Die ander nuwe werk
Net so vinnig. Ek was Saterdag middag 13:00 vir ‘n onderhoud met manlief en dogtertjie saam. Hulle wou almal ontmoet.
Ek het gedink dit het goed gegaan, hulle moes net nog oor die salaris besluit. Die onderhoud was so amper ‘n uur en ek het verstaan ek het die werk. Wat sou die sin vir jou beteken?: “Ons sal Maandag vir jou ‘n brief laat kry sodat jy darem iets het om daar los te maak en te weet jy is hierdie kant vas.
Dinsdag bel ek om te hoor wat aangaan: Die een is in Bothaville vir vergaderings en die ander een is in opleiding vir die week. Hulle het nog nie weer bymekaar uitgekom nie en sal my laat weet, ek moet asb net beitjie aanhang.
So nou wag ek…………..
Advertisements
Mei 14, 2008 at 12:52 nm
Ekke hou als vas wat vasgehou kan word…… ((hugs))
Mei 15, 2008 at 4:51 vm
Ek hou al my duime vas …. onthou dis Boere saamtrek in Bothaville!!
Ek glo jy sal dit maak!!
Kontak my asb per e-pos eben.pretorius@letaba.com
Mei 15, 2008 at 2:13 nm
Sterkte
Mei 15, 2008 at 3:01 nm
Sterkte
Mei 16, 2008 at 10:27 vm
Weet jy al iets? Sterkte hoor! En geniet die naweek.