Ek is ‘n SUPERBITCH

Ek kon toe die naweek nie foto’s neem nie, batterye pap – story of my life!!

Die plaas is baie mooi. Dit is so rustig en geen selfoon opvangs of radio of TV nie. Die eienaar – Tony Athanasaides (kan nie van spel nie) – sê dat dit nie ‘n lodge is nie, maar net ‘for family and friends’.  Ek moet natuurlik noem – hierdie familie is ‘friends’ met onse eie Charlize Theron en ek moes die volgende week hoor dat ek moonylik in ‘n bed geslaap het waar sy ook moontlik geslaap het.  So what, sy poep ook!!  Daar was juis in ons plaaslike koerantjie ‘n foto van Charlize en Tony se kinders terwyl hulle nou almal onlangs in Namibie en Botswana saam vakansie gehou het.

Die plaas het baie wild op, kameelperde, zebra’s, koedoe’s, ens en alles is so mak, jy ry sommer so naby aan hulle verby.  Sondag het Tony ons na die ander plaas gevat wat elektries omhein is met dieselfde wild en sy buffels, seekoeie en renosters!

Die oornag ‘plekkie’ het ‘n mooi klip lapa, kleinerige kombuisie en sitkamer aanmekaar en dan 2 slaapkamers onder met 4 enkel beddens elk.  Die een kamer het sy eie badkamer met stort en dan ‘n groot badkamer met 2 storte en toilette.  Die bo-vertrek het mooi room kleur matte (so sag) en houtvloer en 16 enkel beddens en 2 dubbel beddens.

Nou hier is waar my bitchgeit uitkom.  Die prysie was vir die 4 golfers en hul gades.  Ek het met Tony gereël dat die kinders kan saamgaan, ons het nie nodig om ekstra te betaal nie, maar ons moet net nie iets breek of die matte bemors nie.  Hoe sou jy nou optree as die kinders heerlik op en af trippel met koeldrank en kos en sommer vir mamma en pappa roep om die beetslaai en rooi koeldrank boontoe te bring?  Dan is ek nou maar bitch en raas en noem baie duidelik en mooi dat hulle nie daar bo moet eet of drink nie, WIE MOET DIT SKOONMAAK??????

Ek het dit amper verloor. 

Teen die einde van die naweek was ek ‘n wrak en kon net nie wag dat ons kan huistoe gaan nie.  Van die kinders huil, ek sweer, elke 5 minute.  Dan val hulle van die beddens af, want hulle spring daarop, of hulle wil koeldrank hê, maar weet nie eintlik watter nie of hulle SKREE.  Of hulle hardloop op daai houtvloer totdat dit voel of hulle deur die vloer val.  Dan moet ek nou maar weer verduidelik, WIE GAAN DIT REGMAAK?!

Die kinders gaan ‘swem’ in die storte – een van die pappas se idees, sodat hy net bietjie rustig kan sit.  Die glasdeure word heeltyd oop en toe gemaak, wanneer breek dit en wie gaan dit regmaak?? Die plaas is so 45km uit die dorp en ons Dokters hou nie van huisbesoek nie.

Ek is sommer weer moeg as ek net aan die naweek dink.  Ek sou definitief weer soontoe wou gaan en net wou rus, soos wat ek oorspronklik gedink het die naweek sou wees – RUSTIG.  Ongelukkig het Tony die plaas verkoop vir, ag so ou klein bedraggie:  R 44 miljoen!

Nou-ja hier is ons alweer by Donderdag en ek het weer vragte vir Saterdag, so ek moet WEER kom werk!!

Hoop jy geniet jou naweek!

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Ek is ‘n SUPERBITCH”

  1. boendoe Says:

    😀 Ken daai feeling! Mens voel jy het die week nodig om te rus na so naweek.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: