Ander werk

Ek werk tans by Maatskappy A.

My salaris is in die omgewing van 5. My man het hier ‘n werk, al is hy ook redelik keelvol en op soek na ietsie anders. My dogtertjie is in ‘n goeie kleuterskool.

My kantoor ure is nou van 07:30 tot 16:30, Maandag tot Vrydag en 1 Saterdag ‘n maand van 07:30 tot 12:30.

Ek werk vrou-alleen tussen ‘n klomp mans in die afdeling, daar is ander vrouens in die Admin kantoor. As ek Saterdae werk, loop die ander omtrent 10:00 en dan het ek geen toegang tot ‘n toilet nie en ek is partykeer vrou allen tussen mans waarvan net 2 blank is.

 Ek was gister vir ‘n onderhoud by Maatskappy B.

Dit is in dieselfde dorp. So dit beteken dat manlief by sy werk kan bly en dogtertjie in haar kleuterskool kan bly.

Die moontlike salaris wat hulle net so vinnig noem is in die omgewing van 6, maar ek moet die volle pensioen deel betaal, waar Maatskappy A nou ‘n gedeelte bydrae.  So ek dink dit sal omtrent op dieselfde uitkom. 

My kantoor ure (as ek die werk kry) sal dan van 07:15 tot 17:00, Maandag tot Vrydag wees en 2 Saterdae ‘n maand van 07:15 tot 13:00.

Nou gister uit die bloute bel iemand van Maatskappy C my – hulle is in Durban.  Die ou is een van die Direkteure en wil weet of ek nie in werk daar sou belangstel nie.  Ek was heel uit die veld geslaan en sê ek sal kyk en my CV stuur.

Ek praat gisteraand met my man, hy kan kyk vir ‘n verplasing daarheen – daar is mos ook Weermag eenhede en hy het ‘n vriend wat sy eie besigheid het wat hom al voorheen werk aangebied het.

Vandag praat ek met iemand anders by Maatskappy C om te hoor of hulle iemand soek en wat die werk behels en die salaris.  Hy sê toe dat dit ‘n assistent vir hom is en dat die salaris in die omgewing van 7 is.  Hy wil toe weet of ek belangstel en ek lag net.

Dadelik bel hy my toe terug en sê dat as ek belangstel sal hy kyk of hy dit selfs vir in die omgewing van 8 kan druk.

Ag nou is my kop sommer deurmekaar.  Verplasings in die Weermag vat lank.  Behuising, Kleuterskool, ens. ens. ens.

Is ek nou sommer stupid om net daaraan te wil dink???

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Ander werk”

  1. marat Says:

    Nee, vat die kans! Toemaar, ek speel net. Julle sal moet opweeg tussen wat julle nou het en naby ouma en oupa is, en wat julle kan hê met die nuwe salaris, nuwe werk, nuwe vriende. Werk die pro’s en cons uit en maak dan die sommetjies. Sterkte.

  2. Dellie Says:

    Dis ‘n moeilike besluit, maar ek dink Marat is reg.

    O ja, daai liewe groentee…hehe, ek gooi so bietjie kunsmatige versoeter daarby, anders kan ek dit ook nie inkry nie! Ek het ene gekoop met mint by, dis nogal nie te bad nie. Maar ek dink as Maandag kom, het ek niks verloor nie! Verlede week was rampspoedig…

  3. boendoe Says:

    Dis groot besluite om te neem, en ek moet se, ek beny jou nie. Dis vir my moeilik om wortels op te trek. Sterkte!

  4. Eben Says:

    Dis moeilik, maar as ek in jou skoene was, was my besluit klaar geneem. Ek sou gegaan het …. MAAR(!!!)

    Ek was/is ook so in ‘n blik gedruk gewees. Ek besluit bitter vinnig en top nie, maar soos my eie besluit tans, sit en waar ek sit met ‘n moontlikheid dat die firma sy kantoor gaan toe maak in Moz. So dit werk op ‘n mens.

    My raad aan jou is gaan sit letterlik en skrywe op papier wat is julle voordele en wat is julle nadele. Doen dit ook met die moontlike opsie in Durbs. Dan sien jy wat is voordelig wat nie. Wat is die lewens koste waar julle nou is, en wat is dit in Durbs. Sou dit wees dat julle gelyk breek, dan bly jy net daar, waar jy is en jou ondersteunings groep om jou.

    Sterkte met jou besluit en oorweeg baie baie noukeurig, en maak dit ‘n gebedsaak, jy sal verbaas wees watter tekens kom na vore, positief of negatief.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: