Ander werk 3

Ja, en so bedank ek toe Maandag by Maatskappy A.

My afdelingshoof is glad nie impress met my nie en so kortaf en mislik as kan kom. Die res van die mense sê net dat ek eerlik moet wees oor hoekom ek bedank het.

Die Bestuurder roep my in en wil weet wat my redes is, en ek bly maar net wegskarm. Wil net op goeie voet hier wegkom.

Wel, baie het al vanaf Maandag gebeur. Die bottom line is: Die Bestuurder het my weer ingeroep en ‘n ander pos aangebied nadat hy wou weet wat al die probleme in die afdeling en ook die kunsmis gedeelte is, aangesien daar ‘n moewiese tekort op die kunsmis wys en hulle dit nou moet inbetaal. Hy wil nou graag alles reg probeer maak vir die volgende persoon.

Die ander pos, is meer geld as wat Maatskappy B my sou bied en ek werk nou direk onder die Bestuurder, maar eintlik op my eie. So ek is nou in ‘beheer’ van my salaris – hoe beter die afdeling hardloop, hoe beter salaris, ens. Half en half fleksi ure – moet hier wees as die trokke op- en aflaai, maar kan die trokke boek soos dit my pas. Kry my eie kantoor sonder hierdie stoorman wat oor alles kla.

Ongelukkig het my huidige afdelingshoof ‘n winsdeling in die kunsmis gedeelte gekry en nou word hy sommer net daar weggevat en geen winsdeling vir hom meer nie – so jy kan die sarkasme en opmerkings wat nou teenoor my gemaak word nie glo nie!!!

Nadat ek die Bestuurder gesien het en hy my die pos aangebied het en ons nou eers mooi oor alles gepraat het, wou my afdelingshoof sommer so uit die bloute weet of ek nou sy gat gaan toesteek het en of ek hom nou vir sexual harassment aangekla het? Ek wil net graag weet: Waar kom hy daaraan, of voel hy skuldig????

Nou-ja, hierdie week is ook so te sê daarmee heen. Gelukkig werk ek nie die naweek nie, so ek kan maar lekker rus en my stoor begin beplan.

Geniet jou naweek.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Ander werk 3”

  1. Dellie Says:

    Sjoe, dramas né! Maar baie sterkte jong, recharge nou die naweek dan is jy Maandag reg vir die ding!

  2. feetjieland Says:

    Bly alles het vir jou uitgewerk, jy moes die ou sommer laat skrik het en gese het ja!
    Die buffel!

    Lekker naweek!

  3. platterfuss Says:

    (((((((((((((((((((((huggles)))))))))))))))))))))

    En MOENIE laat hulle trap nie…… Jy verdien beter!

    En… sterkte!!!

    E

  4. boendoe Says:

    Nee, genade, daar is nou ‘n man met ‘n skuldige gewete!

  5. Eben Says:

    Dis moeilik om te lees mens kry nog sulke mense. Jy weet mens besef nie altyd dat die mense onder jou, jou maak of breek. Hoekom so optree. Nee wat, iewers steek daardie persoon iets weg, of skuldige gewete.

    Ek wens jou ALLE sukses toe vir jou nuwe uitdaging.

  6. Tersia Says:

    Baie voorspoed en sukses met die nuwe besluite! Vasbyt – nerens staan daar die lewe is maklik nie….
    Liefies


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: