en.

(Het ek ‘n probleem om nie een ding eers klaar te maak voor ek die ander een begin nie???)

Hierdie week het ek werklik nie baie werk gehad nie en het probeer om almal so bietjie te help want almal is VREESLIK besig, verder wag ek vir die naweek, weet nog nie wat ek wil doen nie.

Op die oomblik wag ek vir 16:30 om huistoe te kan gaan, maar eers wag ek nou vir my Hamburger wat ek by die kerk bestel het as deel van hul basaar.

Die ander nuwe werk

Posted May 14, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Net so vinnig.  Ek was Saterdag middag 13:00 vir ‘n onderhoud met manlief en dogtertjie saam.  Hulle wou almal ontmoet. 

Ek het gedink dit het goed gegaan, hulle moes net nog oor die salaris besluit.  Die onderhoud was so amper ‘n uur en ek het verstaan ek het die werk.  Wat sou die sin vir jou beteken?:  “Ons sal Maandag vir jou ‘n brief laat kry sodat jy darem iets het om daar los te maak en te weet jy is hierdie kant vas.

Dinsdag bel ek om te hoor wat aangaan:  Die een is in Bothaville vir vergaderings en die ander een is in opleiding vir die week.  Hulle het nog nie weer bymekaar uitgekom nie en sal my laat weet, ek moet asb net beitjie aanhang.

So nou wag ek…………..

Moedersdag

Posted May 14, 2008 by Riana
Categories: Uncategorized

Ek dink hierdie jaar was die eerste keer wat my dogtertjie nou eintlik verstaan en groot genoeg is om vir pappa te kan vertel wat om te doen.

Vroeg in die week moes ek hoor van die mandjies en koekies wat hulle maak vir ons.  Die mandjies is van papier doillies en mooi met goue verf omraam.  Die koekies sou hulle Vrydag met bak en brou maak.  Ongelukkig het die soveelste babaoppasser nie opgedaag nie en moes die juffrou toe daar help.  In ons mooi mandjies was daar toe ‘n paar takkies laventel, mal daaroor, en heerlike peppermint sweaties.

Nou, sien hierdie mamma soek pantoffels, aangesien my oues bietjie op is.  So vertel ek nou al vroeg vir Vlooitjie om vir pappa in te lig.  Onse dorpie bestaan uit ‘n Pep, Foschini en Exact, dit is waar jou keuse moet val.  Ongelukkig is daar toe nêrens pantoffels beskikbaar nie.  (My ma wou ook hê en kon nêrens kry nie).

Sondag was ek vroeg wakker en wag vir die 2 om hul oge oop te maak.  Uiteindelik, en ek vertel dadelik vir Madam dat sy en pappa mos nou iets moet doen.  Sy spring op en fluister vir pappa dat hulle nou moet Milo gaan maak (ek drink nie koffie nie) en dat hulle dit op ‘n skinkbord met ‘n blommetjie moet bring, ek fluister verder ‘met french toats’.

En so kry ek vir die eerste keer by my dogtertjie, heerlike ontbyt in die bed met die 2de beker Milo, want die eerste een het koud geword en pappa het dit toe maar gedrink.

Ewe jammer vra sy toe omverskoning omdat ek nog nie ‘n persentjie gekry het nie, maar hulle kon nie pantoffels kry nie.