Einde van die jaar

Ja, en so kom ‘n jaar vol opwinding en baie pyn ook tot ‘n einde.

Hierdie was werklik ‘n jaar wat ek baie moes ervaar, hopelik het ek darem daaruit iets geleer! Baie het ook met my dogtertjie gebeur en ook met my man by die werk.

Volgende jaar is ook weer ‘n rowwe jaar as ek so na almal se beplanning klink.  Wanneer kan ek nou afklim en sê genoeg is genoeg, nou wil ek bietjie rus, nou wil ek bietjie eerste kom en doen en dink wat ek wil, sonder om te wonder of ek iemand te na gaan kom of gaan seer maak.

Op die oomblik is ek moeg om my woorde te tel, maar dit wat ander sê moet ek maar soos ‘n man kan vat.  Ek is moeg om agter jou skoon te maak  of om wit leuentjies te vertel om jou gevoelens te spaar en om konflik te vermy.  Ek  is moeg om vir jou te dink en sommer te doen, want jy wil nie eintlik nie en nou maak jy dit my probleem.  Ek is moeg om bang te wees in my land, bang te wees namens jou, want jy kyk nie na jou kinders in besige winkelsentrums nie.

Ek wil na myself begin kyk, doen waarvan ek hou.  Dalk het ek net bietjie verlof nodig……………..

Gelukkig is ek op verlof vanaf 27 Desember 2007 en weer terug op kantoor op 7 Januarie 2008.  Ek wens werklik dat ek bietjie EK tyd hier kan in-squeeze tussen alles wat gedoen moet word. 

Ek wens almal wat hier lees en vriende en familie en ag ja sommer die vyande ook ‘n Geseënde en bowenal Veilige Kersfees toe hierdie jaar.  Ek wens ook dat 2008 ‘n beter jaar sal wees op geestelike en emosionele vlak.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: