Kentucky vanaand en gebed

More

Heerlike dag vandag, nog effe koel in die oggende en aande, maar deur die dag word dit al lekker warm. Ai die somer lyk naby en ek HAAAT die hitte.

Ja, hubby speel vandag en more gholf in Louis Trichardt, so ek en doggie is alleen by die huis en dit spel natuurlik Kentucky.  Ek dink as ek ongetroud was, sou ek van Take Aways geleef het.  Wat is lekkerder as ‘n Kentucky rounder of twister of heerlike pizza met natuurlik baie vleis of sommer net ‘n souserige hamburger van een of ander plek. 

Ek moet erken, EK LOVE TAKE AWAYS.  Dan wonder ek hoekom is ek oorgewig.  Ag dit is harde werk om gewig te verloor, maar nou ja ek het darem in 3 maande so 5 verloor en hou hulle af, maar dit is SWEET en ek hou nie van sweet nie.  Ek is natuurlik mal oor chips – Sout en Asyn of Nikienakies, nie daai plastiek kaas van Cheesenaks nie, nee dit moet Niknaks wees.  Ek sal maar vir doggie haar Chicky Meal koop en my broccoli en stukkie vis by die huis gaarmaak, vinnig in die mikrogolfoond.

Hoe belangrik is gebed in jou lewe?  Vir my is dit ononderhandelbaar.  Ek kan nie in die aand aan die slaap raak as ek nie gebid het nie.  Ek het hierdie baie oulike e-mail gekry:

“Prayer is one of the best free gifts we receive.  There is no cost but a lot of reward.  Make sure you pary, and pray believing that God will answer”

Ek is besig om die boek Glo God te lees.  Het al 2 keer oor begin omdat ek so min tyd het en nie alles kan onthou nie.  Die boek lê weer en loer en ek WIL hom klaarlees.  Ek wil werklik meer van Hom leer en daardeur meer van myself leer.

Ek wil ander mense help.  As ek die Lotto eendag wen, sal ek seker niks oorhou vir myself nie.  Ongelukkig kan ek nie finansieël iemand help op hierdie stadium nie, so ek probeer om soveel moontlik vir daardie persoon te bid.  Selfs al weet ek nie rêrig wat die omvang van sy probleme is nie, sal ek net die Here vra om hom/haar te beskerm en te lei.

Laastens, dankie aan almal wat kom inloer het.  Ek waardeer dit baie en hoop ons kan nog baie van mekaar leer.

Lekker dag

Riana

Explore posts in the same categories: Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: