Naweek amper hier

Dit is weereens maandeinde. Alles is dol en deurmekaar. My afdelingshoof kan nie lekker die stress hanteer nie (sê ek) en gaan sit liewer en kyk hoe die trokke kunsmis op en aflaai en ek moet ALLES doen.  Sy verskoning, hy maak seker hulle doen dit reg, MAAR die res van die maand moet hulle maar self opsnork.

More, is die begrafnis, so ek het verlof gevat om Pretoria toe te kan gaan. 

Wil nou kyk of ons sommer vir die naweek by vriende kan kuier, maar ek is veronderstel om Sondag kinderkerk aan te bied, so ek moet nou eers kyk of ek dit kan skuif.

Bly om te ‘berig’ dat ek nou amptelik 6kg verloor het en nog so 12kg het om te verloor.  Dit gaan maar stadig, maar hopelik hou ek dit dan af.  Hoe gaan dit met al jul gegymmery en gewigsverlies???  Ons moet mekaar maar bietjie ondersteun.

Nou-ja, geniet die naweek.  Jammer ek kom nie so by almal se blogs uit om te lees nie, sal moet plan maak, ek mis al jul nuus en wyshede.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Naweek amper hier”

  1. Fairydust Says:

    Jammer om te hoor van jou verlies…
    Gee sommer vir jou ‘n groot drukkie ((((((((((((hug)))))))))))))))
    Die gewig…eish….sal jou se wanneer dit ‘n getal is wat noemenswaardig is! Geluk met jou 6kg!!!Wow!

  2. marat Says:

    Sterkte vir die begrafnis . . . as dit oor is, is dit sommer beter . . .

  3. Eben Says:

    Sterkte vir môre en soos marat sê as dit eers oor is, dan gaan mens weer aan.

    Geluk met jou 6Kg … Ek moet ook iets doen, maar wat!!! Dissipline!!! Dis wat!!

    Ons gesels weer, en veilig ry en geniet jou naweek in Pretoors-dorp

    Eben

  4. Jaco Says:

    Baie sterkte met die begrafnis. Dit is maar soos werk, jy staan op en jy gaan doen dit omdat dit iets is wat gedoen moet word. En as dit klaar is is dit klaar!

    Baie geluk met jou 6 kg. Jy is een derde daar. My nazi biokenetikus reken na 3 weke op die oefenprogram waarop ek is behoort ek normaal te kan loop, en my eie hare te kan kam.

    Ek wil al ‘n oefenfiets en treadmill doodslaan as ek hulle sien! En ek het nog 40 kg om te gaan!


  5. Sterke met die begrafnis. Mag julle vertroosting in God vind.

  6. Roer Says:

    Hoop jy voel beter. Sterkte met die dieet.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: