K53 en Flikkerligte

Eerstens wil ek net vir almal dankie sê wat hier inloer. Jammer dat ek nie so gereeld by almal inloer nie! Ons het Finansiële Jaareinde by die werk en my aankoper/stoorman is op verlof – so ek hardloop bietjie.

Ons het ook nou die dag die opdrag gekry dat ons gladnie meer op die internet mag wees vir privaat doeleindes nie, so ek moet nou na-ure iewers tydjie maak vir blog lees en skryf.

By vandag se storie:

Vraag 1: Hoekom het ‘n kar flikkerligte?

Antwoord: Sodat almal rondom jou kan sien as jy van plan is om te draai, dink ek, enige ander antwoorde??

Vraag 2? Hoekom gebruik mense nie die blerrie goed nie????

Antwoord: Ek weet nie

Ek het my lisensie die eerste keer geslaag met die ‘nuwe’ K53 so 13 jaar terug. Iets wat ek daar geleer het wat nogal baie logies is vir my as blond was die gebruik van flikkerligte. Ok, ek is nou nie jou eerste klas bestuurder nie, maak ook maar foutjies, stop nie behoorlik by stopstrate as daar NIEMAND in sig is nie, ens.  Maar 1 ding wat ek doen is om my flikkerligte te gebruik!!!

Kyk ek het geleer, jy kyk eers rond as jy wil draai, dan SIT JY EERSTE JOU FLIKKERLIG AAN en dan trap jy rem.

Nou hier is die probleem:  MOENIE NET REM TRAP NIE!!!!  Hoekom trap jy rem??  Is daar ‘n ongeluk, iemand wat oor die pad hardloop, ‘n slang in die pad, WWWWAAAATTT? 

Dalk gebeur dit nie so baie in die stad nie, maar DAAGLIKS kom ek dit tee in hierdie ouetehuis dorpie van ons.  Iemand ry voor jou en skielik trap hulle rem.  Ek kyk rond na waar die gevaar is en dan draai die persoon doodluister net in ‘n ander straat in en sit die flikkerlig aan so in die draai. 

Ek dink partykeer weet die mense nie lekker van ongelukke en gevaar van karre agter jou nie, wat as my remme nou nie so lekker is nie en ek sommer links of regs om jou probeer jaag en jy dan nou eintlik daaikantoe draai???

Ek weet verkeer in die stad is BAIE anders as verkeer in die platteland, en ek moet sê ek verkies die verkeer in die stad 100 maal eerder.

Laastens, weet iemand dalk van Buter se babatjie – daar is geen vars nuus op haar blog nie?

Ek het weer Maandag begin oefen na so 2 weke se siekte en slegtegeit.

Lekker week verder

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “K53 en Flikkerligte”

  1. boendoe Says:

    Jippie! I’m the fist to comment! Butter se baba is Maandag gebore, 2.89kg, gesond en wel. Gaan kyk die pics by antjiesomers. Baie oulik.

  2. Dellie Says:

    Gelukkig hoef ek nie elke dag traffic te trotseer nie. Bly om te hoor dit gaan beter met jou!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: