Quick update

Ja, die blomkool en broccoli is gister by die mark afgelewer en die outjie daar het gesê dit gaan vir goeie pryse, maar helaas, die pryse vanoggend was maar vrot.

So……… ek is sommer vies vandag.

By die werk hou hulle onderhoude vir die boekhoudster pos. Die dame maak middel Augustus klaar en trek dan Nelspruit toe.  EN die werk het einde Augustus finansiële jaareinde, lekker.  Die ouditeure is al die 10 September hier.  Ons is teen daai tyd nog nie eers klaar met ‘n gewone maand afsluiting nie.

Ek wil ook eendag ‘n baas wees, maar ek het tot die besef gekom dat ek meer sal moet begin drink.  Wys geen vingers nie, maar by die werk DRINK die base oor die algemeen baie en enige funksie gaan gepaard met ‘n paar bottels wat jy wil drink – die lysie kom verby en jy vul in.  Partykeer dink ek dat hulle kan spaar op drank en dalk eerder DINK pille kan kry.

Ek het darem die goeie nuus gekry dat ek nie meer elke Saterdag hoef te werk nie, maar ek moet net 1 Saterdag ‘n maand werk as die stoorman sy afnaweek vat.  My afnaweek vir Julie is sommer gekanselleer en die naweek wat kom is die stoorman af. 

Maar die son sal weer skyn.  Vrydagaand gaan my man en pa skaapkoppe eet by die Skaapkopgilde in Settlers.  Dinsdag is ‘payday’ en ek kry bonus die maand.  Ongelukkig het dit reeds gatjies om toe te maak, maar ek sal darem seker vir my en my doggie ‘n ou sjokoladetjie koop met dit wat oorbly.

Hoeveel mag mens noem op jou blog en vir hoeveel vertel jy daarvan?  Dit is nou vrae waarmee ek worstel.  Vertel ek mense by die werk of my familie daarvan, dan sien hulle dalk as ek oor hulle kla en dan is ek in die moeilikheid. 

Hoeveel privaatheid kan mens bekend maak op jou blog en nog veilig wees?  Soos bv met die plaas van foto’s?

 Ag wat ek praat sommer met myself.

As daar dalk ‘n samaritaan daar buite is wat kan help met die opsit van foto’s sal ek dit waardeer.  My foto’s kom te groot uit, hoe maak ek dit kleiner?

Lekker dag en nag en naweek vir jou. 

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Quick update”

  1. Eben Says:

    Hi RB,

    Stuur asb jou epos na my eben.pretorius@raffiabags.com ek sal jou graag help om daardie foto’s kleiner te kry.

    Jong ek is ook nuut op die tipe van grappies wat hulle blog noem, maar ek brand ook vas oor wat om te skrywe. Ek vertel nie van my werksmense daarvan nie, want die helle kan nie Engels of Afrikaans praat nie (Engels uiters beperk).

    Wel dis mos onse land … vryheid van spraak! So ‘laat waai’ soos Butterfae sou sê.

    Vriendelike groete

    Eben

  2. kokkewiet Says:

    Ek het ook al gewonder wie moet ek vertel van my blog en wat ek maar kan skryf en wat nie, maar op die stadium skryf ek waarmee ek gemaklik voel. Dalk sal ek later bietjie meer sê.

    Lekker naweek vir jou!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: