Ander werk 4

Ai, wens ek kan nou ‘n ander onderwerp kry om met julle te deel, maar op die oomblik raak hierdie een eintlik histeries snaaks.

Maatskappy A, waar ek nou bly in ‘n ander pos, sukkel nou om iemand in my plek te kry. Hulle wil nie adverteer nie, maar eerder iemand ‘headhunt’ en ‘n offer maak. So ek moet maar vasbyt totdat hulle iemand identifiseer. Vasbyt, menende ek moet aanhou met hierdie werk terwyl ek ook van 1 November die nuwe werk moet begin doen, totdat hulle iemand hier kan aanstel.

Nou, gister kry ek ‘n oproep van Maatskappy D….  Hulle het nou Maandag ‘n bedanking gekry en het gehoor dat ek bedank het en hulle wil vir my die pos aanbied.  Ook ‘n redelik ‘belangrike’ pos, ens. ens. ens.

So ja, dit raak nou lekker interessant.

Intussen net ‘n vinnige update oor my dogtertjie.  Sy gaan nou 1 November vir mangels, adenoids en grommets.  Gelukkig het my nuwe baas klaar my verlof vir dan goedgekeur, so ons sal maar net hoop alles is rustig daardie dag aan hierdie kant.

Lekker week vir jou verder. 

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Ander werk 4”

  1. feetjieland Says:

    Sterkte met jou dogtertjie!! Jy moet bevoorreg voel dat daar soveel geleenthede op jou pad kom! Baie mense werkloos…:( , en dan ook trots voel, want dit wys jou net hoe goed is jy in wat jy doen!

  2. Dellie Says:

    Heit, dit lyk my jy kan nou pick en choose vir die beste werk! Gelukkige mens!

    Sterkte met jou doggie, hoor!

  3. boendoe Says:

    My gevoel exactly! Jy moet goed in jou werk wees as so baie mense na jou vry!

  4. Johan Swarts Says:

    hehehe

    nou kan ek nie help om te wonder wat jy doen nie…

  5. boendoe Says:

    Sterkte met die sieke more!

  6. platterfuss Says:

    Sterkte met die mangels en dinge….

    Eish! MOENIE van ‘nuwe’ werk praat nieeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!

    Ek het slapelose nagte…. 😦


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: