Nuwe week, nuwe lewensjaar……..

Hi daar

Ek het die naweek oorleef met die oud word dag en al (verjaarsdag).

Hierdie week is dit weer so naby aan maandeinde.  Baie om te doen en om klaar te kry en die baas is seker hierdie week by die werk – klaar gejag vir die jaar.

Amper weer ‘payday’, so ek begin nou al aan die ‘budget’ werk om te sien waar pas ek hoeveel in vir die maand.

Manlief gaan more begin brocolli en blomkool pluk in die nethuis, so hopelik is die oes hierdie keer goed.  Moet sê dit lyk nogal mooi, sal dalk probeer om so ‘n ou fototjie van manlief se baby te plaas.  Bestellings is natuurlik welkom, anders moet jul maar by Springs mark of Boeretrust mark in Pretoria gaan koop, ASSEBLIEF!!!!!!!! 

Het Saterdag ‘n oggendtee bygewoon met Liesel Krause-Wiid as die gasspreker. Dit was baie interessant en sommer lekker. Haar tema was:  Leef ‘n voluit lewe!

Ek was van plan om sommer net oor haar tema te skryf vandag, maar ek kou nog self eers daaraan.  Iets wat ek solank wel wil noem is dat ek meeste van die tyd ook maar mee sukkel:  Wanneer gaan ek begin voluit lewe?  Eers as hierdie dag of week of maand klaar is, eers as ek hierdie borduurwerk klaar het, eers as ek so 15kg verloor het, eers as my kind ‘n sekere ouderdom is en meer selfstandig is, eers as ek ‘n sekere boek of bybelstudie klaar gedoen het, eers as….?  Ja daar is nog baie ‘eers asse’ wat ek nog kan noem.  MAAR…….

Ek kan NOU begin voluit lewe.  Hier waar ek sit kan ek alles wat ek doen tot eer van God doen en so al voluit lewe.  Liesel het genoem, dat as jy vir die soveelste keer in jou lewe ‘n aartappel moet skil, doen dit met oorgawe. 

Ek weet, ek weet, dit is makliker gesê as gedoen.  Ek is die een wat sommer more bewolk opstaan en dan net moeilik is.  Ek dink net ek moet iewers sommer iets opplak om my net daaraan te herinner. 

Wel sterkte vir hierdie week wat voorlê.  Ek probeer foto’s opsit, so hopelik is ek slimmer teen die einde van die week.

Riana

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Nuwe week, nuwe lewensjaar……..”

  1. marat Says:

    Ek weet een ding . . . ek gaan voluit vakansie hou by die Oog Augustus-maand. Tot dan is my lewe vol struggles en ek moet nog begin leer (al weer!) . . . So alhoewel ek dalk nie altyd voluit lewe nie, is my lewe vol!

    Ek wil darem die kleinhuisiemuur sien voordat ek kop omlaag in hom vashol teen top spoed!😀


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: