Waar ek al oral gebly het………

Ek is gebore in Middelburg Tvl, terwyl my ouers in Belfast gebly het as nuwe intrekkers vanaf Machadodorp.

My eerste 8 jaar van my lewe was ons dan in Belfast. Lekker dorpie, baie maatjies gehad, gereeld by mense gekuier. Wat ek nog van Belfast kan onthou is die klomp vriende wat my ouers daar gehad het.  Hulle het gereeld oor en weer gekuier, met verjaarsdae, huweliksherdenkings, en noem maar op.  Hulle het sommer net gekuier.  Al die tannies het dan uitgehaal en gewys van snaakse voorgeregte, tot by die poeding.

In Gr 2, toe trek ons na Dullstroom.  Ons huis was oorkant die NG Kerk, sommer Sondae oor die straat geloop in die kerk in.  GROOT huis gehad.  Ons was op ‘n stadium 42 kinders in die Laerskool.  As jy Hoërskool toe gaan, moes jy kies tussen Belfast en Lydenburg en moontlik koshuis toe gaan.  My pa was die Stadsklerk en het saam met een van die raadslede die eerste Forelfees gereël.  Dit is ongelukkig nerens aangeteken nie.  My ouers het daar ‘n erf gehad en na 2 jaar weer verkoop vir so iets soos R 8 000.  Wat kos erwe nie nou daar nie?

Daarna is ons na Witrivier.  WARM plek as jy van Dullstroom af kom!  Ek was toe in St 3.  Ek sukkel nou nog met Engels en grammar en tenses, want die kinders in Witrivier was alreeds daarmee besig en ek moes inval.  In Dullstroom was ons so 4 kinders in St 3 en in Witrivier is daar 4 klasse met St 3 in.  So vir my was dit ‘n groot aanpassing.  Ons het ook klasse gewissel, elke vak by ‘n ander onnie.

Nou-ja in Witrivier, Hoërskool Rob Ferreria het ek gematrikuleer.  Daarna besluit ek toe om Weermag toe te gaan.  Gekeur vir SALVKOL in George (SA Vroue Leër Kollege).  Lekker in George gebly vir ‘n jaar, al sien jy nie veel van die dorpie nie en dril jy eerder as shop.  Ek onthou die NG Kerk in George.  Wou graag daar trou, so met die berg in die agtergrond…….

Na die jaar in George is ek Kaap toe.  Bly in die Weermag basis in Wynberg, oorkant die Kenilworth Racecourse.  Die paradegrond word gebruik vir parkering met die J&B Met.  Ontmoet man en raak verloof.  Besluit om die Weermag vaarwel toe te roep – was in elk geval net op ‘n kontrak basis aangestel en nuwe verwikkelinge in Weermag het nie rosig gelyk nie.

Ek trek toe na Vredendal, want verloofde sou later daar sy pa se besigheid oorneem.  Ongelukkig is albei sy ouers oorlede en kon hy nie vinnig genoeg die besigheid oorneem nie, so ek is maar terug Kaap toe.  Ons koop ‘n huis in Brackenfell.  Klein huisie met heerlike groot lapa.  Baie goeie vriende daar en heerlike kuiers daar deurgewerk.  Ek verlang sommer na die aande wat dit buite reën en ons sommer ‘n vleisie braai in die lapa…….. Later dalk meer oor al die vriende wat nog daar is. 

Intussen getroud en manlief kry toe ‘n bevorderingspos in Naboomspruit.  Hoog swanger trek ons toe hierheen.  Weereens WARM. 

Nou-ja 5 jaar later en dogtertjie ryker is ons nog steeds hier.  My ouers het so 2 jaar terug ook hierheen getrek en ‘n stukkie grond gekoop en my pa woeker maar met groente in die nethuise en sitrusbome.

As ek vandag die Lotto wen sal ek:  Eerstens op vakansie gaan, wil graag Griekeland toe gaan en tweedens vir my ‘n tuiste skep in die Kaap…………………

Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Waar ek al oral gebly het………”

  1. marat Says:

    As ek die Lotto (gewese Lotto) kon wen, sou ek vir ‘n maand deur SA trek, al die klein paadjies ry en orals kuier.

  2. Fairydust Says:

    Sjoe maar jy het omtrent rondgetrek! Moet lekker wees, al die nuwe mense, nuwe omgewing! Ek wil graag Switserland, Milaan, Parys, Rio de Janeiro, ag, daar is so baie plekke, toe gaan.

  3. Chantieo1 Says:

    Hallo daar!
    Ek het ook redelik baie rondgetrek. Ermelo, Pretoria, Warmbad, Nylstroom, weer Ermelo, nou Nelspruit.
    My skoonouers bly daar naby jou in Nylstroom. Baie stil ou plekkie. Regte boeregemeenskap nog.
    Lekker dag

  4. Eben Says:

    Soos Marat sê (gewese Lotto) sal ek eerste my vrou Switserland toe neem dat sy genoem kry van koue, dannnnn neem ek die pad Afrika in. Wil al die lande besoek van hier tot in lyn met die ewenaar. Rond ry, kyk en beleef, terug kom …. miskien iets doen waar ek daardie miljoene kan vermeerder.

    Lekker dag!!

    Eben

  5. Idetrorce Says:

    very interesting, but I don’t agree with you
    Idetrorce


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: