Nuwe werk EISH!!!!!!!!

Ai, ek wil ook asb nou settle en net my werk probeer geniet, want ongelukkig het ek ‘n tjekkie aan die einde van die maand nodig.  Maar moet dit nou so complicated raak???????????????? EISH!!!!!!!!!!!

Ja, so ons is nou op korttyd, tot ………vandag! MAAR ook net sommiges van ons, so jy WEET NIKS HIERVAN NIE!

Intussen, het ek een aand so 20:30 ‘n oproep gekry van iemand wat wil weet of ek nog in die mark is, want hy vermoed dit gaan nie so goed by die huidige plek nie.  So ek vertel toe wat aangaan, die korttyd ens. en ja daar is moontlik vir my ‘n pos.

Ek gaan sien hom toe die volgende dag net so vinnig.  Daar is eintlik 2 poste beskikbaar.  Die een is Ontvangs en ek dink ek is nou al keelvol vir dit, maar werk is werk en die maatskappy is GROOOOOOOOT, so daar sal nie snaakse dinge wees nie.  Die ander is ‘n pos wat hy wil skep om die huidige Boekhouer eventually te kan vervang, maar vir eers net ekstra hulp te kan wees.

Ek stel definitief eerder in pos 2 belang, alhoewel ek nie voldoende ondervinding het nie, maar hy is bereid om my ‘groot te maak na sy hand’.  Hy moet dit net eers met die eienaars bespreek, en hoor wat hul planne is, en dan terugkom na my.

Gistermiddag kry ek toe die oproep.  Hulle wil my sien, so 17:30 en sommer my man ook.  Ag en hier complicated die liewe lewe nou weer alles, want ek gee so paar aande na werk rekenaar klasse vir ‘n ekstra en dit is toe nou gisteraand een van daai aande tot 18:30 en my man is in die SANW en die liewe SARS Customs afdeling het nou hul eerste groep se Parade gister en manlief moet help en opruim na die tyd.  Ek verduidelik toe nou mooi en dit word aanvaar, so hulle sal ons dalk die naweek kontak.  Later gistermiddag kry ek weer ‘n oproep:  Nee, los maar die aand, ons sal oor die naweek kontak maak vir ‘n afspraak.

Nou gaan ek my naweek in met: 

 WAT GAAN GEBEUR?  STEL HULLE GENOEG BELANG?  BEDANK EK DALK MAANDAG HIERDIE KANT?  WAT GAAN DIE MENSE HIER DAN VAN MY DINK?  VIR WATTER POS?  EK WIL NIE WEER ONTVANGS DOEN NIE!  IS DIT DALK DIE KANS WAARVOOR EK SO LANK WAG?  IS EK REG VIR DIT?

GAAN HULLE OOIT WEER KONTAK MAAK???????????????????????

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Nuwe werk EISH!!!!!!!!”

  1. oopkop Says:

    Wat het toe gebeur?


  2. Nuwe werk is maar altyd ‘n uitdaging omdat ons as mens skop teen verandering, maar somtyds het ons verandering nodig. Baie sterkte en ek hoop jy kry dit wat jy graag wil hê


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: