Paasnaweek
Die komende naweek is dit weer Paasnaweek – ek kan nie wag nie, het so baie om te doen en hopelik kan ek tydmaak vir alles.
Wat beteken Paasfees en Paasnaweek vir jou? Ek wil nie op iemand se tone trap nie, ek is eintlik besig om my dogtertjie te leer waaroor alles gaan.
Nou die oggend vra ek haar of sy weet wat Paasfees is, en haar antowwrd: Jesus se verjaarsdag. Ek verduidelik toe dat dit Kersfees is en vertel haar toe van Paasnaweek. (Ek gee vir haar ouderdom Kategese en ons het nog nie by Paasfees uitgekom nie, sal na die vakansie).
Ek sê toe ook dat ons Vrydag kerk toe moet gaan en dan Nagmaal gebruik – sy weet al waaroor Nagmaal gaan. Vanoggend is ons baie lui om op te staan en ek sê toe dit is darem nog net more wat ons moet vroeg op, dan is dit lekker naweek en kan ons laaaaat slaap. Vinnig spring sy op en kyk my met sulke groot kwaai oë aan. Ek vra wat nou, haar antwoord: Mamma, maar ons moet Vrydag ook vroeg opstaan want ons moet dan kerk toe gaan!
Onse dorpie se KFC is heeljaar 24 uur ‘n dag oop. Paasnaweek kry hulle ekstra werkers in van ander KFC’s om te help, hulle noem hulle ‘visitors’ Die visitors kom vandag al, want sien die paaie begin eintlik vandag al besig raak. Ons kantoor is in die hoofstraat en hier sien ons elke bus en taxi wat verby jaag en glo my hulle JAAG!
Die pad is eintlik dubbel bane regdeur die dorp, maar by KFC maak hulle dit enkel bane sodat die busse meer parkeer plek het. Die Verkeershoof se vrou werk saam met my en sy noem dat haar man more oggend gaan werk en dan sien sy hom eers weer Vrydag oggend as hy kom slaap en weer gaan werk. Sy ken nie van ‘n rustige paasnaweek nie, moes altyd die kinders uit vat deur die dag sodat pa kan slaap.
Hulle verwag so 6000 busse van een maatskappy alleen om deur onse dorpie te gaan. Die grootste saamtrek van mense op Moria hierdie jaar, bykans 9 miljoen!!!!
So, as jy iewers op die paaie is, ry asb versigtig ons wil nie van jou in die koerante lees nie, asb!!!!!!!
‘n Geseënde Paasfees vir jou!!!!!
April 9, 2009 at 11:49 vm
En ek gaan die kinders brug toe vat om te gaan kyk vanmiddag…
So bly ek kan hier op die plaas wegkruip vir die massas.
Weet nie van jou nie, maar vakansies in ons ou dorpie maak my gek!!! Veral hierdie paasvakansie. Gelukkig is dit nie Oudtshoorn nie, né?
Rustige naweek vir jou RB.
April 12, 2009 at 6:33 nm
9 miljoen??!!! Sjoe! Maar hierdie tyd van die jaar mis ek my ou hometown. Pietersburg. Ek wonder of ek ooit weer eendag gaan uitkom?
Lekker naweek vir julle – die stukkie wat oor is.
April 12, 2009 at 6:34 nm
Tsk.
…DAAR gaan uitkom…
April 23, 2009 at 9:03 nm
Goeiste. 9mil! Eish… Het jy toe reggekom met fietsclub?