Ietsie van als

Die naweek se afskeid by Rhemardo was heel lekker. Ek het Vrydagaand bietjie uit my kassie geklim, kyk ek is baie prim and propper en ek het maar net bietjie lekker gekuier, soos die werksmense my nie ken nie. Niks om oor skaam te wees nie ek dink net hulle was bietjie verbaas….

My dogtertjie het na die mangel operasie ‘n erge infeksie gekry, maar dit is darem nou weer verby.  Haar grommets het alklaar uitgeval, nog nie eers ‘n maand in nie, nou wonder ek of dit ooit die moeite werd was.  Die Suster by die kliniek het haar maar weer terug op allergie medisyne aangesien die kringe onder haar oë nog nie weg is nie.

My eerste maand in die nuwe pos is verby.  Dit het nou nie heeltemal gegaan soos ek woud nie, maar dit is omstandighede buite my beheer gewees – as daar nie trokke in Durban is nie, dan is daar nie!!!  Hooop dit sal darem in die nuwe jaar beter gaan.

My kerspersente vir almal is so te sê klaar gekoop, ek moet nog net vir my dogtertjie iets kry en vir my sussie se seuns.  Nou moet ek so ewe gisteraand by my ‘liefste’ suster hoor, dat sy net vir die kinders gaan koop, want sy het nie geld nie!!!!!  Ek gooi sommer haar persent in die asblik en koop niks vir die seuns nie.  Ek kry nie nou bonus nie en het maar deur die jaar geldjies afgeknyp om nou ietsie vir almal te kan koop, dit is nou nie juis ‘n huis nie, maar net ietsie.

Ons gaan nie meer Bloemfontein toe vir Nuwejaar nie.  Liewe swaer wat so agter my gesit het dat alles net van my verlof afhang, kon toe op die einde self nie verlof kry nie.  So ek vat maar nog steeds die 8 dae verlof en sal maar by die huis bly of dalk by my boetie ‘n draai maak in Witrivier.  Hy het intussen van Hoedspruit daarheen getrek en werk nou by ‘n ander tak van die eienaar. 

Ek hoop net dat my man en swaer mooi verstaan dat as ek nou verlof vat – wat ek broodnodig het – ek nie weer maklik in die jaar verlof gaan kry nie, want ek het mos gehad al het ek 20 dae verlof beskikbaar.  Dit is maar ‘n tameletjie om in hierdie plek verlof te kry.  Ek sal dalk eers weer in Junie of Julie ‘n week of twee kan vat.

Gelukkig is die baas nie hier vandag nie, so ek hoef nie vreeslik besig te lyk nie.  Ek moes dalk ietsie gebring het om te doen????

Vir almal wat ek dalk nie weer van hoor of raak lees nie – Ek wens jul almal ‘n veilige Kersfees en Nuwejaar toe.  Geniet elke oomblik en weet dat God nooit ver is nie.

Baie liefde

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Ietsie van als”

  1. boendoe Says:

    Is dit nie soms beter om Kersfees by jou eie huis te wees nie? Oral lees ek hoe mense nie eintlik WIL weggaan oor Kerstyd nie, maar half geforseer word om te gaan. Waar julle ook al gaan wees, ek hoop julle het ‘n werklik Geseende Kersfees. X


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: