Mooi SMS’e

Posted Januarie 27, 2009 by RB
Categories: Uncategorized

Hier is ‘n paar mooi SMS boodskappe wat ek tydens Kersfees en Nuwejaar gekry het.

Beep beep just off loading a truck full of Gods love and blessings at your doorstep.

‘n Bos vorl Genade toegedraai met Vreugde en gelint met Liefde en Vrede word jul toegewens vir ‘n Geseënde Kersfees en afgelewer deur die Liefde van JESUS!

Gister se ou voetspore is toegewaai onder sand.  Mag die vars voetspore van vandag en more jul lei na God se see van seë, strome van liefde, branders van geluk, golwe van heerlikheid in Jesus se vrede.

Sy bestemming was die kruis, Sy doel was liefde, Sy rede was jy!  Mag jul Kersdag gevul wees met vrede, vreugde en baie liefde.

As God waters His little creation, may He also sprinkle His wonderful blessings over you and your family.

Olywe word gepars vir die beste olyfolie.  Druiwe word flenters getrap vir die beste wyn.  Blomme word gepers vir die beste parfuum.  As die lewe jou pars, flenters trap of pers onthou dit is God se manier om die beste van jou uit te bring.  Julle is uitsoekgehalte….

Omgee is ‘n fontein wat spontaan borrel, ‘n warm hand, ‘n glimlag, ‘n stil gebed.  Mag hierdie tyd vir jul ‘n fontein vol mooi dinge wees!

Ps 37:25.  Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.  Laat ons met die wete 2009 ingaan.

Wens vir jou!  ‘n Glimlag op jou gesig, hoop in jou hart, jou dierbares altyd naby, ‘n muntstuk in jou sak en Jesus in jou lewe!

Die son het die laaste keer opgekom vir 2008.  Maak in 2009 die Aarde jou Skip, die Hemel jou Hawe, die Bybel jou Kaart, God jou Stuurman, Geloof jou Vlag, Gebed jou Kompas en jy sal nooit op die rotse loop nie!

Dis feestyd, familietyd.  Dis stock take van ons lewe… oor ons suksesse, terleurstellings en beproewings.  Dis ‘n opname van ons dankies en ons jammers.  Mag 2009 gevul word met geloof, hoop en liefde en baie uitdagings.

Ontvang my laaste goeie nag vir 2008.  Mag die voetspore waarmee jy die jaar uitstap & 2009 instap volmaak wees met jou hand styf in Jesus sin.

2008 was vir ons geseend want jy/julle was deel daarvan.  Ons gebed vir 2009 is Liefde, diep soos die see, Familie, eg soos diamante, Geluk skitterend soos goud, Seeninge ontelbaar soos sand!

Eerste skooldag

Posted Januarie 23, 2009 by RB
Categories: Uncategorized

Ja, ek leef nog, ok maar net.

Hier is darem so ‘n ou windgat fototjie van my Vlooi op haar eerste dag van skool. 

 

Ek sal bietjie later vertel van die vakansie (paar foto’s ook) en alles daaropvolgend.

Lekker naweek, ek lees intussen lekker by julle almal, het julle nogal gemis.

2008 is ok nou verby

Posted December 19, 2008 by RB
Categories: Uncategorized

Ja en so het nog ‘n jaar (amper) sy gat gesien.

Oor ‘n paar ure vlieg ons en dan is dit heeltyd speeltyd!!!!!!!!!! Kan nie wag nie, ek dink nie ekself besef hoe ek hierdie vakansie nodig het nie.

2008 was werklik in baie opsigte ‘n anderster jaar vir my, moeilik, lekker, aaklig, ag sommer alles in een.  Hopelik het ek groot geword en meer van mense geleer as wat ek in my wildste drome gedink het ek het nodig om te leer.  Ek dink die grootste les wat ek nou hopelik vir die laaste keer geleer het is:  MOET NOOIT, MAAR NOOIT ANDER MENSE VERTROU NIE!!!!!!!!!!!!!!!  Bly in jou hoekie of hokkie en wees net jouself en eerlik met jouself en f….k die res!!!!

Geniet almal se vakansies en sterkte vir die nuwejaar met al sy uitdagings wat nou al om die deur loer.

Dankie vir almal se inloer en saamkuier en dat julle toegelaat het dat ek by julle kon leer en kon deel wees van jul ‘familie’.

Ek bid en wens vir almal vrede, liefde, geduld en verdraagsaamheid toe vir die vakansie en vir 2009.

LEKKER RUS!!!!!!!!!!!!!!!!!

Land ekonomie

Posted December 10, 2008 by RB
Categories: Uncategorized

Ja, die Jaareindfunksie was lekker.  Daar was meer as genoeg geld om ALLES en nog wat te dek.  Ons Admin personeel het selfs miniatuur 4 x 4 waentjies gebou – lyk soos real thing – as geskenkies, vingers lekker verbrand met soldeerboute en vasgeplak met gom!

Net jammer dat daar nou nie geld is vir behoorlike bonusse nie.  Ons kry die helfte van ons salarisse as bonusse!!

Ek sê net dankie, dat ek darem nog iets kry en dat ek darem nog werk het – weet nie vir hoe lank nie.  Die een vrou wat saam met ons werk, het vanoggend vertel dat haar dogter se vriend se ma gister middag ge’retrench’ is.  Hulle het nou inderhaas hul vakansie planne gekanselleer.

So as jy nog gelukkig is om vakansie te kan hou en ons wat nog genooi is om te kan gaan, is werklik van die min GELUKKIGES!!!!!!!!!!!!

Jaareindfunksie 2008

Posted December 9, 2008 by RB
Categories: Uncategorized

Hier is so paar foto’s van ons Jaareindfunksie, gehou op 28 November 2008.

Gewigsverlies voor vakansie

Posted November 19, 2008 by RB
Categories: Uncategorized

Ek wil so GRAAAAAAAAAAAAAAAAG net so paar kilo’s verloor voor ons Desember Kaap toe gaan.

Aan die linkerkant was ‘n ticker van wat ek in totaal wil verloor, maar voor 19 Desember 2008 wil ek graag die vleigtuig bereik op die nuwe ticker.

Mense wat dink hulle is slim………..

Posted November 13, 2008 by RB
Categories: Uncategorized

Ja almal van ons het seker al daardie gesegde gehoor:

MENSE WAT DINK HULLE IS SLIM, IS NIE ALTYD SO SLIM NIE!!!!

Wel by die plek waar ek werk is dit nogal BAIE waar.  Hier is net sommige mense wat ALLES weet en jy weet natuurlik NIKS.

Moet nie eers probeer hulp aanbied nie, want die kleinste ou foutjie wat jy durf maak en word voor jou deur gegooi tot in lengte van dae!!!!!!!!!!!  Maar as hulle foute maak, is dit natuurlik niks, dit word mooitjies onder die mat ingevee, met toeskouers, en aangegaan.

Etiket is ook nie ‘n woord wat hier verstaan word nie.  Veral nie internet/e-mail etiket nie.  Ek is seker almal van ons op die blogosfeer weet dat mens nie sommer net gou ietsie in HOOFLETTERS tik nie??  Wel hier weet net die dom mense van so iets, die slim mense maak dit af as:  Ag dit is sommer k..k, ek werk, ek het nie tyd vir nonsens nie!

Al probeer jy, wat dom is, verduidelik hoe dit werk, ens. word jy nou sommer ook afgejak.

So, ja, my dag het wonderlik begin en joune??  Hoop jou dag is SOMMER BAIE BETER!!!!!!!!!!!!!!!!!

(Nog 36 slapies)

Opgewonde is nie die woord nie!!!!!!!!!!!!!!!!

Posted November 7, 2008 by RB
Categories: Uncategorized

BB skryf op haar blog van goeie vriende.  Dit is so skaars om WERKLIKE goeie vriende te hê.

Ek het vir 8 jaar in die Kaap gebly en ons het wonderlike vriende daar gemaak.  OK baie het verander, sommiges is getroud, of geskei of daar het toevoegings tot die families gekom, so ek is seker as ons nou weer daar sou moes bly sal ons almal mekaar weer so effe moet leer ken.

My hart trek nog altyd met ‘n punt terug Kaap toe.  Hier in die Limpopo is dit maar moeilik om sulke vriende te maak en boonop te hou.

My wens vir hierdie Desember vakansie was om in die Kaap te wees.  Dalk met Kersfees by die skoonfamilie en dan natuurlik met Nuwejaar by die vriende.  Ongelukkig het my finansies anders besluit en moes ek maar noodgedwonge my planne kanselleer.

Manlief was mos nou onder in die Kaap vir ‘n kursus en daar besluit van ons vriende, hulle wil ons DAAR hê vir ‘n verjaarsdag partytjie.  So ons vlugte word bespreek – soos ek hier tik – om die 19de Desember, die aand te vlieg en die 28ste terug te kom.  Ons kan dit nog verander as ons besluit om later daar te bly.  Want ons kan nog saam met hulle Jeffreys toe ook gaan vir so week of wat!

!!!!!!WAAR IN DIE LEWE KRY MENS SULKE MENSE!!!!!!

Nou-ja my opgewondenheid ken geen perke nie!  Hoe bewys mens jou dankbaarheid teenoor so iemand????  Wat doen mens, wat sê mens??  DANKIE klink so min, EK IS LIEF VIR JULLE EN WAARDEER DIT klink so simpel?

En dan het dit sommer ook nou begin reën!

Sommer so…

Posted November 6, 2008 by RB
Categories: Uncategorized

Ek weet nie eintlik wat om te skryf nie, my lewe nie baie interessant op die oomblik nie.  Het eintlik daaraan begin dink om die blog sommer te delete, maar sal nog definitief by ander inloer.

Manlief terug van die Kaap, na 3 weke.  Hy het met die trein gery en eers laaaaat Saterdagaand by die huis gekom nadat die trein baie vertraag was.

Dogtertjie het nou-al ballet eksamen gedoen en ons sal die uitslae met hul konsert kry op die 21 Nov.

Duidelik staan die jaar einde toe, dit is my program sover:  15 Nov – troue van vriendin se dogter, 19 Nov – kleuterskool se konsert, 21 Nov – ballet konsert, 27 Nov – Gimnastiek aflsuiting, 28 Nov – werk afsluiting, 29 Nov – Kleueterskool familie braai.  Iewers moet manlief nog reël vir hul werk afsluiting ook.

Gelukkig gaan dit baie goed met die maatskappy.  Hier is eintlik teveel bestellings, die fabriek kan nie voorbly nie.  Ek vermoed dat van die bestellings nie gelewer gaan word nie al werk die fabriek van hierdie week af oortyd, elke dag.  Dit gaan eintlik so goed dat die baas se seun ‘n nuwe bakkie gekry het, ja sommer so nuut uit die boks en kontant betaal.  (wens partykeer ek het so pappa, as hy darem net so bietjie van my skuld kan wegvat, sal dit ook help).  So ja ek dink ons behoort darem Desember ons bonusse te kry, hoop maar vir so bietjie ekstra!!!! (wie doen nie??)

O-ja bietjie skinder nuus:  ek weet nie van julle weet van die nuwe golfbaan hier naby nie – Euphoria Golf Estate, ontwerp deur die nr 1 vroue golfspeler Annika S.  Wel ons het Saterdag die Kleuterskool se golfdag daar gehou.  Dit is baie grand, kyk ek voel skoon verlore in so grand plek.  ‘n Hempie is sommer so R700 en ‘n short R600.  1 blikkie Coke sommer R9.  Nou kyk ons moes R80 per persoon opdok vir die aandete, wat ‘n teleurstelling!! Hierdie is ‘n Internasional plek, word so bemark, raai wat was die aandete?????  Fyn vleisies in ‘n soort van sous, met rys, cocktail buns, mengelslaai wat ek nog eintlik die tamaties ens soek tussen die bruin slaaiblare en niks minder as malva peoding en vla.  Dan moet ek noem het so 35 van die 100 mense nie kos gekry nie, WANT DIE KOS WAS TE MIN.  Daar is vinnig so paar tjoppies gaargemaak en toe laaaater nadat almal omtrent weg is, nog so stir-fry met sous.

Dit is blykbaar nie net ons funksie wat so afgesluit het nie.  Daar is 2 ander instansies in die dorp wat ook golfdae daar was, met dieselfde klagtes en natuurlik die matriekafskeid ook.  Klagtes van te min, te koud en sommer net eenvoudig smaaklose kos is algemeen.  Ons hoor nou dat die sjef haar dood wil lag daaroor en te kenne wil gee dat die kinders self geskep het en teveel geskep het.

Gelukkig is daar darem ‘n silwer randjie, want ons hoef glo nie nou meer vir die kos te betaal nie, so die kleuterskool score darem met so paar randjies.

Lekker week verder vir julle, ek is bietjie moeg en broos, na so paar rooi wyn glasies gisteraand!!!!

Dis Vrydag……

Posted Oktober 17, 2008 by RB
Categories: Uncategorized

Ek is hopeloos verveeld vandag, eintlik nog die hele week!

Kan nie glo hoe besig ek laasweek nog in die ander kantoor was nie en nou is hier omtrent niks om te doen nie.  My salarisse is so te sê op datum en nou probeer ek maar hier en daar help.  Maar niemand is eintlik besig nie, behalwe die ander kantoor waar al die bestellings en versendings gedoen word.  Ek het al hoeveel keer gaan aanbied, maar nou ja, nou speel ek maar!

Kyk hierdie gewig ding moet dringend aandag kry.  Daar is so vae moontlikheid dat ons dalk so vinnig in die Kaap kan gaan kuier Desember en dan wil ek darem werklik nie soos ‘n seekoei lyk nie, darem so bietjie ligter, so 5kg sal doen op hierdie stadium.

Facebook:  Is ek net te dom, te stadig, of te vinnig?  Die blerrie ding maak my deurmekaar.  Ek het darem so paar vriende en het nog so paar opgesoek, maar ai wat dan?  Jy moet eers aan alles behoort/allow voordat jy iets kan doen soos drukkies, blomme stuur ens.  Eerlikwaar verkies ek eerder ‘n blog.  Hier en daar het ek nie eintlik tyd om foto’s op te sit nie, so lees maar en lewer iewers kommentaar as ek wil.  Hoe kuier mens daar, net deur comments op iemand se wall, as hy een het??

Gister was die Laerskool se opedag en ja ek het toe maar besluit dogtertjie gaan na Gr 1 by Laerskool Eugene N Marais in Naboomspruit.  Is dit lelik om te vra dat jou kind in iemand spesifiek se klas moet wees?  Hier is dit lyk my die norm.  Ek voel so half skuldig om te vra, netnou dink die ander juffrou ek het ‘n probleem met haar en eerlikwaar, ek ken nie een van die onnies persoonlik nie, net van hoor-sê.

Lekker naweek, ek gaan lekker rus en DVD’s kyk – op dogtertjie se aandrang