Hoekom LIEG jy?

Jammer as dit kras klink, maar daar is vir my ‘n verskil tussen lieg en jok.

Jok is wanneer jy dalk die waarheid so bietjie verdraai ten goede van iemand. Bv. jy sal nie so direk vir my sê my hare lyk sleg nie, verdraai dit dalk so bietjie en ja jy het gejok, maar so mooitjies en my gevoelens gespaar.

Maar LIEG vir my en jy verloor my.  Verstaan jy, jy verloor my en jy maak my bitterlik seer en ek sal NOOIT weer behoorlik na jou luister of empatie of simpatie met jou hê nie.

As ek vir jou vra hoe gaan dit, sê ons almal altyd, goed dankie, ja ek weet ons almal jok maar daaroor.  Maar as ek weet jy is besig om jou gat finansieël te sien en ek vra hoe gaan dit, soek ek ‘n opregte antwoord, want ek wil probeer help, al koop ek net vir jou ‘n brood.  Jou kind vertel my julle moet alles verkoop vir kos in die huis, maar hoekom hou jy jou 2 yskaste wat dan nou kamma LEEG is.  Hoekom hou jy jou skottelgoedwasser, 2 mikrogolfoonde, 2 TV’s, en die lys gaan aan?????

Ek verstaan nie.  Jou plot is op veiling, jy kry nie jou prys nie, maar jy verkoop jou kratte, jou trekker, jou gif,  jou graaf, ens.  Hoe de donner wil jy dan verder boer???  As ek vir jou ander kind vra, hoekom jy dit verkoop is die antwoord – ag my pa sal weer ander koop!  Ek dog dan jy het nie kos in jou huis nie??????????????

Ek verstaan nie hoe gaan speel jy golf elke Saterdag nie, want daar is dan nie kos in jou kaste nie, maar daar is ‘n botteltjie onder jou bakkie se sitplek, in jou golfsak, in jou gumboots wat jy nou skielik dra ‘vir die plaas’???  Wat van kos in jou kaste vir jou vrou??  Dan wil jou kind vir my vertel, haar man ‘sponsor’ jou golf dae?  Hulle self het dan nie geld nie, want die wins op die vorige oes wat jy aan haar moes betaal het jy nie!!!  Asook nie ‘n paar maande se salarisse wat sy soos ‘n arbeider op jou plaas MOES werk nie!!!!!

HOEKOM LIEG JY????  Laat dit jou beter voel???  Het jy enigsins ‘n gewete???

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Hoekom LIEG jy?”

  1. kokkewiet Says:

    Ek voel net soos jy. So iemand sal nooit vir jou die waarheid vertel nie. Ek is self nou in so situasie, maar ek sal nie sommer sê hoe sleg dit gaan nie – ek besnoei maar net nog meer.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: