Wag

Ek dink ek wag partykeer my lewe om.

Jy wag vir iets om te gebeur of om iewers heen te gaan en intussen kan jy nie werklik iets doen nie, want die tyd is eintlik te min, of soms is ek net nie lus om iets te doen nie!!!!

Soos laas Saterdag het ek gewag vir die onderhoud, opgestaan, aangetrek, dogtertjie by maatjies gaan haal en gewag tot dit tyd is.

Hierdie hele week wag ek vir ‘n antwoord, ja ek werk en eet en slaap en doen dinge, maar ek doen nie die rêrige dinge wat ek vir my toekoms wil beplan nie, soos my annuteite meer te maak nie, want nie hier of daar gaan ek pensioen voordeel kry nie, want ek wag om te hoor.

As ons partykeer by mense kuier, dan is die geselskap bietjie stram en dan wag ek net om te eet en te kan ry – sooooooo vermorsing van tyd

Ek wil:  My borduurlappie klaarmaak (so amper ‘n jaar besig), my trui klaar brei (2 jaar besig), my dogtertjie se kombers klaarmaak (amper 3 jaar besig), my ‘runner’ vir die eetkamer tafel klaarmaak (kan nie eers onthou wanneer ek begin het nie), my dogtertjie se album op datum kry (jaar terug laas daaraan gewerk, net tot op 1 en sy word al 6), ‘n nuwe handleiding maak vir ‘n kursus in Julie, nuwe resepte uitprobeer, koekies bak saam met my dogtertjie (haar uitdrukker staan al van Desember op die kas), wil begin met ‘n piekniek kombers wat ek wil laslap (al die lappies is klaar gesny, moet begin vaswerk), en, en, en.

(Het ek ‘n probleem om nie een ding eers klaar te maak voor ek die ander een begin nie???)

Hierdie week het ek werklik nie baie werk gehad nie en het probeer om almal so bietjie te help want almal is VREESLIK besig, verder wag ek vir die naweek, weet nog nie wat ek wil doen nie.

Op die oomblik wag ek vir 16:30 om huistoe te kan gaan, maar eers wag ek nou vir my Hamburger wat ek by die kerk bestel het as deel van hul basaar.

Explore posts in the same categories: Uncategorized

2 Kommentaar op “Wag”

  1. Eben Says:

    Die week gaan jou week wees …. ‘n goeie week!!

  2. BB Says:

    LOL!!
    RB, ek het ‘n song hieroor geskryf – wil kom vir jou stuur!! stuur vir my ‘n epos sodat ek kan reply asb?? x


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: