Die somer is hier en ek word armer

Jaaaa, ok die somer is nog nie werklik hier nie, maar die afgelope week het dit al warm geword. Ekke hou nie van die hitte nie. Ekke hou nie van sweet nie!!!!!!!!!!

Ok, die somer is dan nie hier nie, maar die lente dan. In die Noorde is dit net so erg soos die somer self. Al wat mooi is vir my van hierdie tyd van die jaar is dat al die blommetjie mooi bot – gladnie goed vir die gesin se sinusse nie, manlief reeds in die bed vir 2 dae, ekke oppad bed toe sommer vir ‘n hele maand soos ek nou voel en doggie wat ook vir my sê: Mamma, ek voel nie lekker nie!

Verder is almal sommer net meer opgeruimd en lus vir werk – nie ekke op hierdie stadium nie.

Ek het vanoggend besef, ek is besig om armer te word, elke jaar, elke maand en sommer elke dag.

So paar jaar terug sou ons gereeld gaan uiteet het, sommer maar net, omdat ons kon en omdat ons wou. Lekker eet: Wyntjie, voor-, hoof- en nagereg. Later jare het ons net so 1 keer per maand probeer uiteet, weereens lekker met al die trimmings. Deesdae, so die afgelope jaar, doen ons dit net op spesiale geleenthede soos verjaarsdae of huweliksherdenkings. Andersins sal ons dalk net vinnig by ‘n Spur inspring vir ‘n ietsie kleins en ‘n koeldrank, wat alklaar ‘n paar rand beloop.

Nou hoekom het dit so verander, my salaris het dan amper verdubbel in die afgelope 3 jaar? Kom ons kyk gou na feite?!
• Laasjaar het ek net 6% verhoging gekry, maar ek moes my bediende wat net 2 keer per week inkom, 8% gee.
• Hierdie jaar het ek darem 7% verhoging gekry en die bediende laat gaan, want nog ‘n 8% het ek nie
• Met hoeveel % het die brandstof en kos – niks fancy nie, net brood en melk en vleis – opgegaan?
• Met hoeveel % het die water en krag opgegaan? Ons spaar werklik, niks ekstra ligte in die aand aan nie al bly ons langs ‘n veld aan die einde van die dorp, net die nodige. My pa kla juis dit is te donker by ons huis in die aande!!!
• Met hoeveel & het rente op enige lenings en kredietkaarte opgegaan?
• Ek sny en kleur nie meer my hare so gereeld soos altyd nie, probeer nog so maand langer loop. My ma sny doggie se hare en manlief sin – so daar is geen EKSTRA uitgawes nie?
• Doggie groei darem nie so vinnig nie, so ek koop nie elke seisoen ‘n hele nuwe klerekas nie. Ook nie vir myself nie. Ek dra nou nog klere en truie wat ek op skool gedra het so 15 jaar terug!
• Ons was in Feb 2006 laas op vakansie Kaap toe

So waar is my geld dan heen???

Hoop jou inkomste en uitgawes klop darem nog!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

7 Kommentaar op “Die somer is hier en ek word armer”

  1. marat Says:

    Nee, dis nie ‘n lieg nie, dit gebeur werklik! Ek voel dit ook aan my gatsak. Dis hoekom ons nou maar so 2/3 keer per jaar klein wegbreekies naby die huis doen as om vir langer verder weg te gaan . . . eish, en die petrol . . .😉

  2. Eben Says:

    Dankie vir jou nuwe posting, amper gedink die boere hou jou tebesig daar in die Noorde.

    Dis waar, alles gaan op, en om een simpel voorbeeld te noem, neem maar jou inkopie lys van hierdie maand, al het jy wat gekoop, bere dit en vergelyk dit met volgend maand. Al is dit 5c dis al daardie klein 5c(te) wat jy bymekaar moet tel om te weet waar jou geld heen gaan.

    Goed(!!) ek weet mens werk hard en wil jouself bietjie bederf, en dis reg so. Maar soms dink ek, kom ons vat bv …. ons kom vanaand by julle braai, dan koop ek vir my goeie whisky (bv) Jack D of J&B of wat ook al, koop ‘n lekker groot steak …. vir Marilee goeie wyne ens ens … dan kos daardie goed my nie naasby wat ek sou betaal het as ons sou uiteet. Maar soos ek gesê het, mens werk ook, en soms is dit oom tyd om jouself te bederf.

    Lekker dag

    Eben

  3. kokkewiet Says:

    Ja dis so waar, ek voel dit ook baie duidelik veral as ek inagneem dat ek geen verhoging gekry het nie. Eish!!!!!!

  4. Jo-Ann Schou Says:

    Uiteet? Wat is dit? Nie met die Engelsman nie. Dit is halwe maand se kosgeld in sy kanon in. Ek mis dit nogal. Met die Irish Coffee agterna. Glo my, ek het al baie opgegee, soos rook, en niks wil klop nie. Wat my hard ruk, is my medies (moet self sorg). En daar is net nooit meer fondse oor na Feb nie.

    Ek kyk ander dag na my eerste IRP5 – ek verdien nou in ‘n maand twee maal wat ek toe in ‘n jaar verdien het en dit is net bietjie meer as twee dekades terug. Maar toe was ek geskei, het ‘n bediende gehad, het klererekeninge gehad EN het gespaar. Goed, ek het nie ‘n motor gehad nie, maar ek het ‘n klein fortuin aan grimering en haarprodukte bestee.

    Ek wens my terug in daardie eenvoudige dae in.

  5. Dellie Says:

    Skuus, Rb, ek val net gou hier in! Sal later as ek meer tyd het kom opvang hier by jou!

    Stuur vir my asb ‘n e-mail met die inligting oor waarin jy belangstel. Daar is ‘n e-mail link by my profile op my blog. Dan vat ons dit daarvandaan?

    Lekker bly!

  6. Roer Says:

    Ek werk volgens ‘n budget, maar dis altyd daai klein onverwagse goedjies wat my vang, maar daar is elke aand kos op die tafel en Kersfees is daar geskenkies. Dis maar die lewe jong. Hy is duur!😉

  7. platterfuss Says:

    Eish! Is ‘n lelike ding daai geld ding…. Seriaaaas!!!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: