My d@nerse suster

Ja sommer nog een vir die dag. Ek is sommer nou hoogs befoeterd hier waar ek sit. My hart klop hier in my nek en ek voel nou baie na aan ‘n hartaanval van kwaadgeit.

Dit is vandag my suster (2 jaar ouer as ek) se verjaarsdag. Almal dink altyd ek is die oudste, en dit irriteer haar nog meer, yippee!!!!!!!!  Ek en sy het NOG NOOIT oor die weg gekom nie. Nie op skool nie en ook nie toe ek in die Kaap gebly het en sy in die Laeveld nie. Ek dink nie ek WIL ooit met haar oor die weg kom nie, want ek wil nie met haar geassosieer word nie. EK IS NIE SOOS SY NIE.

Kom ek begin sommer hier in die middel, sal dalk ander dag die ander vertel.

Haar man het so 2 jaar terug weggeloop. Haai shame, sal jy dalk sê, maar shame se gat. Vir hoe lank MOET sy en haar seuntjies nou die arme victims bly??? Vir hoe lank moet ek my kind slaan en mee raas omdat haar donnerse seuntjies op die mure skryf, die honde seermaak, ens. ens. ens.  Dit is net eenvoudig NOOIT haar seuntjies nie, maar ALTYD my dogtertjie wat stout is.  Botter kan nie in hul monde smelt nie, maar o donner wag tot hulle iets wil hê dan gryp hulle, ken nie van Asseblief en Dankie nie.  As hulle iets wil hê moet jy gee, en moenie probeer om vir hulle maniere te leer nie, want shame sy is ‘n enkel ouer wat by my ouers PLAK.

Ja, sy het ‘n werk en huis gehad in die Laeveld.  Ja, my ouers het tot vir haar ‘n voertuig gegee, maar toe bedank sy en kom SIT OP HAAR GAT by my ouers.  Nou werk sy darem weer, maar o wee, sy betaal nie ‘n sent huur nie, nie ‘n sent se kos word deur haar gekoop nie, maar sy kan demand wat op die spyskaart moet wees, veral as sy mense nooi vir die naweek!!!!!!!.  My kind mag nie ‘n joghurt uit die yskas uit vat nie, want wat moet haar arme bloedjies dan nou eet????

Nou-ja sy verjaar vandag.  Intussen het sy ‘n kêrel ontmoet, wat redelik geld het, sy eie besigheid, amper 40 en ongetroud.  Sy het kinders.  Arme Mnr Kêrel, voel die seuns is bietjie rof vir hom.  So wat doen liewe suster?  Om elke hoek en draai moet my ouers maar babysitting doen, sodat sy en Mnr Kêrel iewers heen kan gaan.  Het my ouers ‘n keuse????  Nee nie eintlik nie, want shame arme suster!!!!!!!!

Nou-ja, vanaand is hulle oppad Spur toe.  Hier is nou die stukkie wat my nou eers vies maak.  Sy verjaar, sy en Mnr Kêrel gaan Spur toe, maar wag vir dit………………………..  en wie gaan saam……..  die mense wat vir Mnr Kêrel werk gaan saam!!!  Nie Mamma en Pappa en seuntjies nie.  NEE, Mamma en Pappa moet WEEREENS vir seuntjies oppas vanaand.

So, ek is jammer as die inskrywing jou ontstel.  Ek is ok maar net mens.  Met my ander suster en boetie kom ek baie goed oor die weg.  Maar o wee hierdie suster dryf my teen die mure uit. 

Bloed is dikker as water!!  Ek twyfel in hierdie geval baie oor daardie stelling.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

8 Kommentaar op “My d@nerse suster”

  1. Jaco Says:

    So heeltemal onbewustelik krap jy 2 van my grootste “pet hates” oop.
    Eerstens mense wat nie genoeg rugraat of trots het om iets vir hulleself te doen nie. Al is dit net om bietjie in en om die huis te help in ruil vir jou kos en blyplek. Ek het simpatie met jou, my jonger broer het dieselfde neigings – hy lê nou op my suster se nek omdat ek hom hier nie sal toelaat nie.

    Tweedens mense wat net kinders het omdat hulle kan, maar dan daai verantwoordelikheid op ander afskuif ter wille van hulle eie plesier. Dit vermink daai kinders sielkundig heeltemal. En ons wat sukkel om kinders te hê moet droebek sit en kyk.

  2. Eben Says:

    Soe RB …. dis rof. Ek is geneig om met Jaco saam te stem, maar moenie te hard op haar wees nie. Ek druk my miskien ook verkeerd uit, maar ons almal is anderste geskape. Dink net hoe vervelig sou die wereld nie gewees het as ons almal dieselfde was.

    Ek is geen sielkundige nog minder met kinders, maar kinders soos wat jy beskryf het probleme. En jy weet dit, want jy noem dit. Daar is probleme en dit begin by jou suster. Daardie kinders kry nie aandag/Liefde nie. Dis hoekom hulle gryp en alles verobber, want hulle is bang daar is nie weer.

    Het jy nooit oorweeg om hulle alleen na jou te laat kom? Gesels diep met hulle, vertel hulle dat jy hulle ook lief het. Dat hulle nie moet baklei met hulle niggie.

    Het die kinders nie te kort aan Liefde en opregte aandag. Ai ai ai dis so onnodig dat daar twis is.

    RB … gaan lees bietjie op my blog, ek het daar iets geskrywe gister ….. onder Krummels … miskien beteken dit vir jou iets. Hou jou kant net skoon, en wees die mindere (ek hoor hoe sê jou binneste …. se moer ….) Soms is dit moeilik, maar probeer net in die geval. Onthou bloed is dikker …..

    Jaco …. julle sal julle beurt kry tov kinders. Vergeet dit vir eers, los dit in die hande van Onse Vader, julle sal verras wees. Ek het eendag die woorde by iemand gehoor, toe ek so moedeloos was “…. vra die Liewe Here vir raad/werk/kinders/versoening en as jy dit dadelik wil hê sal hy dit vir jou gee, maar as jy dit ordenklik wil hê, laat Hy dit op Sy tyd vir jou voorsien. Al neem dit hoelank, Hy sal jou nooit in die steek laat”

    Sterkte RB

    Eben

  3. jomana Says:

    Hi almal.
    Dankie vir die kommentaar, jammer as my inskrywing kras is en sommiges ontstel. Eben ek stem saam, daar is probleme, maar ek kan boeke vol daaroor skryf. My ouers stem saam daar is probleme – maar voel hulle kan nie inmeng nie. Ongelukkig kan ek nie werklik met hulle praat nie, want die oudste is nou in Gr 1 en die ander een is nou eers 4. Ek word ook beskou as die ‘evil sister’ – so ek dink nie sy sal hulle na my laat kom nie, want ek rand hulle dalk aan.
    Jaco ek stem saam met jou en het gisteraand dieselfde vir my man gesê: Sy wou die kinders hê, sy was nie gedwing om kinders te kry nie, dalk uit jaloesie, want sien ek is eerste getroud en sy ‘moes’ dalk eerste kinders kry. Ek was skaars 6 maande swanger, toe is sy ook weer swanger.
    So kan ek aangaan met stories vanaf skooldae.
    Eben, ek voel net ek moet ALTYD die minste wees. Sy is een van daai mense wat net eenvoudig niks verkeerd doen nie. Ek was dan al hoeka verbied om na my ouers se huis te gaan as sy daar is, totdat ons, ons probleme kan uitsort???

  4. marat Says:

    RB, daar si geen manier waarop ek my kind sal straf vir iets wat ‘n ander gedoen het nie. Al is die kinders se omstandighede nie na wense nie, moet hulle nog steeds geleer word wat reg en verkeerd is. Verkeerd BLY verkeerd maak nie saak wat die omstandighede is nie. Wetter hom!

  5. Paula Says:

    Miskien sal dit help as jy en jou ouers (en dalk die ander suster en broer) met haar sit en gesels oor die probleme?

  6. lanaba Says:

    My 19jarige sussie bly by my,sy het pas begin werk en woon nou al n maand by my,en glo my as ek sê partydae wil ek haar vermoor,sy is so toekop en nog baie dom oor die dinge van die lewe….sy het n wil van haar eie,sy is hardegat en ek waag dit nie eens om n getwis met haar aan te knoop nie,want sy is dangerous as sy kwaad is….ek wens net ek kon tot haar deurdring….sy glo sy weet beter en sy is slimmer as die wereld….

    Ai ai ai

    Lekker dag.

  7. kokkewiet Says:

    Sjoe RB, wat kan ek sê! Ek kan wel sê dat sy nie die feit dat sy n enkelouer is as verskoning gebruik nie. Sy kan nog steeds haar kinders dissipline leer en verantwoordelikheid aanvaar.

    Dit is moeilik om n enkelouer te wees – ek weet want ek is ook een, maar jou ouers sal een of ander tyd hulle voete moet neersit en haar aansê om haar kant te bring as sy daar wil bly.

    Jy sê dat haar kêrel voel die seuns is te rof vir hom – wat gaan gebeur as hulle ernstig raak, gaan sy die kinders dan permanent by jou ouers los. Jou ouers het hulle beurt gehad om kinders groot te maak en sy kan nou haar eie grootmaak!

    Jammer dat ek so aangaan, maar dit maak my baie moerig as mens enkelouerskap voorhou vir hulle probleme.

  8. Roer Says:

    Sterkte rb. Wie van ons het nie fidamilie issues nie? Dink ook miskien moet julle ‘n kodesa hou tussen jou ouers en die kinders, maar dit moet met die regte gemoed geskiet anders gaan julle mekaar net sleg se^ en dis nie ‘n oplossing nie (alhoewel dis makliker gese^ as gedaan!). Hang in there mate!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: