Paasfees

Watter speletjies het jy as kind gespeel rondom die Paashaas? Ek het net altyd van die Christelike kant geweet en dit nagekom op Paasnaweek.  Dit is gewoonlik in die vakansie, so ons is kerk toe en my ouers het nagmaal gebruik.  So die hele Kruisiging en Opstanding is aan my welbekend Indien ons by my Pretoria Ouma en Oupa gekuier het, het ons gewoonlik sjokolade paashasies gekry en dit was dit. My probleem nou is met my dogtertjie.  Sy begin nou al hierdie dinge verstaan.  By die skool gaan hulle paaseiers versier en sy wil nou weet watter dag kom die Paashaas.  Ek weet nie??  Wie kan help??? 

Kyk sy verstaan ook die Geestilike sy en sy weet van Jesus se kruisiging wat Vrydag is en ons gaan kerk toe en die afgelope Sondag by Kinderkerk het hulle geleer van die Opstanding en sommer so in die kleine hul eie Nagmaal gehou.  By die skool doen hulle ook gewoonlik hierdie tyd die hele Paasfees in hul Godsdiens tyd.

Sy wou gister weet of ons weer vir Jesus gaan sien komende Sondag?  Sy is natuurlik mal oor die marsmallow paaseiers en ma moet GENOEG vir die jaar koop en sy kan weer nie wag wanneer dit beskikbaar is nie? Ek persoonlik dink die hele Paashaas idée is soos Kersfees – GELDMAAK!   Maar kan iemand dalk die Paashaas storie met my deel?  Waar pas hy in??

Explore posts in the same categories: Uncategorized

7 Kommentaar op “Paasfees”

  1. gertgariep Says:

    Hier is ‘n stuk by Wikipedia wat dalk sal help:

    http://en.wikipedia.org/wiki/Easter_Bunny

  2. Zee Says:

    Al wat ek weet is dat die paashaas baie lekker tjoklits bring…. ek dooi oor die paaseiers en kan sommer n boks in 2 dae opeet. Maar hierdie jaar was ek eintlik baie soet, nog nie 1 boks gekoop nie, hoop maar ek hou uit!
    Gaan nou maar gou gert se link lees en dalk word ons wyser oor waar die paashaas dan nou eintlik vandaan kom.

  3. boendoe Says:

    Ek het maar soos jy grootgeword. Niks geweet van die Paashaas tot ek my eie kinders gehad het nie! Ek het nie juis ‘n sterk standpunt vir of teen die haas nie, maar ek het nie eintlik ‘n saak met hom nie! My kinders het tjoklit-eiers gekry vir die lekkerte, maar ek het hul nooit vertel van die Paashaas nie. Soos jy se, geldmaak-foefie.

  4. Dellie Says:

    Weet jy, dieselfde hierdie kant. Ek het g’n idee waar die Paashaas vandaan kom nie! Ons koop ook maar net tjokkies omdat dit lekker is. Gaan ook gou loer by daai link wat Gert gegee het.

  5. krista Says:

    Sover ek dit weet, word die paaseier-jag Maandag gehou . . . ekke moet nou gaan opstock, my voorraad is bietjie min . . .😉

  6. BB Says:

    Jy al ooit vir die kinders 2 konyne by ‘n petshop gekoop en toe jy jou oë uitvee was hulle 28???😉
    Die paashaas kom tradisioneel by ons duitsers op Paas Sondag – mens kan hom nie sien nie – hy hop net so vinnig verby en versteek sjokolade en choc-eiers en choc-hasies en -hoendertjies so in die verbydraf. Sovêr my kennis strek het nog net mammas die voorreg gehad om hom te sien – want hulle kan binne oomblikke na die son opgekom het, ‘n kind wakkermaak en sê: “ek sweer ek het nounet ‘n hasie op die grasperk gesien met ‘n mandjie op sy rug!? – gaan kyk gou!!” Jip, en wonder bo wonder, het hy sovêr as wat hy gehop het in beddings en potplante eiers en lekkerbye laat val. Ek verwar nooit my kinders se feë- en verbeeldingsvlugte met die ware Jesus-reddingsverhaal nie – Paasfees is reeds eeue voor Christus se dood gevier as herdenking van die Jode se eksodus uit Egipte en die uiteindelike bevryding uit slawerny – dus hulle aankoms in die land van ‘melk en heuning’ – of dan hulle nuwe lewe. En die paashaas gedeelte kom daaruit dat dit vrugbaarheid simboliseer (die ‘ou’ tradisionele fees – netsoos ‘n eier wat nuwe lewe verteenwoordig (wat ook meer simbolies vir Christene is) – aldus die paashaas met sy mandjie vol eiers. Op ‘n manier vier ons dus ‘n joodse tradisionele fees saam met Paasfees. In engels (ook in duits) is daar twee woorde wat die verskillende vieringe omskryf (1) Easter (Ostern) – die Christenfees en (2) Passover (Passah-fest) – In Afrikaans verwys ons oor die algemeen net na ‘paasfees’ en kry mens nie duidelikheid daardeur nie.
    (Somehow wil die begin van lente (in die noordelike halfrond) ook agter in my kop ‘n klok laat lui – weereens viering van vrugbaarheidsfeeste ens…) en alles het in dieselfde kalendertydperk afgespeel – en deur die eeue heen het die feeste maar so begin deel vorm van mekaar. Solank ons Goeie Vrydag en die Opstanding met die nodige respek en ontsag en dank vier – mag ons maar die kinders (en onsself) met paaseiers en choc-hasies bederf – wat weereens (vir my altans) altyd die simbool van onbaatsugtige en onverdiende guns van een groot en awesome God is!


  7. Deur net die Bybel vir haar te lees is die beste ding ooit, netso “ongesuurd” en laat die res van die werk aan die Heilige Gees oor…. geniet ha sy ‘n geskenk van God.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: