Stormers vs Blou Bulle

Nou-ja die dag het ook weer aangebreek, al is dit nog net die begin van die Super 14.

Kyk, ek en manlief is Stormers, ja hy is ‘n gebore Capie en ekke is ‘n Valie, maar vandat ek kan onthou skree ek vir die WP en dan nou die Stormers.

Ai, hulle is nou nie aldag so goed nie, maar ek hou maar aan om hulle te ondersteun.  Ek sal eerder vir die Crusaders, of Reds of selfs Bafana Bafana skree voor ek daaraan sal dink om vir die Blou Bulle te skree en ja dit is alles onse Naas Botha se skuld.  Ek hou NIKS van hom nie.  As hy dalk vir ‘n ander span gespeel het, sou ek hulle dalk so gehaat het.

O-ja en my liewe 5 jarige dogtertjie is ‘n Blou Bul.  Al vandat sy kan verstaan van spanne en sy moet vir iemand skree, is sy ‘n Blou Bul.  Dit is net eenvoudig Steve Hofmeyr se skuld.  Sy is mal oor hom en natuurlik die Blou Bul lied.  Ek vertel altyd vir haar vir watter span sy moet skree en dan is die ander span die skelms wat die bal steel.  Maar o wee as ek die Blou Bulle die skelms noem is daar moeilikheid en ek moet nie bly wees as hulle verloor nie, want dan is sy BAIE vies vir my en sommer in trane.

Sy het hoeka laasjaar gevra vir ‘n peink hemp met die Blou Bul blommetjie op.  Gelukkig pas dit net NOOIT mamma se sak nie.

Vanoggend sê ek vir manlief dat ons nou maar gerus vir ons Stormers hemde kan kry.  Sy kommentaar:  Ons wag maar eers en kyk hoe speel hulle hierdie jaar.  Ek noem toe dat ons vir meisiekind dan ‘n Blou Bul ene moet kry en daar en dan is dit sommer NEE, Stormers hemde vir almal of niks.

Dogtertjie word wakker en ek vertel vir haar pappa gaan vir ons almal Stormer hemde koop – ai ek wens jy kon daai gesig sien, opgefrommel en sommer dadelik vies.  Haar kommentaar:  Neeeeeeee, ek soek ‘n Blou Bul hemp!!!!!!!!

Ja, ek is al gevra waar het ek gefaal met my kind se opvoeding dat sy nou ‘n Blou Bul is?  Hopelik raak sy verlief op iemand wat erg Stormer is en laat die liefde haar tot BETER insigte.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Stormers vs Blou Bulle”

  1. Roer Says:

    What a game! Jammer oor Habana se besering.

  2. boendoe Says:

    Ek moet bieg: ek het nog glad nie na ENIGE Super 14 wedstryd gekyk hierdie jaar nie! Maar ek is met jou oor die Blou Bulle – ek kan hulle net nie uitstaan nie. Grootbekke en grootgatte! Ek skreeu maar vir my ou spannetjie, die Cheetahs!

  3. SJ Says:

    Naas speel al lankal nie meer nie. Julle almal kla soos n’ klomp ou vrouens met nat broeke. Skrik wakker!!!!!!!!!!

  4. Skoor Says:

    Hey, jy moet daai kind van jou reghelp.

    Druk toe jou ore teen alle negatiewe kommentaar. Van ek verstand gekry het, was ek WP, en draai nie my mantel nie, al speel ons hoe swak. Onthou net wie hou die rekord vir die meeste agtereenvolgende Currie Cup oorwinnings.

    Jy weet mos, as die Bulle verloor, pleeg daar ‘n hele paar Vaalies selfmoord. Hopelik verloor hulle soveel hierdie jaar, hulle arrogante ondersteuners raak ‘n bedreigde spesie.

    Wonder hoekom die hele res van die land nie ooghare het vir die span en sy ondersteuners nie?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: