Bors reduksie operasie

Ek oorweeg dit om so ‘n operasie te laat doen.

Gelukkig of ongelukkig kan ek nie sommer net by die dokter instap en sê, luister doen dit, en agterna die rekening betaal nie. My man is in die Weermag, so ek moet eers deur hul keuring gaan en dan moet hulle eers besluit of dit nodig is – om mediese redes, ens.  Die staat het mos nie geld om te mors nie.

So, ja ek wag nou om te hoor vir die keurings proses.  Maar ai, ek is nou half bang en opgewonde daaroor!  Moet ek nou, of moet ek nie?  Die Here het my so gemaak, so MAG ek daaraan karring of nie?  Gaan dit nie lelik wees nie?  Gaan dit werk, ek het al so baie van sulke tipe operasies gehoor wat onsuksesvol was en dan is die vrou spyt, maar ek het ook van net so baie sukses verhale gehoor.

Help, wat dink jy?  Ken jy dalk iemand wat dit laat doen het of het jy dit dalk self laat doen? Is hulleof jy, gelukkig en tevrede daarna, of spyt?

Moet ek of moet ek nie???

Explore posts in the same categories: Uncategorized

10 Kommentaar op “Bors reduksie operasie”

  1. boendoe Says:

    Kyk, ek is nie ‘n dokter liefhebber nie, maar die pestilensies se opleiding was damn goed! Ek dink die kanse vir ‘n floppie is baaaaie skraal.

    Ek sou dit ook doen as ek kon. (En dis nie eens ‘n mediese probleem vir my nie!) So, my beskeie mening, gryp dit met albei hande aan as hulle jou die kans bied. Ek kan my net indink dat dit jou lewe HEELTEMAL kan verander. En moenie eers verder stress nie. Dis nie erger as babatjies kry nie! Ek hou duim vas. Laat weet, hoor!

  2. marat Says:

    As jy seker is dis regtig nodig en jou man stem saam, waag dan die kans . . .

  3. Dellie Says:

    My suster het dit laat doen, want sy het regtig rugprobleme ontwikkel omdat haar borste so swaar was. Dis al jare later, en sy was nog nie ‘n oomblik spyt daaroor nie.

    Ek wens weer ek het bietjie meer gehad bolangs, en die ergste is, sodra ek begin gewig verloor, verdwyn my tieties ook! Maar Liefie sê meer as ‘n handvol is mors, so ek het dit maar so aanvaar.

    Sterkte met jou besluit, as JY reg is daarvoor, go for it!

  4. platterfuss Says:

    Ek dink Liewe Jesus sou nie die tegnologie so laat ontwikkel het as ons nie mag so iets gedoen het nie?

    En ek praat nou nie van skape clone en die dinge nie!

    EN jy moet goed oor jouself voel! GO FOR IT!!!

  5. Roer Says:

    Liewe Jesus het ook nie my hare hierdie kleur gemaak wat dit nou is nie of my tande so reguit gemaak soos wat hulle vandag lyk nie, maar hy het dokters en tandartse en haarkappers ens gemaak. Jy kry die prentjie! Indien dit jou beter gaan laat voel, HOEKOM NIE?!

  6. Been there done that Says:

    Ek het dit laat doen, en was nog NOOOOOIT spyt. Mense wat ni sukkel met groot borste, weet nie waarvan hul praat as hul jou afraai nie. Sterkte!

  7. Della Says:

    Ek is ‘n 27 jarige ma van ‘n pragtige 3 maande oue baba dogtertjie en na haar geboorte het ek nog erger begin sukkel met my oorgroot borste, ek wil net weet by van die mense wat al vir die operasies gegaan het, hoe het dit jou lewe na die tyd verander en was dit enigsins seer gewees want ek oorweeg dit sterk maar ek is effens bang?

  8. Rencia Says:

    Wel ek het op 25/05/2009 gegaan vir ‘n ondersoek om my borste kleiner te maak.En gelukkig het ek ‘n wonderlike man in my lewe en ons is nou eers 5maande saam ek ken hom al biejie meer as 3jaar en hy staan 100% agter my.Het hom gese ek het nie geld om dit te laat doen nie en hy was so gaaf om vir my te se dink jy ek het nie geld nie.Hy het net gese my lief ek wil he jy moet gelukkig wees en goed voel oor jou self en as kleiner borste jou gelukkig maak dan is ek gelukkig.So nou moet ek maandag 01/06/2009 die dokter bel en ‘n afspraak maak om myne te laat doen.Kan nie meer wag nie is bietjie bang maar dink dit is die moeite werd.Go for it girl!!!

  9. ralda Says:

    ek wil dit ook graag laat doen maar wat is die koste daaraan verbonde??

  10. heleen Says:

    ek raak depressief en huilerig. Ek kry vreeslike rugpyne en vreeslike hoofpyne. Ek het ook groot borste wat ek wil kleiner laat maak.
    Ek kan nie eers by mooi klere winkels instap nie dan begin ek vreeslik skepties raak oor my borste ‘ja hoekom moet hulle nou so groot wees” of enige ander iets maar iets wat negatief is. Ek het al tot n vreeslike mooi bloes van my afgeskeur, niks wil mooi en reg sit nie.


Lewer kommentaar op Roer Kanselleer antwoord