Ek leef nog……

Ai, wat ‘n week.

Hier het darem nou ‘n nuwe dametjie begin, so ek moet so tussen alles deur opleiding gee. My nuwe kantoor is na ‘n week nog nie klaar nie. Net om ‘n muur toe te bou, aircon in te sit, plafon in te sit – het nou net langer as ‘n week gevat.  Die rekenaar ou kom eers Maandag my netwerk kabels lê, so dan behoort ek weer aan die gang te kan wees.

Intussen moet ek stocktake doen en opleiding gee.  Ek kry die nuwe dametjie ok ma lekker jammer.  Hierdie manne is op stukke en so vol dinge!!!!!!!!

My dogtertjie was toe gister in.  Ek mag toe nie naby die teater kom nie.  Sy was omtrent ‘n uur en ‘n half weg.  Toe die narkotiseur uitkom sê hy so ewe:  ‘Alles is reg, niks probleme, sy huil nou bietjie maar dit is goed dan weet hulle sy haal asem.’  My fok, waar sê jy vir ‘n ma haar kind huil, ek was amper histeries!!!!!!!!!!!!!

Eers nadat sy toe nou by is, bring hulle haar vir my.  Sy was nog lekker deurmekaar van die narkose, en het baie seer, maar darem heel oraait.  Sy het natuurlik gister omtrent die hele dag omgeslaap.  Vanoggend wil sy na Oupa toe, want sy wil van Oupa se koffie drink, die koffie by die huis gee haar glo wurms in die maag.  So sy speel heeldag by Oupa vandag en het Weetbix vanoggend gehad, Sout en Asyn chips en haar jelly.

My boetjiekie verjaar more:  ‘n Volle, o vrek, hoe oud nou weer, hy is in 1985 gebore….o ja 22.  Laasjaar het ons heerlik by Swadini gekamp vir die 21st!

Baie geluk boetie, hoop jy ry veilig en dat ons darem so bietjie kan kuier!!!!!!!! 

Boetie bly in Hoedspruit, verloofde in Komatipoort en ons in Naboomspruit.  So more na werk (in Acornhoek) moet hy die rondte van Vader Cloete doen en dan weer Sondag terug.

Lekker naweek vir julle, sal probeer om bietjie by al die blogs uit te kom!!!!!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Ek leef nog……”

  1. Roer Says:

    Ai tog. Hoop jy het vir jou poppie gese^ sy’s braaf. Arme dingetjie. Narkose maak my altyd baie naar. Sterkte by die werk.

  2. Dellie Says:

    Sjoe, jy moet darem so af en toe opkom vir asem ook, hoor! Darem bly alles het goed afgeloop met jou doggie.

    Sterkte vir die week wat voorlê.

  3. feetjieland Says:

    Sterkte met die werk..en bederf die poplap maar ‘n bietjie. Dis aaklig as hulle huil en jy mag nie ingaan nie, dis mos maar ma-wees om haar self te wil vertroos.

  4. Dellie Says:

    Dis al weer ‘n week later. Waar is jy? Werk jy jou dood? Ag, ek wou maar net sê dat ek jou mis!😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: