Wat is volgens jou………

sexual harassment??

Is dit net as die ou iets seksueels aan jou doen?

of

Is dit as die ou binne jou persoonlike ruimte kom en aan jou vat en jy nie daarvan hou nie?

Nou-ja, hier het ons nou so gevalletjie by die werk:  Die een Direkteur wil sommer altyd drukkies gee en ‘kom sit bietjie op my skoot’ opmerkings maak en vat jou sommer enige tyd so om die lyf – alles natuurlik met getuies by en met ‘n moerse gelag daarmee saam.  Kan jy in so geval voel dit is ‘sexual harassment’?

In elk geval, ek het toe Vrydag bedank en die bestuurder weet dit toe.  Ek het myself verniet in ‘n maagseer bekommer oor hoe hy gaan vloek en skree.  Ek wil sommer my verlof vat, dan hoef ek net tot nou Woensdag te werk en kan heerlik gaan rus, maar NEE, dit is nou skielik nie maatskappy beleid nie en niemand kan nou kwansuis vir my instaan nie.  So op die oomblik lyk dit nog of my laaste dag 27 Maart 2008 gaan wees.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Wat is volgens jou………”

  1. Zee Says:

    As iemand jou persoonlike ruimte binnedring en jy hom daarvan bewus maak en hy hou aan… ek dink dit is sexual harassment!
    Sterkte tot die einde van die maand toe, klink vir my jy gaan dit nodig kry.

  2. Dellie Says:

    Ek stem saam met Zee. Sommige mans is net eenvoudig orig.

    Ai, ek onthou hoe opgewonde jy was toe jy die joppie begin het… maar ek dink jou nuwe werk klink spanne beter!

    Hou jou kop hoog, die slapies sal vinnig verby gaan.

    BTW, wat gaan jy doen met jou eerste “af” Saterdag?😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: