Marius en Madelein
Vandag wil ek net vir Marius en Madelein Kitching in die Here se hande plaas.
Almagtige Vader, hou hulle asb styf vas in U Vader hande. Maak hulle rustig en gee hulle vrede. Amen.
Ons het gistermiddag gehoor dat hul seun die naweek selfmoord gepleeg het. Meer inligting rondom die omstandighede weet ons nie.
Marius en Madelein, ons dink aan julle en bid vir julle!!!
Maart 24, 2009 at 3:18 nm
((((Marius en Madellein))) Mag onse Vader julle dra in hierdie baie swaar tyd wat vir julle voorlê.
Maart 25, 2009 at 10:02 vm
Dit breek my hart. Verskriklike tyding vir enige ouer.
Maart 25, 2009 at 7:03 nm
Eina….
Ek het ‘n ds op ‘n keer hoor sê: Wanneer jy jou ouers begrawe, begrawe jy jou verlede.
Wanneer jy jou wederhelf begrawe, begrawe jy jou hede.
Maar wanneer jy jou kind begrawe, begrawe jy jou toekoms.