Bedanking

Hoe skryf ek ‘n ‘mooi’ bedankingsbrief.  Bedoelende ek wil nie ‘bridges burn’ nie, maar ek wil hulle eintlik net mooi in hulle moer stuur!!!!!

Wag laat ek voor begin.  Ek werk by Maatskappy A en het laasjaar bedank oor ek nie meer krag gehad het vir die afdelingshoof nie.  Die Bestuurder maak my toe ‘n teen aanbod wat ek aanvaar, want dit het sooooooo wonderlik gelyk en geklink, net 2 Saterdae ‘n maand, nie oortyd nie, as ek probleme het sal hy help, ens, ens, ens.

Nou ja van die AF Saterdae is daar nie sprake nie, die Bestuurder reël sommer vir trokke ELKE Saterdag en dan is hy nou kwansuis nie beskikbaar om te kan instaan nie, so ek moet werk.  Oorspronklik sou ons nie oortyd betaal word nie, maar kan die tyd afvat.  Nou as die liewe boere en agente net vroegtydig vir my kan laat weet hoe laat ‘n trok hier is, dan kan ek my dag so beplan, maar die dag wat ek nou beplan om my oortyd te vat, dan kry ek nie eers middagete nie en werk tot na 18:00.  Nou moet ek noem, ek werk vrou alleen saam met swartes wat die trokke op- en aflaai – so ek is maar skrikkerig.

My eks-baas (was oorspronklik in beheer van die kunsmis wat ek nou moet doen) is nou klaar besig om hom weer hier in te wurm.  Hy wil nou vir my kom wys hoe ek die kunsmis moet pak en watter produkte waar moet kom, ens.  Ek wonder hoekom het hy dit dan nie die 1ste keer ‘reg’ gedoen nie, dan sou hy nog in beheer gewees het.  Verder moet ek nou elke dag vir hom briewe en e-mails tik, want die nuwe dame kom nie by alles uit nie.

Maar in elk geval, ek het ander werk gekry.  Ek het so week terug my CV ingegee, was Maandag oggend vir die onderhoud wat maar net so 15 minute was, so ek het nie baie hoop gehad nie en gister middag het sy my gebel en die werk aangebied.

Nou ek was baie bang dat ek dit dalk nie gaan kry nie oor my salaris.  Op die oomblik kry ek nogal ‘n goeie salaris vir onse dorpie en ek het werklik gedink ek sal moet val.  Ek het reeds my budget begin aanpas.  Gelukkig onnodig, want hulle hou my salaris net so en na 3 maande word dit hersien.  So eintlik kry ek ‘n verhoging want ek WERK NIE SATERDAE NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Die Bestuurder is nou in Durban op die oomblik en nou kan ek hom eers Vrydag die GOEIE nuus meedeel.  Ek was sommer gister lus en bel hom en gee sommer so kennis, maar nou ja, ek sal maar wag.  Ek moet 4 weke kennis werk, so hoe gouer ek kan begin met die kennis tydperk hoe beter.  Ek het nou so 16 dae verlof en hoop eintlik dat die baas sê ek kan maar met verlof gaan in my kennis tyd, net sodat ek vinniger hier kan wegkom.  Andersins begin ek eers die 1 April 2008.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

One Comment op “Bedanking”

  1. boendoe Says:

    Sjoe! Dit was vinnig! Ek onthou nog hoe jy laasjaar gewroeg het oor die nuwe werk. Lyk my dit raak elke keer makliker! Maar ek is bly jy kry ‘n beter joppie. Saterdae af is ‘n bargain!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: