Gaan ek dit maak?????

Kyk ek is vet, maak nie saak hoe ek daarna kyk of dit probeer wegsteek nie, dit is die waarheid.

Ek kry eintlik skaam veral voor my dogtertjie, sy is baie aktief en bedrywig.  Die laaste tyd het ek ook bietjie meer aktief geword, maar ai niks wil gebeur nie.

Laasjaar het dit goedgegaan.  Ek het vanaf Maart tot September 6kg verloor en lekker gevoel, alles het sommer lekker gepas en ek was reg vir Desember.  Nou ja, liewe Desember het ek niks geoefen nie en lekker gevreet en so het 3kg weer opgeklim.  Darem nie teveel nie het ek gedink.  Stadig, baie stadig het die ander 3kg ook opgeklim.  Ek het aan die begin van die jaar so ewe nuwe hemde en broeke gekoop wat maklik sal pas as die orige 3kg af is, en helaas ek het dit nog nooit aangehad nie, hulle lê net en loer in my kas.

So het ek die afgelope 2 weke meer intensief probeer oefenen begin kyk na wat by hierdie mond ingaan, maar die liewe skaal wil NIKS absoluut niks verander nie.  (Ek het al begin wonder of die batterye nie dalk pap is nie).  Manlief het nou besluit dat ek dalk moet probeer squash speel.  Nou hier is die probleem, ek is nie iemand wat hou van hardloop nie.  O, vrek, gaan ek dit maak??!!

Maar nietemin, gister het ek die nodige tekkies en rakket aangeskaf en vanmiddag sal die ereste probeer slag wees.  Verder het ek sommer gewiggies ook gekry vir die sculpting oefeninge, want blykbaar maak meer spiere jou metabolisme vinniger, dit is wat die tannie op die Turbo Scuplt (Turbo Jam) vidoe sê.

So ek sal maar sien of ek die eerste lopie vanaand gaan oorleef.  As julle nie weer van my hoor nie, dankie vir die vriendskap en gee maar rate vir seer spiere…………………….

Explore posts in the same categories: Uncategorized

3 Kommentaar op “Gaan ek dit maak?????”

  1. oopkop Says:

    Sterkte met die oefen. Ek kan nie squash speel nie, my hand-oog-koordinasie is net nie gemaak daarvoor nie.

  2. Roer Says:

    Pop, moenie in die winter probeer dieet nie. Nee, let me rephrase. Moet NOOIT dieet nie. Eet matig en gesond. Saam met ‘n bietjie cardio soos squash of selfs net vinnig stap, perfek! Ek haat dieete. Dis nie gesond nie en jy is meer werd vir jou kindertjie en manlief ‘n bietjie mollig maar gesond as brand maer en siek met ‘n verswakte hart wat jou nie ouetehuis toe sal ‘dra’ nie. Sterkte! Jy kan!

  3. Eben Says:

    Hi … hoevoel daardie spiere?

    Ek stem saam Roer, los die dieete ens ens, jy sal baie vinnig die verskil voel as jy eers aan die gang kom. Onthou, as die spiere seer is, gaan oefen vanaand weer, hoe swaar ookal, maar vat dit kalm aan die begin.

    Sterkte ons hou jou dop😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: