Ek het oor leef, maar…….

Ja, die eerste aandjie se speel was toe nie so erg nie.  Ek kon ten minste die bal raakslaan.

Maandagmiddag begin ek so krapperigheidjie in die keel voel en dink, ag dit is maar weer die jaarlikse sinus.  Na die speel toe brand die bors so bietjie – seker meer onfiks as wat ek toe gedink het.

Dinsdagoggend het ek nog heerlik Turbo Jam gedoen, maar voel so bietjie flou.  Woensdag besluit ek om maar Suster toe te gaan – Weermag kliniek.  En ja, toe, ‘n heerlike keel infeksie en sinus.  Sommer op sterk antibiotika en nog ‘n klomp pille.

Manlief bel toe ook die middag, sy voete is vrek seer, het golf liga gaan speel en voel self so bietjie dronk.  Dogtertjie hoes en neus loop en kla sy voel ook nie lekker nie.  Nou-ja, so toe los ons maar die volgende speel.  Ek en dogtertjie was sommer 19:00 al in die bed en het nie veel langer TV gekyk nie.

Ek het ook nie vanoggend soos gewoonlik geoefen nie en sal maar more ook afvat.  Hopelik is die gesin Maandag weer reg vir die geveg.

Enige iemand vir ‘n seer keel, toe neus, seer neus, seer kop en ‘n klomp gaggas in die neus?

Explore posts in the same categories: Uncategorized

5 Kommentaar op “Ek het oor leef, maar…….”

  1. Zee Says:

    Ai, lyk my die “winter” het ons almal in sy greep. Baie sterkte daardie kant!

  2. Jaco Says:

    Nie vir my nie dankie, ek probeer ophou. Maar jy kan my toe bors en vieslike hoesie kry as jy wil.😉

  3. BB Says:

    Sterkte skat!! x

  4. boendoe Says:

    Trots op jou! Om te gaan oefen, that is! Hopelik voel jy en jou gesinnetjie gou-gou beter.

  5. Bactericide Says:

    Somehow i missed the point. Probably lost in translation🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Bactericide!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: