Om misluk te wees
Ek het net weer vandag besef dat dit baie makliker is om misluk met iemand te wees as wat dit is om vriendelik te wees en maar net die ander wang te draai.
Hoekom is sekere mense net daarop uit om jou die vark in alles te maak? Dit is asof hulle dit geniet dat niemand van jou moet hou nie, en ja dan draai jy maar weer die ander wang sonder om IETS te sê.
Ja, dit is voorwaar baie makliker om misluk, lelik, onbeskof, afjakkerig, ag noem dit wat jy wil, te wees in plaas van, verdraagsaam, behulpsaam, vriendelik, hulpvaardig!
April 24, 2009 at 8:56 nm
Weet jy, is so, maar ek dink jy is DierBaar.
Om die ander wang te draai – ek het ervaar dat dit selfs in die huwelik dikwels makliker is – nie noodwendig die beste uitweg nie, net makliker. Dan is daar nie konflik nie, hoef ek nie te probeer verduidelik nie.
Sterkte, en as dinge te veel raak – kom plaas toe!!
April 24, 2009 at 10:01 nm
(((RB)))
Mei 4, 2009 at 10:25 vm
Ai, dis nie lekker nie. Sommige mense het daai ‘knack’ ook net vervolmaak.
Sterkte – gaan kuier by Huisvrou oppie plaas!
Mei 8, 2009 at 12:56 nm
RB….
Ek kom einde Julie (ek dink dis die laaste naweek) weer bietjie op jou voorstoep kuier…………..
Mei 9, 2009 at 11:45 vm
Iemand het RB kwaad gemaak!! Haal dit op ‘n stel dromme uit!!
Dis waar RB sommige mense se lewens floreer op negatiwiteit! Eindelik baie sad. En soms is dit regtig baie moeilik om verdraagsaam te wees.
Mei 9, 2009 at 2:31 nm
RB, gelukkige moedersdag môre!
Mei 11, 2009 at 1:02 nm
Moenie dat iemand jou vrede steel nie. Trust me, its not worth it.