Vrydag en wats nog nuus??

Hi almal

Ja dit is Vrydag vandag, more moet ek werk al is dit my versjaardag. Maar so is die lewe, ons kla mos nie!!!!!!

Ek het vanoggend probeer om foto’s op te sit, maar is toe blonder as wat ek gedink het, ek sukkel so bietjie, maar aanhouer wen, so ek sal maar nog probeer.

Gister het ons hier by die werk oor begrafnisse gepraat en mense wat foto’s neem op ‘n begrafnis.  Hoekom doen hulle dit?  Ek persoonlik wil dit nie hê of sien nie.  Familie het foto’s geneem op my skoonouers se begrafnis (hulle is saam begrawe, anderdag se storie), hulle het afskrifte daarvan gemaak en vir elke seun ‘n pak gegee.  Dit lê iewers onder in ‘n kas in my huis.  Ek wil dit nie iewers uitstal of elke dag daarna kyk nie.  Die begrafnis was seer en hartseer genoeg, ek huil myself siek, hoekom moet ek nou daaraan herinner word?  Elke keer as ek toevallig op die foto’s afkom huil ek sommer weer van voor af. 

Ek spot altyd en sê hulle sou my as ‘n roubeklaer kon gebruik in die ou tyd – hulle het mos mense gehuur om te kom huil op ‘n begrafnis.  Ek sou sakke vol geld gemaak het.  Ek vermy liewer begrafnisse sover ek kan.  Ek sal eerder na die tyd na die familie gaan en simpatiseer, lank nadat almal alweer aanbeweeg het, ‘n kossie of blommetjie vat.

Ek hou ook nie van begraafplase besoek nie.  Ons is nou 5 jaar in Naboom en ek was nog nooit in hierdie begraafplaas nie.  Ek het altyd gesê ek wil in ‘n familie begraafplaas begrawe word, dan sal die nageslagte darem ‘n idee hê van wie ek was en so met die familie se afsterwe sal hulle darem daar ‘n draai maak.  Ongelukkig het ek nou nie in so familie ingetrou nie, so ek moeg nog besluit of ek dalk eerder veras wil word.  Sal laat weet wat die keuse was.

Nou-ja, fluit, fluit my storie is uit.  Lekker naweek en drink maar so ietsie more op my al ken ek jou nog nie.

Riana

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Vrydag en wats nog nuus??”

  1. mieliepap Says:

    ek verstaan nogal hoekom mense begrafnisse wil afneem. dit is seker bietjie outisties, maar ek is self mal daaroor om mense wat slaap af te neem. het al paar keer moeilikheid gekry daaroor. ek sit met so paar movies van mense wat aan die slaap raak in vergaderings, wat ek met die foon opgeneem het, maar my vrou het my die dood voor die oe gesweer as ek dit post. Ek dink ek wil mense afneem as hulle broos en blootgestel is. Net so kan ek dink dat mense by begrafnisse mense wil vang as hulle intense emosies ervaar en hulleself is, sonder voorgee en inhibisies. Dit is so min dat mense op foto’s eg is, mense se altyd jy moet smile of iets cools doen. As jy slaap of op ‘n begrafnis is, neem jy rou emosies/mense af, geen voorgee.

  2. marat Says:

    Mens sien helfte van die familie net op begrafnisse, ek dink dis hoekom die mense foto’s neem . . .

  3. Roer Says:

    Ek hou baie van begrafplase. Moet my nie vra hoekom ‘hou’ ek daarvan nie. Ek weet net wanneer ek daar uit stap, waardeer ek die lewe en my mense soveel meer. Dis elke keer maar net ‘n wake-up call as ek daar in gaan. Ook, ek is mal oor geskiedenis en ‘n mens kan soveer leer by ou begrafplase.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: