Orgaan skenking

Die naweek by die jagplaas was heel aanvaarbaar totdat die Bestuurder, weereens lekker gesuie, uitblaker dat ek mos nou bedank het.  Almal wil toe nou weet hoekom ens.  Ag ek het maar sulke flou verskonings gegee. 

Hoe kan iemand se persoonlikheid so verander?  As ons sosiaal verkeer is hierdie Bestuurder ‘n baie nice ou, maar wag net tot in die kantoor, dan smile hy omtrent nooit en vloek en skree hy omtrent heeltyd.  Ek kan party dae nie glo dit is dieselfde man nie.

Gelukkig nog net 15 slapies!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!  Maar ek wil eintlik vertel van orgaan skenking.  Die een dame se man is so 2 en halwe jaar terug oorlede in ‘n motorfiets ongeluk.  Hulle het vooraf besluit om hul organe te skenk.  Ja die gewone, hart, longe, niere en lewer. Sy was in London toe sy die nuus hoor en moes inderhaas huistoe.  By haar aankoms het die dokters al voorspel dat hy eintlik reeds breindood is.  Sy het bygestaan toe hulle die toets doen en dit is nogal interessant, maar ek dink dit is verskriklik om al hierdie goed te sien.  Gelukkig het sy daardeur berusting gekry dat hulle maar die masjiene kon afskakel. Nou-ja, toe moet sy die vormpie teken en sê watter organe hulle maar kan ‘harvest’.  Dit opsigself is vir my ‘n verskriklike word om te gebruik, maar dit is wat hulle dit noem. Ongelukkig was sy longe beskadig en kon hulle net die niere, hart en lewer skenk.  Sy vertel dat sy na die tyd baie nou betrokke geraak het met orgaan skenking en dat sy deesdae praatjies daaroor doen.  Jy kan tot bene skenk.  Sy wou nie haar man se oë skenk nie, hy het blykbaar mooi oë gehad, maar hulle het toe later verduidelik dat mens net die lens gebruik. Wanneer hulle ook klaar ge’harvest’ het, werk hulle alles weer mooi toe, sit selfs prostese in waar hulle bene uitgehaal het.  So jy lyk nie aangelap nie, maar asof jy in ‘n operasie was.  Daar staan blykbaar chirurge by met hierdie operasies. Ek het altyd gesê dat ek nie veras wil word, of organe wil skenk nie, want as die Wederkoms daar is, dan is ek nie ‘heel’ nie.  Ek weet dit is nou stupid, maar my naiewe denke. Nou begin ek ook al meer dink aan orgaan skenking.  Vat sommer alles wat gebruik kan word.  En ja veras my maar, netnou kry die sataniste my of iets…. Ek moet dit nog met my man bespreek en seker so in my testament sit, of hoe?  Ek dink net dit is erg vir die persoon wat agter bly om te dink hulle gaan jou nou oopsny en ‘harvest’. Gelukkig het hierdie dame ook berusting gekry in die mense wie die organe gekry het.  Hulle kan nou weer ‘n vol lewe lei nadat hulle vir lank gely het.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Orgaan skenking”

  1. Eben Says:

    Net jammer jy plaas nie bietjie foto dat ons kan sien wat is wat op die jagplaas. Dis ook my doodsteek as mense is soos jou Bestuurder. Ek kan amper nie glo mens kry sulke verkrampte mense.

    Orgaanskenker … wel ek is een. Hulle kan alles vat en my ver-as dis my wens. Goeie idee om bietjie daaroor ook te skrywe!! Mmmmmm watch my volgende posting.

  2. Zee Says:

    Jy het my nou laat onthou oor iets wat ek lankal moes doen. Ek sal ook graag wil hê my organe moet geskenk word aan iemand wat dit nodig het.

  3. Roer Says:

    Ek het nie pyn daarmee nie, maar ook net met seker organe. Sal ook nie graag my oe laat skenk nie. Plus ek moet dit ook nog in my testament laat sit. Dis erg, maar ek glo die Here het dokters geseen met ‘n gawe en as ek kan help op so ‘n klein manier deur iemand se lewe te red of wat ookal, wonderlik. Dis regtig ‘n grim onderwerp, maar tog so belangrik. Vir my inelkgeval.


  4. Hulle neem nie die hele oog nie, net die lens. Wat wonderlik daarvan is wanneer jy ‘n lens skenk, is dat jy TWEE mense wat hulle sig verloor het, weer sal kan laat sien. Want hulle gee vir twee mense elkeen een lens. Wat ‘n geskenk is dit nie!

    Ek voel so: Indie jy dood is, is jy dood. Omtrent dadelik nadat jy sterf het, begin die liggaam self met die proses van ontbinding. Binne ‘n paar uur tree rigor mortis in en dit verdwyn weer. Mens ontbind baie vinnig, net die bene en tande neem lank om tot stof te gaan.

    Indien jy gesond is, hoekom nie vir soveel mense lewe gee nie. Selfs die lewer, kan tot in drie verdeel word, aangesien ‘n stukkie van die lewer weer kan groei tot ‘n volle orgaan.

    Die hart en longe plant hulle baie keer saam oor. En twee mense kan elk ‘n nier kry.

    En wat as ek ‘n orgaan of lens wil hê? Dan sal ek wil he iemand het die besluit gemaak om hul organe te laat oes.

  5. boendoe Says:

    Ek dink orgaanskenking is wonderlik. Jy kan, na jou dood, nog ‘n verskil in een of twee mense se lewens maak. Dit breek my hart as ek lees van kinders wat wag vir ‘n orgaan. Of ‘n ma met klein kindertjies. Nee, ek sal nie omgee as hulle alles vat wat hulle kan nie.
    Ek dink net jy moet ‘n orgaanskenkerkaartjie te alle tye by jou he, en jou man/vrou moet weet wat jou wense is. Teen die tyd dat mense jou testament lees, is dit te laat. Organe moet so gou moontlik ‘geharvest’ word.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: