Nuwe werk

Ja, ek weet ek het bietjie lank gevat voordat ek weer ietsie skryf, maar dit is iets wat ek eers effens moes verwerk.

Ja, die nuwe werk het met ‘n bang begin.  Doen die hele maatskappy se payroll – heeltemal NUWE werk vir my, maar sover lyk alles heel lekker en interessant.

Die eerste maand se salarisse is verby en nou moet ek net balanseer en dan begin ons weer.

Die mense is ook heel aangenaam.  Ek ken net 1 vroutjie wat saam met my man gewerk het, maar ek en sy het ‘n effense geskiedenis, so ons praat nie met mekaar nie.  Gelukkig het die meeste mense hier ‘n probleem met haar, so sy pla gelukkig nie.

Nou-ja, die onlekker ding hier:  Op Vrydag 18 April is ons almal ingeroep na die MD toe en hy vertel toe dat ons nou op korrttyd gesit word.  Ja so in kort, daar is nie baie bestellings nie, die fabrieksmense verloor sommer 10,5 ure per week en die admin so 4 ure per week. 

Ek is hierheen met dieselfde salaris as by my vorige werk en sou na 3 maande ‘n aanpassing kry.  So my eerste maand se salaris is minder as wat ek gewoonlik verdien het. Nou wonder ek of ek nog na 3 maande hier gaan wees en of hulle nie dalk vir my gaan sê dat ek nie meer werk het nie.

Ja, ek weet daar is ‘n doel met alles, so ons sal maar aangaan en kyk waarheen dit ons lei.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Nuwe werk”


  1. Dood en lewe lê in die mag van die tong. Kies lewe.

  2. boendoe Says:

    Dis terrible! Jy het so pas daar begin en nou dit! Mens wonder of hulle nie vroeer geweet het van hul situasie nie. Hoekom het hulle jou aangestel? Sterkte, jong, dis erg.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: