Laaste inskrywing

Hierdie sal my laaste inskrywing wees vanaf hierdie rekenaar.  DANKIE TOG!!!!!!!! More, Donderdag is my laaste daggie hier, Vrydag en Maandag kan ek bietjie laat slaap en Dinsdag is die begin van die NUWE werk.  So op 1 April.  Ek is nogal benoud dit is dalk ‘n April fools joke, maar dan moet ons maar sien kom klaar. Die nuwe dametjie het gister begin en ek moet haar nou oplei.  Dit is die vatterige Direkteur se dogter, so ons sal maar sien hoe gaan dit.  Sy gaan definitief baie meer reg kry as ek want pappie is mos ‘n baas, en die gesinnetjie glo en vertel wyd en syd hoeka dat die besigheid eintlik haar pa sinne is.  Sien haar Oom het dit donkie jare terug begin en verkoop toe hy skei, nou is dit glo van hulle ‘gesteel’. Ek hoor ook allerhande goed, van hoe pappa die skool ‘gekoop’ het om haar te kon deur kry ens.  Maar gelukkig is dit nie my bekommernis nie. Hoe werk mens die volgende uit?  Jy het 32 ton kunsmis ontvang, hoeveel 50kg sakke is dit?  Ek moet haar DIT leer!!!!!!! Sy gaan glo ook net elke 2de Saterdag werk, dit was oorspronklik die ooreenkoms met my ook, maar dit het net nooit realiseer nie.  Pappa sal seker maar vir haar instaan vir die ander naweke. Wel, nog net 1 slapie en ek is weg! Sal so gou moontlik laat weet hoe dit gaan, en sal nog probeer om by almal in te loer.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Laaste inskrywing”

  1. Eben Says:

    Sterkte met jou nuwe werk, asook die uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Ek glo en hoop dat jy een moevies groot sukses sal maak daarvan.

    Ons sien uit na jou ‘eerste en nuwe’ inskrywing van jou nuwe rekenaar(werk) af.

  2. Dellie Says:

    En toe? Hoe was die eerste dag?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: