Nog net 21 slapies

Ja, ek tel nou al die slapies tot en met ek weg is van hierdie gruwelike toneel.  EK KAN NIE WAG NIE!!!

Maar glo my, die senuwees pla alklaar oor die nuwe werk.  Hier weet ek ten minste wat om te doen en wat verwag word.  Die nuwe werk is ‘n hele nuwe uitdaging.  Die Personeel tannie het ‘eintlik ander planne’ met my, maar vereers gaan ek die Lone doen.  Daar is blykbaar so 220 mense wie se lone gedoen moet word.  Die vroutjie wat tans die lone doen, moet vir mediese toetse gaan, want haar gesondheid is nie goed nie.

Ek kry nou die dag vir Suzelle by die kleuterskool (my dogtertjie se kerel se mamma wat ook by my nuwe werk is).  Sy vertel so ewe my kantoor is al klaar en wag net dat ek moet intrek.  Nou is ek EERS opgewonde en kan nie wag nie.  Ek hoop net ek kan aan al die vereistes voldoen. 

Ek vind toe uit dat die GROOTBAAS van die besigheid, wat eintlik afgetree het, van die Kaap hier was en sommer self die verwysings gedoen het en my sommer so bietjie bespreek het.  So nou is ek eers nuuskierig om te weet watse planne het hulle nou eintlik met my.

Eers  moet ek die naweek wat voorlê oorleef.  Dit is die jaarlikse DAMES JAG.  Maar lees dit eerder as RONDLE EN DRINK.  Want sien die dames gaan nie jag nie, die manne doen dit gewoonlik op hul jagnaweke.  Die dames gaan maar net op Game drives en verder drink ons en kuier en die base (mans) kom maak net die kos en sorg dat die glase volbly.

Ek is nie baie lus om te gaan nie, maar beskou dit nou maar as my afskeidspaartie.  Gelukkig kan ons gades die Sondag by ons aansluit, so pappa en dogtertjie is baie opgewonde.  Ons was darem al baie op die plaas, want ons en die bestuurder is vriende.

Nou-ja, geniet die naweek.

O-ja, my eerste AF Saterdag, wil ek net rustig wees, dalk bietjie borduur, laat slaap, seker so bondeltjie wasgoed was en dalk bietjie vir pappa in die tuin help soos in die ou dae………

Explore posts in the same categories: Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: