Dis heerlike lente…

Yeah, right. Ek hou nie van hitte nie.  Ek ho net van die mooi blommetjies en alles lyk sommer vars.  Lente beteken ook dat ons reën naby is.  Kom Kapenaars blaas dit bietjie noorde toe nou!!

Vandag is offisieel Lentedag. Dit is seker die eerste keer, wat ek kan onthou, dat dit nie koud of reën op Lentedag nie. Dit is sommer besonder warm vandag hier in Limpopo – seker oor daar nie ‘n Lentedag of iets by die skool is nie!!

My dogtertjie het Maandag Lentedag en hulle gaan piekniek hou – groot opgewondenheid vir die klomp kleintjies.  Elke mamma moet ook ietsie skool toe stuur, ek moet viennas stuur, so ek wonder wat die kinders alles gaan doen en eet??!!

Ek onthou altyd my Lentedae op skool.  Jy wou altyd mooi aantrek, blommetjies of iets vroliks.  My ma het meeste van die tyd vir ons klere gemaak.  Ek was altyd vol planne en bestellings.  Een jaar was sy nog besig om my romp te maak toe die krag afgaan.  Sy het wakker gebly en gewag tot die krag aangaan en my romp klaar gemaak.  Dankie Ma!!

Ons mag nie eers in die hoërskool langbroeke dra nie en nog minder denims na enige siviele dag by die skool.  Laasjaar sien ek van die hoërskool kinders hierrond het sommer denim shorts en baie uitlokkende klere aan vir hul Lentedag.  Snaaks hoe die tye verander – dalk word ek nou oud??

Nou-ja, geniet jou Lente en die naderende somer!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Dis heerlike lente…”

  1. boendoe Says:

    Hi, hoe laat jy my verlang! Ek het so 15 jaar in Pietersburg gebly, en dit was die beste jare van my lewe. Snaaks, ek is nie daar gebore nie, maar daai plek is waar my hart tuis voel. (Limpopo)

    Ek dog dis net ek wat in so verkrampte skool was?! Geen langbroeke, jeans was baie “suspect”, geen dansery! Ek dink tye het verbeter. Die ou garde het mens darem komplekse oor baie goed gegee, heeltemal onodig!

  2. Eben Says:

    Boendoe Brits was in my jare nog erger. Gie gie …. ons is sommer pause geskei van die meisies. Ek het die Hoof baie keer gesmeek dat ek my sou in hou, maar hy wou nooit toelaat … wonder hoekom ….?

    Jaaa RB, ek dink ons word oud!! Sommer stok oud!!

  3. Roer Says:

    Die komende Vrydag word daar lentefees gehou by my seuntjie se skool en die weerman voorspel weer koue en reen in die kaap. Die arme kinders! Hulle gaan bietjie vries. Blommetjies op die kop en al. Lente moet in die Kaap eers in November gevier word se^ ek jou.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: