Bloed trek nr 2

Hi daar

Net verslag doen oor die verdere verwikkelinge.

Ek het die nie-blanke Suster gisteraand toe by haar huis gekry – vir die ander neussproei. By my huis lees ek toe weer die voubiljet en raai wat – hierdie is toe nou ‘n ASMA POMPIE.

Ag ek is sommer nou KEEEEEELLLLLLLLLVVVVVVVVVOOOOOOOOOLLLLLLLLL.

Die nie-blanke Suster noem toe aan my dat baie mense oor die ander suster kla en dat sy baie ongeskik is met selfs die mense wat daar werk.  Daar is een siviele dame, wat my al baie gehelp het, wat glo gereeld in trane is!!! 

Die Suster sal my sommer op my selfoon kontak sodra hulle die uitslae het.Die plaaslike Drs se Suster – Amelia – het my nou net gekontak.  Sy het die uitslae van die bloed gekry en raai wat…………

DAAR WYS GEEN ALLERGIE NIE!!!!

Nou waarheen nou?  Dit is goeie nuus ek weet en dankie daarvoor, maar waar kom die swart kringe vandaan?  Die vog agter die ore?  Waarheen nou om antwoorde te kry?  Watter toetse nou?  Wie gaan nou help???????

Ek het nou sommer die Dr in Pietersburg geskakel – hy het reeds geloop en ek kan hom eers Dinsdag in die hande kry.  Sy ontvangsdame het reeds die uitslae en sy sal sommer my dogtertjie se leêr uithaal en op sy tafel sit vir Dinsdag.  Is dit nou nie goeie diens nie??

So ek weet van een dogtertjie wat baie bly gaan wees dat sy maar sweeties en roomys in millions kan eet en ek weet van een mamma wat nou die langnaweek rêrig nodig het.

Geniet jou naweek.  As jy iewers op die pad is, ry asb versigtig!!!!!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Bloed trek nr 2”

  1. Eben Says:

    Hallooooo dis goeie nuus, maar nou ja ek hou duime vas dat alles sal goed uitdraai en dat klein sus nie ernstig is!!

    Dis jammer as ek so lees, dat die mense in die weermag/staat dikwels met die ingevoerde produkte sit vanaf Kuba. Maar wat kan ons maak. Ongelukkig is dit ook so dat ek baie betaal vir my medies en dat ek aanspraak maak vir die beste diens wat beskikbaar is. Dis een ding wat ek nooit meer top nie, en dis my medies. Ek neem die top opsie uit en hoewel baie betaal wil ek nie hoor van inbetaal ens ens .. Ek kan dit eenvoudig nie bekostig as Steyn of Marilee siek word en ek sit in Mozambique en hulle moet swaarkry.

    Maar hi … lekker naweek ook en soet wees en ook aan jou as jy reis, wees waaksaam en versigtig. Onthou bestuur vir die ander man ook.

    Groete

  2. boendoe Says:

    Sjoe! Asmamedisyne vir die neus! Ek sal versigtig wees vir enigiets wat daai twee sustertjies aan jou opdis. Sterkte, jong. Hoop die dokter kan jou help.

  3. Dellie Says:

    Hoop jy het darem teen die tyd al meer duidelikheid? Sterkte hoor!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: