Diëte

Hi

Op watter diëte was jy al en watter het vir jou gewerk en watter nie?

Ek kan seker ‘n boek skryf oor diëte. Het al seker elke liewe een onder die son probeer. Ek weet wat werk en wat nie.  MAAR ek het ‘n probleem met dissipline.  Ek kan nie by een hou nie.

Daar moet dadelik resultate wees.  As ek na ‘n week se geswoeg en min eet en tel en weeg NIKS of amper niks verloor het nie, is daar nie ‘n manier wat ek wil aangaan nie.

Wat ook moeilik is, is die feit dat my man aandete maak en hy wil niks van diëte en minder vet en meer vet en al sulke goed hoor nie.  Hy maak waarvan hy hou en ons moet eet of ons is ondankbaar…………….. Geen wonder dat ek 20kg in my getroude lewe opgetel het nie.

My man eet nie ontbyt nie, jaag die dag in, ek pak darem so broodjie of iets in vir hom vir middagete.  Maar as pappa vanaand by die huis kom is dit natuurlik ‘n GROOT BORD vol kos en dan agteroor sit voor die TV of sommer dadelik bed toe.

Ek weer aan die anderkant, eet ontbyt, afhangende op watter dieët ek is, wat dit sal wees.  Vir die res van die dag probeer ek ook by die dieët bly en dan natuurlik aandete is die ramp!!!  Wat is lekkerder as slap chips met baie sout, so lekker gebraaide vark tjoppie, so nou en dan so heerlike sop met natuurlik VLEIS in?????

Nou ek was al op die volgende diëte as ek almal kan onthou:

Weigh Less, Bearly There (amper soos Weight Watchers), Britian Heart Institute, Heuning en Kaneel, Atkins, Oranje Apteek, enige kits ene wat sommer so in die tydskrifte is, weer Weigh Less probeer, Calorie Controlled Diet, ens.  Huidiglik probeer ek USN sin.

Foute met die diëte:  Weigh Less:  Ons is nie groente mense nie, vleis ja, so wat eet ek, ek leef op Cup a Soup want dit tel darem as groente, geen proteine deur die dag want anders kan ek nie vanaand vleis eet nie

Bearly There:  Ek sukkel om tred te hou met die punte storie.  Eet so min as moontlik deur die dag want vanaand tel die tjoppie baie punte, so ek is eintlik vrek honger deur die dag.  Hoekom tel al die lekker goed so BAIE punte??

Britian Heart Institute:  Dit is net vir 3 dae.  Die laaste aandete kon ek nie by die dieët hou nie, maw ek het niks verloor nie.  ‘n Vrou wat niks het om te verloor nie, het sommer 2kg op die dieët verloor nie, my moed is sommer gebreek!!!

Heuning en Kaneel:  Drink elke oggen en aand ‘n halwe gals warm water met ‘n sekere hoeveelheid heuning en kaneel in – het net mooi NIKS gewerk nie.  Een vrou wat saam met my werk het 6kg in 3 weke verloor, ekke NIKS in 4 weke!!!!!!!!!!! 

Atkins en die Oranje Apteek is maar dieselfde:  Die Oranje Apteek moet jy net pilletjies by drink en jouself Vit B inspuit.  Daarvan hou ek nie so baie nie.  Wat die kos aanbetref is albei hoog in proteine.  Yippeeeeee, hier is die dieët vir my, BAIE VLEIS.  Maar o wee, weet jy hoe voel mens na ‘n week se vleis?  Jy smag na ‘n snytjie brood, of sommer net ‘n happie sjokolade al is ek nie eintlik een vir soetgoed nie.  Hierdie dieët het nogal gewerk, 5kg in ‘n maand verloor, maar toe ek ophou toe tel ek dit dubbel en dwars weer op.  Nou het ek net eenvoudig nie die dissipline om daarmee vol te hou nie – en vleis pryse………….

Calorie Controlled:  Dit maak vir my sin om kaloriee te tel.  Want dit wat in, moet tog uit.  Ek het begin kyk na wat ek eet en hoeveel ek dan oefen, ek eet eintlik te min kaloriee.  Beteken dit dan dat ek nie gaan gewig verloor nie of net baie stadiger?????? 

Ek het nogal ‘n tydjie hierop gebly en dit het redelik gewerk totdat ek nuuskierig geword het en besluit het om die USN dieët te probeer.

USN:  Oats vir ontbyt (ek crook kla, want ek eet daai pakkies met die gegeurde oats, die gewones kan ek nie in my lyf kry nie), mid-oggend is dit ‘n appel, of sny pynappel met handvol biltong (ek vergeet om biltong te koop, so ek eet maar net ‘n appel), middagete is ‘n stukkie vis, met ‘n aartappel (ek is nie in die middae by die huis nie, so ek drink sommer USN se Diet Fuel shake – redelik moeg hiervoor) laatmiddag weer tyd vir ‘n vrug (ek vergeet gewoonlik) en dan aandete ‘n stukkie vis met broccoli (dit het die eerste week goed gegaan, het net 2 aande stout gewees)

So na die eerste week het ek net ‘n half kilo op USN verloor, moet by sê, ek oefen elke oggend so bietjie – dit is darem beter as niks – ek sweet darem heelwat en blaas behoorlik.

Maar nou het ek klaar weer met die USN dieët na die kaloriee gekyk en ek eet te min kaloriee.  Nog iets wat my pla, volgens Atkins mag jy nie vrugte eet nie, want dit bevat suiker, en suiker wat jy nie vinnig genoeg verbrand nie, sit om in vet.  So nou eet ek ‘n appel, hoeveel suiker is in appel?

Nou sê mense:  Dit is maklik, eet net reg!  WAT OP AARDE BETEKEN EET REG???  Wat vir jou werk is nie te sê gaan vir my ok werk nie!!!  Ek hou nie noodwendig daarvan nie (groente en min vleis), so moet ek vir die res van my lewe karton eet omdat dit kwansuis gesond is en jou maer maak?? 

Ag tog ek is nou sommer honger, maar wat moet ek en wat moet ek nie???

Riana

Explore posts in the same categories: Uncategorized

13 Kommentaar op “Diëte”

  1. marat Says:

    Hi, ek was ok al op almal wat jy genoem het. Ek sou voorstel jy gaan sien ‘n dieetkundige – R750 later en jy’t ‘n dieet wat veronderstel is om gewone kos in te sluit EN jou laat gewig verloor.

    Ek het 12 kilo’s verloor deur op vloeistowwe te gaan – maar mens raak lus vir ‘n tjoppie, of mac & cheese . . .😉

  2. kokkewiet Says:

    Ek was ook al op al wat `n dieet is en niks het gewerk nie. Ekhet nou onlangs Die dieet waarvan almal praat probeer en ek het gewig verloor. Dit is `n 10 weke dieet en ek wil nou weer op hom gaan. Dit kos ook `n paar rand, maar vir my was dit die moeite werd.

    Sterkte

  3. Fairydust Says:

    Ek is juis nou op ‘n dieet! Skakel rooivleis, stysel en suiker uit. Het nou die dag gelees van ‘n aktrise wat baie gewig verloor het met vis en broccoli, dis al wat sy geeet het. Ek was al by ‘n dieetkundige, maar die dieet laat my so stadig gewig verloor en ek het nie die geduld nie. Ek glo nogal aan die “bloedgroep-dieet”, want die dieet waarvan Kokkie praat is ‘n proteien dieet, my sussie het baie daarop verloor, en so ook baie van my vriendinne. Toe ek daarop gaan het ek gewig opgetel! Toe lees ek eendag die bloedgroep-dieet en sien dat mense wat A-positief is, gewig optel van rooivleis (proteiene) en mense wat die O-bloedgroep is, kan nou weer soveel eet soos hulle wil, want by hulle skakel dit om in energie, terwyl dit by A-bloedgroep dadelik omskakel in vet! En dit maak nogal sin, dit verduidelik i.e.g. hoekom ek nie op die proteien dieet verloor het nie.

  4. larashel Says:

    hey ek is 17 jaar oud en weeg 87 kg ek is nogal kort so ek is plein weg vet ek gan oor n paar dae terug suid afrika toe en weet nie hoe ek die mense in die oe gan kyk nie e k voel of ek net by die huis kan sit en my afsleit van enige iemand af asb iemand help!!!!!!!!!!!??????????????
    asb

  5. Raadop Says:

    Ek is op die soeke na die dieet waarvan almal praat se lys wat vir jou se hoeveel kalorie watter proteien het. Soos wors en biltong. Ek was so 7 jaar gelede op die dieet. Het 36 kilogram in 6 maande verloor en het dit vir ‘n paar jaar afgehou. Maar ons het van land gewissel en tussen die trek deur het ek my dieet plan verloor. Ek het die apteek genader waar ek gerigestreer was, maar hulle komputers het gecrash en hulle is glad nie behulpsaam nie. Het vir my ‘n gedeelte van die program gestuur, maar al die belangrike inligting is nie daarby nie. Kan iemand my help? Groot asb.

    Vir my het die dieet gewerk omdat ek ook ‘n Onegatiewe bloedgroep is en glo ek dit was net ‘n goeie kombinasie. Ek het aan lae bloed druk op die ou einde gely, maar is vandag weer spekvet en gesond.

  6. leticia Says:

    Hi daar, ek was ook al op al die diete wat genoem was. Die dieet waarvan almal praat & die Oranje Apteek dieet is presies diesefde. Ek het op altwee gegaan en daar is ‘n GROOT prys verskil. Die Oranje Apteek dieet het vir my gewerk, ek het 15 kg’s in 3 maande verloor. Ek kon na die tyd my gewig hou vir 6 maande, toe kom kersfees, ‘n boottrip, ‘n kamp en ek leef vir amper 3 maande van slap chips, take aways en restuarant kos. Ek het 6 kg opgetel, is nou weer op die dieet en het klaar begin verloor. My hele familie is op hierdie dieet en ALMAL het meer as 10 verloor. ‘n Dieet is nie ‘n tydelike verander in eetgewoontes nie, jy kan jouself nie fool en dink dat as jy teruggaan na jou ou eet gewoontes jy gaan nie optel nie. My bloedgroep is A negatief en ek het nogsteeds verloor van die protien dieet. Ek het ook geen dissipline nie, maar met die Oranje Apteek gaan dit nie soseer oor dissipline nie, jy kan soveel eet wat jy wil solank dit die regte kos is. Jy moet altyd die regte kos in jou huis te he en te eet wanneer jy honger is.

  7. Corrie Says:

    Hi Almal

    Ek dog eks alleen. Dank Vader ek is nie. Ek het baie gegiggel toe ek Riana se stukkie lees, dis ek ek en weer ek.

    Ek het uiteidelik iets gekry wat werk. “Simply Slim”. Daar is n website onder die selfde naam as jul wil gaan kyk.

    My werk vereis baie “travelling”. So wat gebeur ek is aan die genade van restuarante oorgelaat. Ek het altyd gese ek wens ek het meer fiemies met kos dan was ek dalk maerder want ek “vreet als”.

    Kan ek net vir jul se, die goed gee actually vir jou fiemies. Dit maak jou vrek dors, so water drink is glad nie n probleem nie. En dit maak jou sommer vies vir kos as jy op die punt kom wat jy genoeg gehad het nie. Dit vat rerig erig jou cravings vir soetgoed weg.
    As ek mooi dink – einlik vat dit jou cravings vir als weg. Al wat jy crave is water.

    n Wonderlike bonus is dit gee jou hope energie maar terselfdertyd laat jou fantasties slaap. Probeer dit gerus, dis boonop n natuurlike produk.

    Hoop rerig julle kom reg!

    Corrie

  8. Rina Rust Says:

    Ek is 58 jaar oud. Wil graag so 18 kilogram verloor.
    Ek wil net weet hoeveel kalorië mag ek per dag eet.
    Ek eet muesli en yogard vir ontbyt, cracker bread met maaskaas vir middag ete. Saans is dit vis of hoender met baie groente. Is ek op die regte pad????????

  9. zelda Says:

    waar kry ek die oranje dieet kan iemand dalk help

  10. natasha viljoen Says:

    maar wat bevat dit alles en watse produkte is daar in,want sjoe dit werk wonders ek het in 1maand 9kg verloor.so se my wat is als in die dieet en is dit oranigisie goed of nie

  11. Julanda Says:

    Hi almal

    Ek het ook al baie dieete probeer, onder andere simply slim. Van dieetpille kan jul my niks vertel nie, al die meeste op die mark probeer. Ek het 2 weke gelede met die Oranje Apteek se dieet begin, sover die goedkoopste van die klomp en die inspuitings pla my nie, doen dit sommer self. By alle dieete het ek sover net 4 of 5 kg verloor en dan staan ek doodstil vir maande, maak nie saak hoe reg ek eet nie. Sover 3 kg op die nuwe dieet verloor en staan ook alweer stil vir ‘n paar dae op dieselfde gewig. Kan dit net nie verstaan nie, die kilos bly maar ek kan duidelik voel dat my klere groter raak. Ek weet mense se dat jy dan cm’s verloor en nie kilos nie, maar dit maak nie vir my sin nie. As die cm’s wegsmelt moet jy tog ligter raak ook. Sal maar net weereens moet aanhou, bekhou en moedhou, want daar is baie wat ek moet verloor

  12. Wilma du Toit Says:

    Wat is die hoeveelheid heuning en kaneel per porsie asb. Hoop iemand wat al resultate daarmee gehad het kan my help.
    Wilma

  13. Gerda Says:

    Na my 4de kind wat n totale glips was kry ek nog steeds nie die baba vet na n jaar af nie, ek noem dit baba vet dan voel ek beter. Ek gaan nou op Oranje Apteek se dieet, sal jul oor n week laat weet hoe gaan dit


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: