Ekke het seer…………..

Vandag is ‘n moeilike dag vir my. My oom is gister oorlede.

Oom Willie en Tannie Rika het hier by my ouers kom kuier vir die naweek. Rusige naweek gehad, lekker gekuier.

Sondag oggend is my ouers na Spif – die hoender plekkie.   Oom Willie het altyd ‘n vreeslike bestelling van bure en vriende van Pretoria gehad om te koop.  Spif is werklik baie gewild by hulle. 

Verder is hier ‘n omie wat hout verkoop teen BAIE billike pryse.  My pa en oom Willie was besig om die hout in die bakkie te laai.  Hulle was net klaar, toe kap oom Willie om – DOOD.

Die dokter sê dit is ‘n moewiese hartaanval gewees.  Hy is nou maar 52 jaar oud.

Wat vir my baie hartseer is van die hele ding, is dat hulle so paar jaar terug hul 21 jarige seun aan die dood moes afstaan – motorongeluk.  Net ‘n jaar daarna het tannie Rika borskanker gehad.  Sy is intussen darem gesond en ‘skoon’ en nou dit.

My hart breek vir tannie Rika en die 2 seuns wat nog oor is.  Klein Willie is laasjaar getroud, hulle bly in ‘n woonstel by tannie Rika-hulle en Jaco is nou eers in St 9.

Aan die ander kant dink ek dat hierdie gesin BAIE spesiaal vir die Here is, omdat Hy so baie oor hul pad bring.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Ekke het seer…………..”

  1. Eben Says:

    Hi RB,

    Ek is vreeslik jammer om van jou groot verlies te verneem. Baie baie sterkte vir julle en mag julle vertroosting vind by ons Almagtig Vader.

    Sterkte

    Eben

  2. marat Says:

    Jammer om te hoor. Sterkte vir julle en die familie. Die enigste troos wat ek kan offer: hy is nou in ‘n beter plek en sal nooit weer seer hê nie.

  3. kokkewiet Says:

    My simpatie met jule verlies! Baie sterkte vir julle!

  4. Roer Says:

    Sterkte daar rb!

  5. Jo-Ann Schou Says:

    Sterkte! Sondag is dit ‘n jaar wat my ma weg is en ek is al twee weke tranerig…..🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: