Hoe lees mens iemand se oë?

Ek is nou nie juis iemand wat op gevoelens werk nie en jy moet ook nie op my gevoel speel nie.  Gee vir my feite en ons bekyk die storie van alkante.

Ek wonder partykeer wat lees mense in my oë!  Kan hulle sien of ek van hulle hou of nie?  Kan hulle sien as ek hartseer of bly is?  Of lees hulle dit dalk net uit my houding uit?  Hoe ‘versluier’ mens jou oë, soos die storieboeke altyd verduidelik?

Ja, ja, ek weet ek is blond, maar ek werk makliker met feite en dan sommer hoe iemand teenoor my optree – nie hoe sy oë lyk nie.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

6 Kommentaar op “Oë”

  1. boendoe Says:

    Ja, moeilike vraag. Ek dink dit het te doen met jou gesigsuitdrukking, asook jou liggaamshouding. Ek meen, soms lag mense, maar jy sien nie eens die kraaispoortjies om hul oe nie. Baie fake.
    Weet mens nie outomaties wanneer jy gemaklik is in iemand se teenwoordigheid nie? En hoekom? Oogkontak, liggaamshouding, gesigsuitdrukking.
    Maar ek is ook amper blond. (van grysheid.)

  2. Zee Says:

    Ek dink ook dis alles in die “body language”. As ek net terug dink het ek al ‘n hele paar keer ook die “fake” smile gegee en ek dink ‘n mens kan sien dat dit nie eers jou oë bereik nie. My pennies worth!

  3. Dellie Says:

    Ek kyk almal in die oë wanneer ek met hulle praat. Mens leer hulle gou ken so. Maar ek sal nie vir jou kan verduidelik wat mens in hulle oë “sien” nie, dis vir my iets wat half outomaties gebeur. Ek kom baie gou agter as iemand se mond en oë nie dieselfde storie vertel nie. Maar ek weet wragtig ook nie hoe versluier mens jou oë nie!😆

  4. Roer Says:

    Ek glo vas jou siel skyn deur jou oE. Kyk bietjie. Sielsongelukkige mense se oE is baie ‘dood’ sal ek maar sE. Ek weet nie…dis maar net hoe ek dit beleef het oor die jare.

  5. BB Says:

    ‘Hulle’ sê myne spreek boekdele – ek het al in die spieël gekyk, maar ek sien niks…
    maar ja, as ek so na ander mense om my kyk en oplet in die klas, kan ek nogal die emosie lees. As ek probeer versluier lyk dit of ek flirt – so, aangesien ek minder lus het vir ‘n gluur of at best ‘n warme klap versluier ek nie meer nie!!😉

  6. Eben Says:

    ‘n Mens se oe is die spieel van jou binneste siel ….. dit weerspieel jou alles as mens na buite.

    Dellie en Roer som dit die beste op. As ek iemand groet en die persoon kyk rond, so al of hy wil hout soek, dan weet ek, ek kan hom nie vertrou!! Ek kyk hom/haar altyd in die oe!! Baie keer vra mense/kollegas my om asb my brille af te haal, want ek laat hulle eers ongemaklik voel, deur stip na hulle te kyk. Dis maar hoe jy groot gemaak is … in die ogies kyk!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: