Ek en my Kunsmis omies

Nou ja, deel van my werk is om die ADMIN van die kunsmis afdeling te doen. Ek werk by ‘n transport maatskappy en doen die admin vir die Tegniese en Logistieke afdeling en partykeer voel dit ek moet net nog my afdelingshoof se dinges afvee, dan doen ek seker alles vir hom.

Die transport maatskappy het nou ‘n stoor vir kunsmis op dieselfde yard ook. Gelukkig doen ons nie kontanverkope nie, want dan sou ek seker nog met die geld ook moes werk. Nou werk ek net met papiere.

Die saak staan so: Hierdie kunsmis plek is oorgekoop en het omtrent 90% van sy personeel ge’retrench’. Dus die wat oorbly werk hulle dood. Hulle kantore het ook verskuif van 1 dorp na 2 ander dorpe. So jy dink nog vandag jy praat met Pietie in Potch, more moet jy met Sannie praat in Durban, ens. Jy faks vandag goed vir Kosie in Fourways, more moet jy dieselfde goed vir Tienie faks in Randburg. So gaan dit nou al aan vanaf Desember. Elke maand omtrent ‘n nuwe ‘Stock Controller’.

Nou lyk my is daar iemand in die pos, so ek werk nou met 1 omie in Durban.  Die omie het Dinsdag kom voorraadopname doen.  (Ek het nie eintlik geweet Stocktake is deel van my admin pligte nie, maar moet dit elke keer doen en dit vat die HELE dag).

Watter chaos!!  Die omie het my al baie irriteer oor die foon en ek het hom sommer baie nie teruggebel nie.  En tot my verbasing is hy toe eintlik baie sweet.  Hy verduidelik mooi vir my hoe alles moet werk en lyk – ek het nog nooit opleiding of inligting gekry hoe ek eintlik te werk moet gaan nie.  Die omie het die wêreld se geduld.  Hy voel daar is nie iemand wat behoorlik ‘Stock Control’ doen nie – gelukkig volgens hom nie eintlik my werk nie.

Die ander kunsmis agente het ek al ontmoet van die omgewing.  Party is maar baie bombasties oor die foon, maar as ek voorraad soek, bel ek hom en more laai die trok af – nie eers sy werk nie.

Dus:  mense klink anders oor die foon en mens maak jou eie prentjie, maar eintlik as jy eers die persoon ontmoet verander daai prentjie sommer baie gou.

Jammer, omie kunsmis van Durban, as ek voorheen ongemanierd opgetree het.  Ek het sommer baie respek vir jou gekry.  Dankie dat JY bereid is om my te help en geduld met my het.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Ek en my Kunsmis omies”

  1. kokkewiet Says:

    Dis baie waar, ek het ook al baiekeer die ‘verkeerde’ prentjie van iemand in my kop gevorm nadat ek met haar/hom oor die telefoon gepraat het, tot ek haar/hom ontmoet het.

  2. Eben Says:

    Ek wil aansluit by Kokkewiet deur wat nog mooier van jou is, dat jy ook jou foute herken.

    Ek weet nie hoe oud jy is maar doen al die werkies, want weet jy wat, niemand kan dit wegneem van jou. Jy tel ondervinding op en as jy eendag moet skiet vir ‘n ander werk, en al die pligte is op jou CV, wel dan is jy die girl.

    Ek het ook al nie eenkeer my dinges gesien met mense stemme, maar nou ja, so leer ons maar

    Lekker dag en soet wees

  3. boendoe Says:

    Hello! Ek het nou vanaand vir die eerste keer jou blog van hoek tot kant gelees, en dit verskriklik geniet! Ek sal graag weer kom, as ek mag?!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: