Afskeid vir die jaar

Ja, dit is weer sulke tyd – afskeid van die jaar en partytjies.

Maandag was my dogtertjie se ballet afskeid. Sy was nie baie impress nie, want die tannie het net vir elkeen ‘n pakkie chips, ‘n koeldrank en suigstokkie gegee. Dit is mos nie ‘n partytjie nie?? Maar sy het darem ‘n sertifikaat gekry en is baie trots daarop.

Woensdag was haar Monkeynastix afsluiting.  Mamma en pappa kon kom kyk hoe hulle spring en rol ens.  Ongelukkig lui mamma se foon en dit is oom-baas van Durban en ek moet nou eers na hom luister terwyl ek so loer.  Ongelukkig die eerste item gemis, want pappa was bietjie laat.  Gelukkig het sy ‘n medalje, sertifikaat en vorderingsverslag gekry.

Vanaand – Donderdag – is die Kleuterskool se afskeid.  Ongelukkig nie ‘n formele konsert nie.  Elke klas gaan blykbaar net ‘n item lewer en dan kom Kersvader!!!  Mamma moes natuurlik R 65 gee vir hierdie persentjie wat sy geen idee het wat dit is nie??!!  Mamma moet ook nog ‘n bordjie eetgoed saamvat.

Pappa het vandag die AO’s se afskeid – potjiekos – so ek hoop hy is betyds vir vanaand.  Hy het laasjaar se konsert gemis, aangesien hy moes uitgaan op ‘n recovery wat nie eers sy werk is nie!!!

Einde van die maand is my kantoor afskeid partytjie.  Ons gaan almal vir die naweek Rhemardo toe – warmbron hier naby.  Laasjaar was dit nogal lekker, so ons sal maar sien hoe dit gaan.

Ek is te bang om die krismis feeling te kry, want dit is vir my gekoppel aan geld en EK IS BROKE!!  Pappa wil hê ons moet vir Nuwejaar Bloemfontein toe gaan dan kom (nare) swaer en sy swanger vroutjie soontoe en ons kuier by hulle tannie-hulle.  Moet nog my atitude adjust oor hierdie ding, maar sal maar MOET gaan.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

4 Kommentaar op “Afskeid vir die jaar”

  1. Dellie Says:

    Wel as jy hier lees, het jy seker die afskeidsfunksies tot dusver oorleef! Toemaar jong, ek is ook maar broke oor kerstyd, gelukkig is daar nie meer klein kindertjies in ons familie nie. Hierdie jaar is my skoonouers se 50ste huweliksherdenking, en dit kos ons klomp kinders ‘n aardige bedraggie vir hulle funksie. Dis maar ons geskenkies vir mekaar hierdie jaar! Ten minste sal ons die 22ste almal bymekaar wees, maar Sondag moet ons weer huistoe, want Liefie werk weer Maandag.

    Hoop jy het ‘n lekker week!

  2. platterfuss Says:

    Is ‘n anderster tyd van die jaar……

    I just don’t like Christmas ‘season’…… Hehe! En een van die redes is die gebrek aan geld!! 😛

  3. Roer Says:

    GeseEnde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar. Moenie stress nie!


Lewer kommentaar