Hiers ek nogsteeds……….

Ja, dit is ‘n heerlike Saterdag en ek sit by die werk!!!!!!!!!!!!

Nou-nou moet ek vinnig worsbroodjies en wors gaan koop en dan gaan ons so bietjie werk by die Weermag Depot.  Hulle het ‘n Sport dag en manlief is mos Voorsitter van die Klub, so hy doen die kroeg en dan so op die sideline verkoop ons die broodjies.

Gelukkig lyk dit darem nie te warm vandag nie, maar heeldag in die son kan mens nogal vang.

My ou dogtertjie het gisteraand vir die eerste keer by maatjies oorgeslaap.  Sy het net gister eers daar gaan speel en toe pa haar wou gaan haal, wou sy niks weet en die tannie stel toe voor dat sy maar moet slaap.  Natuurlik is sy toe in die sewende hemel, ma aan die anderkant is baie bekommerd.  Ja ek weet ek is nou seker paranois, maar ek lees teveel van die ‘pa se vriend’ omies het dit en dat gedoen………………..

Op die oomblik is die arbeiders besig om net 20 ton te moet aflaai en dan wag ek vir ‘n boer van Ellisras om net 8 ton te kom laai, maar dit is nou die baas se vriend.  Hy het sommer die baas reguit gebel om te hoor of ons oop is vandag, en liewe baas sê toe sommer ja tot 12:30.  Gewoonlik as ek so 11:00 klaar is op ‘n Saterdag loop ek, nou het ek nog boonop veeleisende kuiermense by die huis, manlief by die werk en ek wat nog 101 draaie moet ry en nou moet ek wag vir die apie.

Ek wil ook eendag ‘n baas wees en ander mense so rond shunt en f@kkol voel vir hul gevoelens en gesinne en privaat tyd!  Maar helaas ek sal die mense teveel jammer kry en prpbeer help, so ek sal NOOIT ‘n baas kan wees nie.

Hoop jy geniet jou naweek!!!!!!!1

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Hiers ek nogsteeds……….”

  1. Dellie Says:

    Eish, maar jy is skaars deesdae!

    Ja, daai eerste uitslaap… ons mammas is gewoonlik baie banger daarvoor as die kinders. Ek stem mens moet deesdae maar versigtig wees, maar ek dink jy moet net sekermaak jy ken die ouers redelik goed. En jy kan ook nie jou kind in watte toedraai nie, né.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: