Vakansie verlange

Ja en so moes ek toe ook weer begin werk. Glo my ek was baie bekommerd, want die baas het vir my ingestaan vir die 2 weke en uit vorige ondervinding weet ek dat daar dan gewoonlik een globale gemors is en alles verkeerd gegaan het. Wonder bo wonder was daar geen probleme.

Die eerste dag was ook sommer baie stil en vervelig, eintlik die hele week sover is vervelig.  Ek sit en gaap en weet nie eintlik wat om met myself aan te vang nie.  Ek het nie veel kunsmis in die stoor nie, so daar is nie eintlik trokke nie en dit reën, so ek kan in elk geval nie iets laai nie.

Ja dit reën heerlik.  Laasweek een aand het dit tussen 75mm en 95mm in die dorp en om die dorp gereën.  Daarna ‘n paar warm dae, en vandag is dit sulke regte Kaapse weer, reën heeltyd so saggies en is effe koelerig, HEERLIK!!!

Die vakansie het ons nie veel gedoen nie, net bietjie boontjies gepak by my ouers op die plot, mark toe gery met die boontjies en bietjie gerus.  Ons was vir so paar dae na my broer in Witrivier en watse ramp was dit nou nie eintlik nie. 

Boetie gaan haal sy ‘verloofde’ Vrydag en kom eers 09:00 terug.  Ons gaan eet maar by Spur, want dit reën anders sou ons braai.  Saterdag werk boetie en verloofde gaan saam met ons Riverside Mall toe vir die dag.  Laat ek net noem my boetie is maar LUI.  Nadat verloofde gebad het, het ek eers die bad en wasbak gewas, dit lyk of dit nog nooit gewas is nie.

Verloofde koop ook heerlik op boetie se kredietkaart ‘n hangertjie van R300 en potato choppper van R360.  Ek het amper iets oorgekom, maar durf niks sê nie.

Terug by die woonstel, besluit ons toe om te braai.  Ek het maar naderhand gaan slaap, want dit was koelerig.  Sondag oggend toe ek in die kombuis kom is daar nie eers plek om asem te haal nie.  Ek was toe die skottelgoed en pak bietjie reg.  Boetie en verloofde slaap nog.  Ons gaan speel toe golf en daar is verloofde so orig soos tien, wel sy is nie ver vandaar nie.  Sy ry toe ook sommer oor ‘n arme aangeplante boompie.  Ek dog manlief verloor dit.  Ek neem haar onder hande en verduidelik sy moet haar gedra, hierdie mense is KWAAI op ‘n golfbaan, as jy sommer te hard lag na hul sin, jaag hulle jou weg (ok ek het bietjie oordryf, maar die kind wil nie verstaan nie).

Sy is toe sommer vies en vloek heeltyd en is sommer mislik vir die res van die dag.  O-ja sy moes ook weer terug huistoe.  Dit is toe dat boetie uitvind ons gaan nog nie huistoe nie, maar is van plan om Oujaar by hom te wees.  Tot sy spyt, want hy wil na haar toe gaan. 

Maandag oggend is hy toe al brommend werk toe.  My man en ek maak toe sy woonstel skoon, was vloere, was skottelgoed, gooi asbliksakke uit (ek moes nog swartsakke koop, want daar is nie).  Deur die dag kry ek sulke saaklike SMS’e van hom oor wat ons planne is, ens.  Hoekom kan ons nie maar saam met hom Komatipoort toe gaan nie ens.  Op die einde sê ek toe vir my man dat hy maar liewer moet gaan, want vir sy dikbek is ek nie lus nie.  Nadat ek dit aan hom noem, is hy ‘n heel ander mens, so vriendelik as kan kom.  Ai, die ouderdom!!!!!!!!!!

Nou-ja so sit ons toe heel alleen op oujaar en braai maar ‘n vleisie en los Dinsdag oggend al die skootelgoed net so vir hom.  Ons is toe sommer vroeg weg huistoe en lekker by die huis verder gerus.  Woensdag sien ons weer my ouers en vertel sommer ALLES.  Kyk niemand in die familie hou van die verloofde nie.  Nou ja so het ons haar nou ook eerstehands beleef en glo my ek bid hard elke aand dat daar maar asb ietsie moet gebeur.

My boetie en my pa het ook ‘n vreeslike uitval gehad en hy het my pa vreeslik sleggesê, alles natuurlik van die poppie af, want sien hulle is ‘n regte Tyson familie – sy het al haar sussie se neus gebreek en haar pa gryp haar glo gereeld aan die keel en kap haar kop teen die muur, ens.  Ek is jammer maar dit is nie my tipe mense nie.

Wat moet geberu sal gebeur, ek glo dit, maar ek is net bevrees in watse toestand my boetie emosioneel en finansieel gaan wees as hulle uitmekaar gaan????  Die vriende van hom wat ons nou ook al geruime tyd ken (van hul kleuterskool dae af!) hou ook niks van haar nie, en sê dat sy hom van hulle weghou.

So ek het baie hoop dat daar iets in die jaar moet gebeur. 

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Vakansie verlange”

  1. Dellie Says:

    R360 vir ‘n patato chopper??? Goede griewe, ‘n mes werk net so goed…😆

    Sterkte hoor, maar as hy haar wil hê, gaan julle maar moeilik sy mind verander!

  2. platterfuss Says:

    Eish… dink al wat ek jou kan toewens met die ‘poppie’ is STERKTEEEEEEEE!!! Hehehe!! En BAIE daarvan!!!!

  3. Zee Says:

    Sterkte vir julle, hopelik gaan jou boet so ogies vinnig oop voordat hy dalkies nie meer daar kan uitkom nie.

  4. Roer Says:

    Voorspoedige nuwe jaar rb. Baie sterkte.

  5. boendoe Says:

    Tyson familie! Dis nou oulik!!
    Sterkte, maar ek dink ook nie daar is salf aan te smeer nie. Die arme boet van jou se oge gaan oopgaan as dit te laat is.

  6. Eben Says:

    Ai ai waardeur moet almal gaan voor die ogies oop gaan. Sterkte daar met julle.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: