Dinsdag, waaa is die naweek

More

Ja dit is ‘n nuwe dag, met nuwe interessanthede wat wag om elke hoek en draai.

Met die skep van die blog, het ek besluit ander wil nie altyd net hoor hoe ‘n mens kla nie, so ek wil ook ‘n positiewe bydrae lewer – sal maar sien hoe lank hou die gesindheid, hehehe.

Eerstens aan my ouers, baie geluk met die huweliksherdenking.  Dit is vandag 36 jaar.  Ek is nou amper eers by 9 jaar en ek wil my man vermoor, sal maar sien of ons ooit tot by 36 kom.  Oulike datum 17-7-71, lees hom van beide kante.

Ek wou ‘n troufoto plaas, maar sukkel nog so bietjie met die blog ding, sal later slimmer word, hoop ek!!!

Gisteraand in die bed het ek soveel idees gehad om met almal te deel, en nou dat ek hier voor die rekenaar sit, kan ek omtrent aan niks dink om te sê nie. 

Kom ek vertel jul dan bietjie meer van Naboomspruit:

Klein dorpie, het ook deurgeloop met die naamsverandering – Mookgophong.  Slegs 1 hoërskool en 1 laerskool en dan ‘n privaatskool wat tot graad 7 gaan.

Meestal maar plaasgemeenskap – almal ken almal en die meeste mense is hier gebore en bly nogsteeds hier.  Ons is nou so 5 jaar hier vanaf die Kaap – moenie vrae nie, hubby het bevorderingspos gekry in Weermag.  Ja, hier is ‘n weermag basis – Ammunisie Depot, so 38km buite die dorp.

Hier is NIE ‘n Pick a Pay en Checkers nie, net ‘n duur Friendly en ‘n vuil Spar (my opinie).  Naaste dorpe – Potgietersrus, 50km Noord en Nylstroom, 47km Suid.  Meeste mense ry sommer vir die dag Pretoria toe, so 160km en 3 tolhekke later om hul inkopies te doen.

Hier is darem ‘n heerlike hoender plekkie genaamd SPIF.  (het sopas van die heerlike vlerkies op die stokkies gehad)  Koop gerus van hul produkte, dit is heerlik, ek dink hulle bemark dit in Gauteng.  As jy ooit in hierdie rigting kom, kan jy gerus by hul padstalletjie aangaan.  Heerlike hoenders!!!

Genoeg oor die ou dorpie.

 EKKE VERJAAR SATERDAG.  Maar ek verkies dat die dag maar net verbygaan, later dalk meer hieroor.  Ek moet kom werk, want die baas jag alweer, en dan gaan ek na ‘n oggend tee ten bate van die trompoppies waar die spreker Liesl Krause-Wiid is, sien nogal uit daarna.

Nou-ja lekker werk of rus tot later.

Riana

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Dinsdag, waaa is die naweek”

  1. Eben Says:

    Hallo Riana,

    Eerste baie geluk met jou blog. Inteendeel daar’s niks mee fout nie, en dit lyk ook lekker gesellig.

    Geluk ook met jou ouers se herdenking van hule huwelik. Onthou hulle sê die eerste 7 jr is die moordpleeg jare, daarna gaan dit beter!!

    Ek kom loer verseker weer in, en ja vertel ons meer van jou omgewing en daaglike doen en late, dis maar wat ek doen.

    Vriendelike groete

    Eben

  2. Kokkewiet Says:

    Baie welkom by die blog wêreld. Ek sal gereeld kom inloer.

  3. kaalvoetkind Says:

    Hi!! Welkom in die blogosfeer. Self nog nuut en leer nog hoe om die ding te dryf!!

  4. marat Says:

    Welkom, welkom!Sien uit om jou hier beter te leer ken.😀

  5. Roer Says:

    Is jy nou al slim genoeg?😉 Ons soek ‘n trou fototjie man…


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: