Mooi SMS’e

Hier is ‘n paar mooi SMS boodskappe wat ek tydens Kersfees en Nuwejaar gekry het.

Beep beep just off loading a truck full of Gods love and blessings at your doorstep.

‘n Bos vorl Genade toegedraai met Vreugde en gelint met Liefde en Vrede word jul toegewens vir ‘n Geseënde Kersfees en afgelewer deur die Liefde van JESUS!

Gister se ou voetspore is toegewaai onder sand.  Mag die vars voetspore van vandag en more jul lei na God se see van seë, strome van liefde, branders van geluk, golwe van heerlikheid in Jesus se vrede.

Sy bestemming was die kruis, Sy doel was liefde, Sy rede was jy!  Mag jul Kersdag gevul wees met vrede, vreugde en baie liefde.

As God waters His little creation, may He also sprinkle His wonderful blessings over you and your family.

Olywe word gepars vir die beste olyfolie.  Druiwe word flenters getrap vir die beste wyn.  Blomme word gepers vir die beste parfuum.  As die lewe jou pars, flenters trap of pers onthou dit is God se manier om die beste van jou uit te bring.  Julle is uitsoekgehalte….

Omgee is ‘n fontein wat spontaan borrel, ‘n warm hand, ‘n glimlag, ‘n stil gebed.  Mag hierdie tyd vir jul ‘n fontein vol mooi dinge wees!

Ps 37:25.  Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.  Laat ons met die wete 2009 ingaan.

Wens vir jou!  ‘n Glimlag op jou gesig, hoop in jou hart, jou dierbares altyd naby, ‘n muntstuk in jou sak en Jesus in jou lewe!

Die son het die laaste keer opgekom vir 2008.  Maak in 2009 die Aarde jou Skip, die Hemel jou Hawe, die Bybel jou Kaart, God jou Stuurman, Geloof jou Vlag, Gebed jou Kompas en jy sal nooit op die rotse loop nie!

Dis feestyd, familietyd.  Dis stock take van ons lewe… oor ons suksesse, terleurstellings en beproewings.  Dis ‘n opname van ons dankies en ons jammers.  Mag 2009 gevul word met geloof, hoop en liefde en baie uitdagings.

Ontvang my laaste goeie nag vir 2008.  Mag die voetspore waarmee jy die jaar uitstap & 2009 instap volmaak wees met jou hand styf in Jesus sin.

2008 was vir ons geseend want jy/julle was deel daarvan.  Ons gebed vir 2009 is Liefde, diep soos die see, Familie, eg soos diamante, Geluk skitterend soos goud, Seeninge ontelbaar soos sand!

About these ads
Explore posts in the same categories: Uncategorized

20 Kommentaar op “Mooi SMS’e”

  1. Suz Says:

    Hier is ‘n paar baie mooi en waar sms’s wat jy gekry het. Vodacom en die ander netwerke maak darem baie geld met al die sms’s wat so oor kersfees en nuwejaar gestuur word.

    Ek persoonlik dink dit is hulle wat die goed uitdink en dan vir so paar mense aantuur en dan versprei dit soos ‘n veldbrand

  2. Wipneus! Says:

    Baie mooi! En ek gaan definitief 2 hiervan gaps, mens is altyd op soek na mooi sms’e!
    Lekker naweek!

    • joey Says:

      sal daarvan hou as ek van mooi smse van u af kry ek gebruik dit altyd om ander op te wek of te laat glimlag self mense in die hosp of self n mns my asb ek weet dit kos geld maar ons stuur dit maar so aan my sel is 0844333873 danie lekker dag

  3. nico van der Berg Says:

    wonderlik ek gebruik dit vir my ondersteuningsgroep,vir mense wat met breinbeserings leef.

    Dankie

  4. vilma Says:

    Die boodsappe is baie intresant

  5. vilma Says:

    Die boodskappe is baie intresant

  6. vilm Says:

    baie mooi boodskappe

  7. Annelize Says:

    Annie

    Dis regtig baie mooi, bly jy deel dit met almal.
    Lekker dag verder

  8. pieksie Says:

    Dis pragtig!

  9. Elize Says:

    dankie dit is waarlik inspirerende boodskappe wat mens altyd saam met jou kan neem en onthou.

  10. sonja Says:

    Pragtige sms’e

  11. Ansie Says:

    Dit is nöu pragtig,sal graag n paar gbruik

  12. Elsa Says:

    Dankie vir die web as hulp, waardeer!!!

    • Elize Says:

      Baie dankie Elsa ek waardeer opreg vir ‘n nuwe gedagte, dis baie waar. dankie vir jou nuwe idees van die boodskaplyn.
      groete

  13. Maria Says:

    Goeie more, hoe kan ek die boodskappe aflaai op my foon asb, my selno is 0734744417 dankie, Maria

  14. Lynette Muller Says:

    Mooi stuur nog


  15. Dis Baie mooi maar hoe kan ek van die smse op my foon kry asb, my nr is 0732419867. Baie Dankie.

  16. angeline Says:

    Baie mooi sms e .Sal daarvan hou as ek ook van dit kan kry.Baie dankie.Die Here seen.

  17. Amanda Says:

    dankie soek altyd ietsie mooi om te sê


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: