Ander werk 2

Ek was nou net vir ‘n 2e onderhoud by maatskappy B.

Hulle het vir my die werk aangebied met ‘n salaris van R6. Ek moet Donderdag laat weet of ek dit wil vat of nie en kan dan Maandag hier bedank.

Ek dink ek moet nou maar mooi sit en dink wat die voor- en nadele van alles is en dan besluit.  Al wat nou vir my erg is van die nuwe werk, is die ure:  Ma-Vr 07:15 – 17:00 as alles goed gaan, anders bietjie later, 2 Sa ‘n maand 07:15 – 13:00. 

As ek nou uitwerk wat ek nou per uur kry en dit maal met daai ure, kry ek dan eintlik bietjie meer uit as nou.  So aan die geld kant lyk dit goed.

Die pos behels die admin van die hele depot, maar ook in ‘n mate die 2IB vir die depot.  As die baas nie daar is nie, moet ek besluite neem en opdragte gee.  Ek sal onder begin, in die winkel, dan die diesel kantoor en dan eers ‘my’ kantoor.  Op die ou end sal ek ALLES in die hele depot weet en kan doen.

Hulle stuur jou ook op opleiding.  Van die opleiding is verpligtend vir die eerste keer en dan kan ek daarna besluit of ek weer wil gaan en van die opleiding is elke jaar aanvullend.

Die baas van hierdie depot noem ook dat dit goed is om by ‘n klein depot te begin, want later kan jy oorgaan na groter depot’s – so daar is ‘n toekoms!!??

Help asb hierdie blond dink en bid om die regte besluit te neem!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Ander werk 2”

  1. boendoe Says:

    Nee, daai blond sal self moet besluit! 😀 Ek weet wat ek sou gedoen het. Ek was nooit baie beroepsgedryf nie, wou meer tyd by die kinders he. En ek is ook nie goed met balle in die lug hou nie! Maar ek dink jy weet, diep binne, wat jy wil doen? Sterkte, in elk geval!

  2. Dellie Says:

    Ek dink jy het eintlik klaar besluit…doen dit nou net!

  3. marat Says:

    Pro’s en cons, sussa! Skryf hulle neer en werk hulle uit . . .

  4. Eben Says:

    Voer jou besluit uit, en GO vir dit, watter kant toe. Onthou by ‘n klein Depot leer jy alles van die bedryf. Eendag as jy moet skuif, kan jy alles doen, en ja, wie weet, miskien kan jy jou eie ding doen eendag, of die Baas maak ‘n ander Depot oop, en stel jou in beheer waar jy tans is.

    Maar nie te min, sterkte met jou besluit

  5. Gatta Patta Says:

    Sterkte bid maar daaroor….

  6. Fairydust Says:

    ‘n Change is as good as a holiday!!
    Sterkte!


Lewer kommentaar op Dellie Kanselleer antwoord