Hier’s ek weer……..

Ai die tyd gaan ook so vinnig verby. My voornemens met die blog was om darem elke dag ietsie hier te doen, maar ai, ek dink nog dit was ‘n week terug dan is dit al baie langer dat ek laas hier was.

Het sogenaamde vriende jou al so vies gemaak dat jy hulle sommer wil vermoor of met die kar wil omry en more gaan alles nou weer sommer voor die wind??? Op die oomblik voel ek nogal so.

Sien manlief het so ‘n golf prysie gewen om vir ‘n naweek na ‘n wildsplaas te gaan, seker nie ver nie, dit is so 40km uit die dorp en so 18km nie te mooi grondpad. Nou moes ons al ‘n vorige keer die datum skuif, aangesien van die mede golfers nie daai naweek kon maak nie. Nou is daar op hierdie naweek besluit en alles loop mooi.

Nou kyk die span bestaan uit 4 spelers. Die prys is vir hulle en gades/partners/whatevers en ons kan die kinders ook saamvat sonder enige ekstra kostes. Dit is self catering, waarmee ek gladnie ‘n probleem het nie. Een van die spelers is ‘n ouerige omie en hy besluit toe dat hy maar liewer sy kaartjie vir ‘n mede werker sal gee – sien manlief het vir die werk se span gespeel, so die speel was ook verniet!!

Nou kan die mede werker nie gaan nie, en hy pass die kaartjie aan na mede werker 2 wat vroulik en geskei is en veronderstel is om my vriendin te wees. Sy is ongelukkig die naweek aan diens en kan eers Saterdag middag uitkom, aangesien daar nie selfoon opvangs is nie en haar trokkies verlore sal wees sonder haar.

Ek hoor toe in die week dat ek moet kunsmis laai en ek smeek die agent om die trok Vrydag hier te hê, eers is dit nie moontlik nie, en netnou bel hy my om te sê die trok sal net so na 3 hier wees. Yippeeeee, dan hoef ek nie more in te kom nie.

Intussen het vriendin besluit ek moet ‘n trok laai ook more – en nou hoor ek, ek moet hom eers aflaai en dan kan ek hom eers laai. Weet jy hoe lank vat dit om 34 ton af te laai met die hand in 50kg sakke en dan weer te moet laai? So my Saterdag oggend spandeer ek nou maar WEER by die werk. Toe ek nou mooi vra of die trok nie kan wag tot Maandag nie is die antwoord so ewe dat ek dit maar met die agent moet opneem as sy kunsmis laat gaan wees want sy gaan dan die trok na ‘n boer stuur vir ‘n markvrag en my kunsmis gaan maar staan tot later volgende week.

Is dit nou nie so aspris as kan kom nie???? Nou moet ek vanmiddag laat werk, uitry na die wildsplaas, more oggend alleen terugkom en weer more middag uitry? O- ek het dalk vergeet om te noem dat sy met ‘n maatskappy voertuig en diesel ry en ek met my eie!!!!!!!!!!

Maar ek gaan my nou nie daaraan steur nie en besluit dat daar dalk maar ‘n doel daarmee is, al wil die Here net vir my geduld leer, sal ek dit maar so aanvaar.

Geniet jou naweek en week wat voorlê. Ek sal probeer om Maandag te vertel en hopelik foto’s te kan wys van die ou plekkie.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Hier’s ek weer……..”

  1. feetjieland Says:

    Jong…ek kry die idee sy wil jou nie daar he nie. Gaan manlief daar wees sonder jou…en die geskeide vrou, wat jou probeer wegkry daar, is ook daar…ek wil nie opstook nie, maar klink vir my maar “fishy”.


  2. Hoop jy voel al beter🙂

  3. boendoe Says:

    Haai! Jy is terug! Mooi, man!
    Hoe het jou naweek toe afgeloop? So iets sou my geduld te veel beproef het, ek raak sommer gou moedeloos as ek gekortwiek word. Jy is darem nog positiewerig daaroor!

    En is jou baby nou gesond na die operasie?

  4. Dellie Says:

    Ja nee, ek dink daai girl was beslis sommer aspris! Ek hoop die naweek het toe darem OK uitgedraai? En waars die foto’s? Moet nou nie weer dat ons twee weke wag nie, hoor!😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: