Bloed trek

Ek moes Woensdag my dogtertjie vat om te laat bloed trek vir allergie toetse.

Kom ons begin by die begin: Soos reeds genoem is ons Weermag pasiente, so ek kan nie sommer net Dr toe gaan en sê ek dit of dat is fout met my of my kind nie. Ek moet die Suster gaan sien wat by die Siekeboeg is. Daar is 2:  blank en nie-blank.

Die blanke Suster, maak my moedeloos verby. As sy nie dink jy is siek genoeg nie, dan jammer, sy gee ook net so bietjie medisyne en jy moet gewoonlik mar weer terug vir ‘n volgende sarsie. Sy is ook nie altyd baie vriendelik nie, so ek probeer so min as moontlik soontoe gaan, want ek pla dalk.

Die nie-blanke Suster, help weer graag. Ek het haar al ‘n paar keer na-ure gaan haal en kliniek toe gevat om my te help. Sy is altyd vriendelik en gee medisyne in oorvloed. Vra nie teveel vrae nie en sal jou sommer afboek as jy dink jy het rus nodig.

Ongelukkig weet ek nie altyd watter Suster is aan diens nie.  Nou-ja, my dogtertjie het al so paar keer siek geword.  Die 1 sê gewoonlik Mangels en die ander 1 sê Sinus.

So besluit die nie-blanke Suster toe dat ons dalk haar mangels moet uithaal. Sy skryf die verwysing en maak die afspraak. So moet ek toe nou ‘n dag verlof insit om Pietersburg toe te gaan om die Spesialis te sien.

Met die intrapslag by die Dr kyk hy my so snaaks aan, ondersoek my dogtertjie en wil sommer weet of sy allergies is vir iets.  My antwoord- Nee, sy het al veltoetse laat doen en dit was negatief.  Volgens hom is haar mangels klein en nie nodig om nou daaraan te karring nie.  Moet sê hy was nogal baie kwaai toe hy agterkom dat daar vog agter haar ore is en dit haar gehoor beinvloed.  Hy lê klem op die feit dat daar iewers anders ‘n probleem is.  Doen toe sommer ‘n toets op haar ore, en vat my sommer aan omdat ons nog nie agtergekom het daar is fout met haar gehoor nie.  Wat ‘n skok vir my!!!  Ek noem toe dat kinders mos maar kinders is en dat ek gedink het sy is soms stout omdat sy nie hoor nie – moet sê haar boude het al gebrand omdat sy nie hoor nie, nou moet ek hoor daar is fout met haar gehoor!!!

Hy skryf toe sy verslag en sê aan my dat daar bloedtoetse gedoen moet word om te kyk vir allergie, sy moet ‘n neussproei kry en dan wil hy haar oor ‘n maand weer sien en dan besluit of hy dan grommets gaan insit.

Maandagoggend eerste ding is ek by die kliniek met die verslag – gelukkig die nie-blanke Suster.  Sy lees die verslag, ek vertel wat die Dr sê.  Sy sal dit oordra aan die blanke Suster en dan sal hulle my laat weet.  En so wag ek………………….

Dinsdag bel ek die siekeboeg en vra nou wat nou – die blanke Suster:  O sy het gesien die Dr vra bloedtoetse, maar sy gaan dit nie trek nie, net nou maak sy haar seer en boesem vrees in.  NOU WAT NOU, o nee ek moet maar by die plaaslike Dr’s se Suster hoor of sy sou bereid wees om dit te doen.  Gelukkig sê Amelia toe sy sal probeer.

Woensdag kry ek toe die vorm, verslag, buisies, naald, ens. om na Amelia te gaan.  Nou noem ek weer dat die Dr haar oor ‘n maand wil sien en dat hy sê sy moet ‘n neussproei kry – hierdie keer die blanke Suster en sy sit met die verslag in haar hand.  O nee, hy sê niks van dit in sy verslag nie.  Sy krap in die kas en gee toe vir my ‘n neussproei. Ek na gaan na Amelia.  Sy is eers erg op haar senuwees, gelukkig kry sy toe maklik ‘n aar, trek sommer vinnig die bloed – ek dink sy was BAIE verlig en om nie eers van my te praat nie, want anders moet ek Potgietersrus toe na die Patoloë = dag se verlof net om te kyk of my kind allergies is, omdat die blerrie Weermag Suster nie bereid is om die bloed te trek nie.

Dogtertjie by die skool, mamma by die werk en ek wonder wanneer ek die neussproei moet toedien.  Maak oop en lees die voubiljet – hou buite bereik van kinders.  Dosis en gebruiksaanwysings – Volwassenes en kinders ouer as 12………..  Het ek dalk vergeet om te noem my dogtertjie is 5, VYG, 5, VYF.  Nou hoe de donner moet ek die goed vir haar gee, SY IS VYF!!!!!!!!!!!!

Nou hier het ek dit verloor – besluit ek sal nou maar net rustig asem haal en hopelik sal pappa more iets aan die saak kan doen.  Toe nie, die bitch moet maar weer gaan skree en vloek en kla!!!!!!!!!!

Donderdag – vandag bel ek, ja EKKE bel weer die siekeboeg.  Die nie-blanke Suster sê dat die bloeduitslae nog nie daar is nie en dat sy my sal skakel – sy vat my nommer.  Ek noem dat ek baie ongelukkig is want die neussproei is nie reg nie.  Sy doen moeite en sal een soek.  Sy het my sopas teruggeskakel met die nuus dat sy ‘n neussproei het en ek bied aan om dit vanaand by haar huis te kry.  Sy sal more kyk vir die uitslae anders sal sy die patoloë skakel vir die uitslae en dan sal sy my dadelik laat weet.

Is ek nou mal of stupid om so op hol te raak oor die hele storie?  Is ek nou nie nie lekker nie omdat ek nou sommer die Kolonel in Pietersburg wil skakel en wil kla oor die siekeboeg se swak diens?

Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Bloed trek”

  1. boendoe Says:

    Dit klink darem of die blanke suster reg was met die sinusprobleem? Ek stel voor jy skryf ‘n brief of e-mail en stuur dit aan die mense in charge. Dan kan hulle dit nie ignoreer nie. En as hulle jou wel ignoreer, kan jy hulle WEER aanvat en terugverwys nou jou vorige skrywe. Ek is ook ‘n suster (al werk ek nie nou nie!) en die diens wat jy gekry het klink nie professioneel nie. Maak werk daarvan, se ek!

  2. Dellie Says:

    Ek stem saam met Boendoe, maak werk daarvan! Ek sou slange gevang het.

  3. Sonneblom Says:

    Hi daar,

    Eerste keer wat ek hier kom loer. As daar nou een ding is wat my gathare goed kan krap is dit swak diens. Jy is geregtig op goeie diens, en dring aan daarop. Gaan kla by die presedent as jy moet, maar moenie swak diens aanvaar nie. Veral nie as dit by jou kinders kom nie.

    Groete

    Sonneblom

  4. Eben Says:

    Daardie mense in die staat werk vir ons, ons betaal hulle salarisse. Ek sou verseker mal geraak het. Sy is daar om jou te bedien en dis haar werk.

    Ek gooi klip in die bos … gebeur dit nie soms dat die nie-blanke suster/verpleeg personeel meer hulpvaardig is as die blankes? Ek onthou soos gister toe my mammie verlede jaar ‘n operasie ondergaan het, het sy genoem die en die suster as dit stil raak in die saal in die aande sal sy kom sit en vra “… oumiesies nie ietsie vir jou nie” Bid jou aan!!

    Maar dan weer is dit so dat my liewe vriendin Boendoe ook kan getuig dat jy mense kry wat die wereld soms moeilik maak vir die susters/verpleeg personeel … vandaar die ongeduld wat hulle soms openbaar en mens hulle verkeerd vertold.

  5. Roer Says:

    Bel! Hoe durf die vrou se^ sy sal dit nie doen nie. Bel rb, bel!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: